Tjoklits gee Gerhard hupstoot na roem

E-pos
Print

Dis vyf weke sedert hy laas in sy eie bed geslaap het, vyf weke sedert hy sy wasgoed kon was. Deesdae gaan koop Gerhard Steyn maar nuwe klere in die naaste winkelsentrum. “R20 000 s’n die afgelope maand,” sê die sanger met ’n verdwaasde laggie.

Die sanger van die reuse treffer Baby Tjoklits is deesdae min by die huis. Hy ry maar ’n ekstra paar stewels en ’n sak vol klere saam in die kattebak van sy slap wit Mercedes en slaap in hotelle of gastehuise waar hy kom vir sy optredes.
Daar was ook die afgelope tyd aande op die rusbank in die ateljee waar hy pas sy nuwe album opgeneem het.

“Ek het onlangs drie nagte ná mekaar glad nie geslaap nie,” vertel hy. “Dikwels slaap ek net twee uur per nag.”

Dit moet jy maar weet: Daar’s niks wat ’n man se roetine so omvergooi soos ’n liedjie wat oornag almal se gunsteling word nie. Dis wat Baby Tjoklits in Gerhard se lewe veroorsaak het. Hy het maande laas ’n leë kolletjie in sy dagboek gehad en is reeds vir die res van 2010 vol bespreek.

Almal wil die blonde sanger hoor, almal wil sien hoe hy op die verhoog lostrek met: “Baby, ek like jou nes jy is, my hart klop tjoklits as jy naby is...” En almal sing saam.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 29 April 2010.

Wen
Tien lesers kan Gerhard Steyn se CD Als Begin Eers Nou, wen. SMS GERHARD, jou naam en adres voor 6 Mei om 17:00 na 34922. Elke SMS kos R2.

 



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (40)


  1. Reino van nigel
    2011/01/21 12:44:36 nm
    Hi baby tjoklits ek is mal oor jo songs dit pas by jo jy is great ek hou van al jo songs!gerhard hou so aan.
  2. Alet Beukes
    2010/10/24 08:41:55 nm
    Gerhard Steyn, n pragtige talentvolle man wat sy EIE liedjies skryf en sing. Dankie dat jy Afrikaans se naam hoog hou met jou passie om Suid-Afrikaans te wees en gedig in ons land nog aan die gang te hou! Johan, Carin, Wilma?????? Julle weet verseker nie wie Gerhard Steyn is nie!!!! Wat hy met sy hare doen, of met sy hard verdiende geld koop..... is absoluut niks met ons te doen nie!!! Dit is immers wat daar binne in hom saak maak, en dit hoor n mens deur sy liedjies! En dit is al wat saak maak!!!!
  3. Linda Mostert
    2010/10/24 07:16:33 nm
    Gerhard ek wil net se jy is n stunning mens en jou liedjies is almal great. Ons wat van Afrikaans hou en trots Afrikaans is, is trots op jou. Die hoe bome vang maar gewoonlik die meeste wind. So aan die wat maar lelike aanmerkings maak en snedig is vat dit van wie dit kom. En skud dit af soos wat n mens water van n eend se rug afskud. En doen net dit wat Pappa Vader jou talent mee geseen het en doen dit goed. Gaan grooooot weet jy gaan dit nog ver bring. Blessings!!!
  4. Ron
    2010/07/02 10:09:49 nm
    mal oor die wysie. praat nie eers van die mustangs nie wow
  5. hanna
    2010/06/28 01:55:43 nm
    Jy sing pragtig hou aan wil nog baie van jou sang hoor en gelukkig hoef jy nie na die kritiek te luister nie daar sal altyd mense weet wat beroemdes afkraak. jaloersie is lelik of hoe?
  6. LU2P
    2010/06/14 11:40:15
    Ons het Gerhard Steyn leer ken toe hy nog nerens was nie. Dit wat hy bereik het het hy baie hard voor gewerk en verdien elke oomblik. Gerhard jy rock en moenie jou steur aan al die negatiewe dinge wat die mense van jou se nie hulle ken jou nie en weet nie watse wonderlike mens jy is nie. Ek dink jou nuwe cd is fantasties nr 7 "Silwerster" in my gunsteling en natuurlik "Diamante". Hou so aan want jy gaan dit nog ver bring!!!!
  7. ansie
    2010/06/02 07:47:22 nm
    dis nou n jammerte dat die son nie so helder oor die kan skyn wat jaloers is nie..,.AAN DIE WAT WONDER...GELOOF KAN JOU VERDER VAT AS NET EEN 'SONG'
  8. Lezette
    2010/05/16 06:30:46 nm
    Ek is mal oor Gerhard,maar dink net hy skeep Illala Palm Lodge af.....maar hy moet groot gaan ek verstaan dit heeltmal. Maar mis jou daar....
  9. Bellabimba
    2010/05/05 02:55:44 nm
    Al wat ek kan se is - Mense - as jy nie iets goed kan se nie bly asb stil.

