Superster Shaun se droom al nader

E-pos
Print

So tevrede soos ’n kat wat room gekry het – so voel die eerste wenner van die Supersterrekompetisie deesdae.

Hy studeer nou heeltyds musiek, hy is aan die liedjies skryf – daardie droom van ’n suksesvolle musiekloopbaan lyk ál werkliker.

Shaun Tait (17) was maar 14 toe hy in 2006 met die louere weggestap het in die sangkompetisie, en die Kapenaar lyk
deesdae heeltemal anders as die jong kêrel wat Suid-Afrikaners destyds bekoor het.

Daar is die gejelde kuif, rocksterhouding en ’n tatoe van ’n kruis met vlerke op sy rug.

‘‘Ek wou een kry wat iets beteken. Ek wil nog die woorde ‘God is gracious’ daarby aanbring,’’ sê hy.

Shaun het destyds R100 000 en ’n kontrak van R500 000 by Sony BMG losgeslaan. Vier jaar later het hy twee albums en ’n DVD agter sy naam en hy beplan nog groot dinge.

Sy eerste album, wat sy naam dra, raak-raak aan platinumstatus en die verkope van sy tweede album, Ek Sê Kom Ons Doen Dit, lyk ook goed.

“Ek het Supersterre vir die ondervinding gedoen en vir die pret. Toe ek weer sien, staan ek op die verhoog met ’n groot tjek,” sê hy.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 27 Mei 2010



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (14)


  1. Jolanda
    2011/09/16 02:34:54 nm
    Heloe shaun ek wil net se jy ht n ongelooflike goeie talent gekry en werk hard daran, muni dat mense jou afkraak nie...hou aan met jou goeie werk jyt n pragtige stem en ek moet se jou ster skitter ng helder hehe geniet hm
  2. Diane
    2011/02/05 03:43:49 nm
    Hey Shaun gaan aan met wat jy doen moenie steur aan wat mense se nie jy sing pragtig en het diep in ons harte gekruip, jou ma kan baie trots wees op jou en is mal oor jou musiek. Diane
  3. Leandi
    2010/11/03 12:22:51 nm
    Hey Shaun ek wil net sê jy sing vlipen mooi en hou van jou musiek. Ek het 'n dvd van jou en kyk hom elke dag. Ek bly jy het supetsterre gewen het dit elke vrydag aand gekyk en vir jou gestem. Lekker daggie
  4. Vanessa
    2010/07/14 09:54:11
    Ek het baie goed gevaar op skool, maar as ek waag sing word al die honde FLOU!!!!! Om top akademiese student te wees is nie als nie, hy is nederig en boonop nie skaam om alle eer vir sy talent aan God te gee nie, moenie hom as persoon aanvat nie dis baie lelik, as jy nie van hom hou nie druk jou ore toe as hy op die radio sing, kyk 'n ander tv kanaal as jy nie sy musiek videos wil sien nie en moenie sy CD koop nie, dis 'n maklikke konsep om te begryp met goeie punte of nie!!!!!!!!
    SHAUN...Jy weet waar jou talent vandaan kom en ek admireer jou guts ek sal nie vir enige geld op 'n verhoog klim en sing nie...Sterkte met als wat jy aanpak jy het hard gewerk en verdien dit!!!!
  5. Lou-Ann
    2010/07/12 04:54:06 nm
    Lynn, jy sit die pot so lelik mis. Shaun is nie meer op skool nie!!!!! Hy studeer aan die College of Performing Arts, waar hy baie goed doen...
  6. Leonie
    2010/06/06 08:51:57 nm
    Skaam jou! Sies vir jou Lynn! Weet jy daar is so baie kinders daar buite wat dalk nie goed vaar op skool nie, maar kom ek se jou een ding hulle is baie goed op ander vlakke, en ek praat uit ondervinding!! Kom ek gee n voorbeeld; n Kind met ADHD vaar op skool stadiger as die ander maatjies omdat hulle konsentrasie vinnig weggevoer word, maar hulle is baie intellegent as dit kom by tekeninge en inkleur en so ook op ander vlakke. Ek stem saam met Maria wie wil weet of jy onderskeidings gekry het op skool, as jy excellent is in jou talente wat God jou gegee het hoekom nie voluit leef daarvoor nie? My punte was ook nie goed op skool nie,ek het nie eers MATRIEK nie, en ek werk vir myself vandag. Shaun gaan voort om jou God gegewe talent uit te leef en moenie na die kritiek luister nie. Negatiewe mense sien en praat net negatief.
  7. Irene Jacobsi
    2010/05/26 04:47:00 nm
    Shaun lewe vir jou drome. Dink aan jou . Jy gaan nog ver kom. .Ek ht omtrent my beursie leeg gestem vir jou met Supersterre. Geniet jou musiek baie. Hoor net so min daarvan op RSG
  8. Sue
    2010/05/26 01:40:20 nm
    Ek woon gereeld Robin Banks talk by en hy is baie lief daarvoor om te vertel dat hy 'n E gekry het in matriek EN dat hy vandag meer geld maak as mense wat onderskeidings gekry het in matriek en nog verskeie grade daarna verwerf het ... my punt is: die feit dat Shaun sy ander talente gebruik en daarmee vir hom 'n suksesvolle toekoms kan uitkerf het niks met die volgende persoon te don nie en ook nie sy skoolpunte nie, hy probeer ten minste om sy matriek te verwerf ... great, maar dit sal nogals gaaf wees as mense met suur druiwe maar liewers hulle monde hou ... op die uiteinde. Het jy wonderlike skool/universiteits punte? Maar wat maak dit saak ... jy is mos nie 'n bekende nie? Meestal is mense maar net suur omdat dit lyk of ander met minder harde werk makliker en meer geld maak. Ja, ek is ook envious daaroor, maar so wraggies gaan ek nie in die outjie se karakter inklim nie.
  9. Lee
    2010/05/26 01:36:55 nm
    Moenie suur wees nie Lynn, Sies vir jou! Gun jy niks vir ander nie?
    Wat op AARDE het die kind se skoolwerk met sy musiek tedoen?? AI LYNN!!!!!!!
  10. Bonnie
    2010/05/26 12:54:44 nm
    Ek lees die kommentaar, maar moet eerlik wees, ek lees Lynn se opmerking as per toeval, lyk nie vir my soos kleinlikheid nie. Klink vir my soos 'n opmerking wat 'n ma sal maak.
  11. Maria
    2010/05/25 11:26:21
    ek stem Lani..... Lynn kan nie dink dat enige betrekking tot jou mens wees het nie, shame hoekom gee jy nie aandag aan jou eie persoonlike lewe nie...... u go shaun maak nie saak of jou punte goed of sleg is op skool nie, niemand wil weet of jy onderskeidings gekry het as jou CD's so goed verkoop nie, 'n goue stem vra nie onderskeidings nie, Baie sterkte en dankie vir goeie musiek....
  12. Sue
    2010/05/24 10:15:17 nm
    "Hoe kleinlik kan n mens raak ! Ai Lynn!!!
  13. lani
    2010/05/22 03:15:15 nm
    My ouma het altyd gesê "if you can't say something nice then don't say nothing at all" Ai Lynn!!!
  14. Lynn
    2010/05/21 10:07:11
    Ek wens net hy werk so hard aan sy skool werk as wat hy werk aan sy albums. Dit gaan