    WAT DIE HART VAN VOL IS LOOP DIE MOND VAN OOR!
  10. TERSIA
    2010/05/03 01:12:07 nm
    AG TOG LOS DIE MAN SE HARE UIT, WAS DIT NIE VIR SY HAARSTYL NIE DAN WAS DIT NIE GERHARD STEYN NIE. JOHAN B JY IS NOU NET JALOERS...............
  11. Ilze Folscher
    2010/05/03 12:49:02
    Geen wonder ons land lyk soos wat dit lyk nie !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Hier is mense met ongelooflike mooi dinge te se - en ander wat nie die son gun vir dit wat oor sy/haar buurman eers skyn nie - wat nog te se van iemand wat iets in die lewe bereik het !! Johan Buys - kan ons asb vir Huisgenoot vra om 'n artiekel oor jou te doen ?? Dis gewoonlik ouens wat se hare jare terug al uitgeval het wat die meeste te se het - en dis ook gewoonlik ouens wat nog net mooi niks in die lewe bereik het nie , wat dit sal waag om so tekere te gaan ,soos 'n jaloerse skool kind van 5 jaar oud, en wat niks vir iemand wat WEL SUKSES AL BEHAAL HET DIT GUN nie !!!!! Ek hoop van harte nie dat jy getroud is nie - indien wel stuur asb jou adres vir my dat ek vir jou vrou 'n innige simpatie bos blomme kan stuur - want om met so iemand getroud te wees soos jy - KAN NIE MAKLIK WEES NIE !!!!

    Gerhard - ek hoop regtig nie jy luister na 'n bles kop 5 jarige seuntjie se jaloesie nie !!! Hou net aan met wat jy doen - ons gaan nog vet pret he !! Enjoy
  12. Susan Kotze
    2010/05/02 07:15:23 nm
    GERHARD, Baie, Baie Geluk met jou nuwe album ALS BEGIN EERS NOU, ons hoor die album is alreeds GOUD. Die een LIEDJIE wil mooier wees as die ander een....dit het ons verwagtinge heeltemal oortref! Jy het voorwaar n hele paar treffers op DIE Album. Baie Sterkte vir jou! En vat die negatiewe kritiek maar met n knippie sout .... hulle is maar n druppel in die emmer en nie waardig om Trots Afrikaans te wees nie. Hulle braak net gal en jy gaan nog baie van hulle op jou pad kry....die afguns en jaloesie....dit spreek boekdele..... Moet jou asb. nie aan hulle steur nie, jy het sonder hulle gekom waar jy is vandag. Jy is n Nuwe Ster wat nog laaaaaaaank helder gaan SKITTER *en vir vele treffers gaan sorg!
    Hou so aan!!!! Ons is TROTS op jou!!!!!
  13. Kallie Fourie
    2010/05/02 07:03:56 nm
    Uiteindelik weer ’n ware afrikaner boereseun wat kan skryf, kan sing. Man! Dis lekker om vir ’n slag goeie musiek wat egter deur ’n kunstenaar self geskryf is te luister. Teveel kunstenaars word gevorm met een of ander Europese treffer wat vertaal word.
    Gerhard jy rock, Gaan luister bietjie na hom saam met sy orkes, dan sal enige iemand wat nie ’n G’S van is besef hoe “well talent” hy werklik is. Hy kan nie net noot hou op een of ander nuut gevormde Europese oor vertaalde back-track nie, of nog erger om saam met sy studio stem mime. HY verstaan egter musiek, kan dit lees, kan dit skryf en boonop hoeveel ander Afrikaanse kunstenaars ken jy wat self hulle eie treffers kan komponeer en dit saam met ’n orkes kan optree.
    Gerhard my raad aan jou bly altyd so nederig, dink dis jou tyd nou om te skitter. Jy is ’n ster, kan nie wag om jou nuwe album te luister nie
  14. almarie
    2010/04/30 10:12:03 nm
    Ek like Gerhard....ek dink die artikel gaan meer oor sy geld wat hy rondgooi en sy slap karre as sy talent om te sing! Ek hou van sy songs, maar sy nuwe cd impress my gladnie!
    En daai hare lyk soos 'n regte kokeltiel....Andri Boshoff....is jy seker hy het tyd gehad vir die kinders of vir die tiener meisies? Ek weet hy hou van sy meisies jonk, slefs so jonk as 17!
    Ek wens hom sterkte toe, en hoop darem een van sy songs skop baby tjoklits se gat dat hy nie net 'n one hit wonder is nie!
  15. janelle
    2010/04/30 04:10:58 nm
    ek is mel oor jou musiek en kyk jy lyk mooi hou aan met jou talent en sterkte voorentoe janelle
  16. Chantel van der Waltsleben
    2010/04/30 03:27:20 nm
    Gerhard, jy is die BESTE, ek hoor Presleys het 'n rekord getal mense gehad met jou show!
    Wys jou net!!! Laat die wat dink jy is 'n wanne be op hul neuse kyk!
    Bly net soos jy is, jy Rock!!!
  17. Bianca
    2010/04/30 03:19:23 nm
    Foeitog! Johan Buys, jy kan seker nie jou hare so dra nie, jy is seker bles.
    Wil net sê, Gerhard het duidelik nie self oor sy slap motor gespog nie, dis heeltemal die verkeerde
    fabrikaat, hoor! Gerhard, ignoreer asb. die galbrakers, hulle is net JALOERS!!!!!
  18. Johan Buys
    2010/04/30 09:21:22
    Iemand wat op 33 sy hare gel om 16 te probeer lyk en doef doef dromme en agtergrondmusiek moet gebruik om sinnelose woorde en 'n stem wat soos elke derde man in die stort klink te verdoesel, is darem baie gelukkig om soveel onkundige "bewonderaars" aan hulle neuse / ore rond te lei en geld uit hulle naiewe smaak te maak. Die slap Mercedes / nuwe klere storie beindruk my werklik nie en wys net dat die sogenaamde kitsroem na die ou se skedel gegaan het. Hierdie man lewer voorwaar 'n indrukwekkende bydrae om die standaard van Afrikaanse musiek tot 'n nuwe rekord laagtepunt te laat daal. Ek sal BETAAL om nie sy musiek oor die radio te hoor nie.
  19. ralie
    2010/04/30 08:48:21
    mal daaroor?
  20. Bianca
    2010/04/29 11:45:18 nm
    Jaloesie en onkunde is verseker die rede vir diè negatiewe kommentaar.
    Carin,Suzette en Jaques Daneel het verseker nog nie enige van sy ander fantastiese songs
    gehoor nie. Kom bietjie by!!! Julle weet beslis nie hoe die musiek mark werk nie,
    Baby Tjoklits is 'n hit en sal sorg dat meer mense sy ander nog beter songs hoor.
    Ons gun jou die plekkie in die son, Gerhard! Hou so aan, jy het hard gewerk daarvoor en jy
    verdien dit!
    Ignoreer die suur pruime, jy het hulle nie as fans nodig nie. Iemand wat nie Baby tjoklits kan waardeer nie se lewe is maar saai! Jy sal altyd ons nr 1 wees!
  21. cobie classen
    2010/04/29 07:28:48 nm
    Hey Gerhard, ons kom al 'n lang pad saam, dit is lekker om te sien hoe jy groei in jou musiek en nie bang is om vir die Here dankie te se vir jou talent nie jou nuwe cd is great sterkte vir jou pad vorentoe.
  22. TERSIA
    2010/04/29 06:16:04 nm
    HET AL MET GERHARD KENNIS GEMAAK DEUR RUDI MULLER. EN JA JY MAG MAAR EN JY GAAN DIT NOG BAIE VER BRING GERHARD. EN AAN SUZETTE JY KUIER SEKER NIE EN LUISTER NIE MUSIEK IN JOU MOTOR NIE ARME JY. ONS SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS DOEN DIT VIR ONS AFRIKAANS SPREKENDES, DIS AL WAT ONS NOG HET OM TE GENIET HIER IN SUID-AFRIKA, MUSIEK EN 'N LEKKER BOERE BRAAI EN KUIER OM DIE VUUR, MET DIE WONDERLIKSTE AFRIKAANSE MUSIEK IN DIE AGTERKANT WAT SPEEL. DIT LAAT JOU VERGEET VAN AL DIE DINGE WAT IN ONS LAND AANGAAN. EN DIT IS LEKKER SING ALONG SONGS.

    BAIE DANKIE GERHARD JY MAG MAAR G@T SKOP EN NOG OULIK DAARBY.. EN JY HET DIE MOOISTE STEM EN DIT PAS BY AL JOU LIEDJIES WAT JY SING.

    AL DIE BABY'S HOU DIE TJOKLITS HOOG!!!!!!!!!!

    TATA

    TERSIA
  23. Rosa
    2010/04/29 05:09:36 nm
    Jinne julle mense gun ook niemand niks nie. Regtig mense los die man uit.
  24. Theuns
    2010/04/29 12:02:13 nm
    In 2005 by die KKNK tree daar 'n ou op met die naam "Gerhard Steyn". By elke gratis verhoog sing en dans hy dat die sweet hom aftap. Sy trefferliedjie vir die fees is "Kielie my voete", 'n lekker saamsing liedjie wat almal daardie jaar by die fees geken het. Ek koop sy CD omdat daar iets is aan Gerhard wat 'n mens die heeltyd laat dink hy moet dit nog ver bring. By die huis luister ek na die album en besef hierdie ou is nie net nog 'n doef-doef kunstenaar nie, maar voorwaar 'n briljante skrywer. Sy liedjie "Psalms van 'n digter" herinner sterk en kan selfs vergelyk word met die musiek van Koos du Plessis. Vyf jaar later en uiteindelik begin Gerhard die erkenning kry vir sy harde werk en talent. Nou moet die publiek nog net die dieper kant van hierdie kunstenaar leer ken.....

    Sterkte Gerhard, en baie geluk met jou sukses.
  25. Jacques Daneel
    2010/04/29 11:55:40
    Kan nie glo dat iemand so suksesvol kan wees met geen musiektalent bloot deur die woorde baby en tjoklits te herhaal. Is dit die somtotaal van Suid Afrikaners se musiekwaardering?
  26. Cornè
    2010/04/29 09:30:04
    Gerhard is 'n wonderlike persoon het hom in Richardsbaai ontmoet! Carin en Wilma dit is nou regtig nie nodig om sulke mislike aanmekering te maak nie. Gelukkig verskil smaak. Gerhard het nie twee sulke bitter bekke nodig vir aanhangers nie.
  27. Suzette
    2010/04/29 09:00:11
    Nee dankie dis nou regtig goedkoop tjol musiek, hy kan volgens my glad nie sing nie, probeer vir Steve namaak, ag nee en dans die publiek so stupid om sy common musiek te koop, nee dankie sal glad nie geld op sy musiek spandeer nie, 'n regte wanna be
  28. Stoof
    2010/04/29 07:59:41
    Gerhard, baie dankie vir die handtekening wat jy uit gemaak het aan my!! Ek sien nog baie groot dinge vir jou in die toekoms. Voorspoed my Maat!!
  29. Me!
    2010/04/29 07:46:44
    As julle nie positiewe kommentaar kan lewer nie bly dan eerder stil daar is mense wat nog iets vir Afrikaans doen julle behoort trots te wees!
  30. Ilze Folscher
    2010/04/29 02:25:35
    Jip, die volgende treffer van Gerhard op sy nuwe CD - is , volgens my Diamante vir jou !! wat 'n ongelooflike song !!

    Gr 8 stuff !!
  31. nicola
    2010/04/28 08:06:03 nm
    Ek dink jy is baie oulik, ek is mal oor jou musiek. die hele wereld gaan mal oor jou baby tjoklits, hoop daar kom nog baie meer sulke lekker woema liedjies!
  32. Cindy
    2010/04/28 04:57:14 nm
    Jy's 'n ANGEL!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! lOVE JOU MUSIEK, EN MY 3 JARIGE SUENTJIE WIL NET ELKE DAG "BABY SHOKITS" LUISTER.
    AG KOM BIETJIE MESSINA TOE ASB!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
  33. Andri Boshoff
    2010/04/28 12:43:48 nm
    Gerhard, het 'n baie mooi sy van jou gesien toe jy in Harties opgetree het. Tyd vir al die kiddies gehad, lank na die tyd nog gesit en gesels met aanhangers. Hoee bome vang altyd wind. Ek wonder hoe ver het hierdie spul met hul opmerkings hier bo dit gebring in die lewe? Ek wonder hoe lyk Wilma se haarstyl?

    Jy is 'n stunning mens! en die mense wat saam jou werk is wonderlik! Ek is nie 'n groot aanhanger van Afrikaanse musiek, my kinders het my in die ding ingesleep. Ek was trots op die persoon wat hulle aanhang. Jy is ROOI JELLIE!! never mind Tjoklits.
  34. Tonie
    2010/04/27 02:41:25 nm
    Wat se uitspraak-probleme ly di man äan? ""ek lke jou zjoes zjy is?""
  35. Yvonne
    2010/04/23 05:23:41 nm
    'n Groep vriende het Desember 2009 van my afskeid geneem en die song aan my opgedra. Wat 'n voorreg. Dit sal altyd 'n hit bly - hou so aan, jy doen dit vir my!!!
  36. Andriette Blignaut
    2010/04/23 04:33:42 nm
    Gerhard is 'n amazing mens met 'n hart van goud!! Die roem en voorspoed wat hy tot vandag toe verwerf het, het hy VERSEKER verdien. Hyt hard gewerk vir dit wat hy vandag het. Gerhard Steyn is 'n man met 'n hart van goud. Sy roem het nog nooit na sy kop toe gegaan nie. Koop gerus al sy CD's dis die moeite werd veral "Als begin eers nou"
  37. Wilma Immelman
    2010/04/23 04:07:52 nm
    Net jammer van daai simpel haarstyl van hom - hoekom probeer hy soos 'n tiener lyk? Hy is tog 'n volwasse man, al sing hy oor adolessente temas.
  38. Carin
    2010/04/23 03:19:02 nm
    Ag nee wat - Gerhard Steyn doen dit nou glad nie vir my nie! Een treffer liedjie beteken nog nie sukses nie - baie het dit al gedoen. Ek vat die klerekopery maar met 'n knippie sout. Hy kon sy klere by 'n wassery laat was het - dit sou hom soveel goedkoper gekos het. Wou hy dalkies net spog met sy slap wit Mercedes, R20 000.00 se klere, gastehuise en hotelle. Ek hoop jou roem hou - noudat jy aan die "goeie lewe" gewoond geraak het. . Voorspoed.
  39. Sonja Roux
    2010/04/23 02:48:54 nm
    G, "Baby Tjoklits" was beslis 'n hit! Ek wil dit net graag noem dat ek dink "Diamante" gaan net so groot song. Dit is net so amazing song.
  40. Marié
    2010/04/23 11:56:18
    Gerhard, ek hoop daar gaan nog baie sulke liedjies soos "Baby Tjoklits" wees.In die wêreld is soveel stukkend en gebrokenheid, en met "Baby Tjoklits" sit jy net weer die lekker in die lewe terug, en maak mens vir 'n oomblik vergeet van al die probleme in die wêreld.Jy sing van die liefde en die lekker daarvan, en dit sal enige mens maak uitsien na nog meer liefde.Nie net om te ontvang nie, maar 'n groot behoefte om te gee ook.

    Baie dankie vir jou, Gerhard.Hou so aan, asseblief!!!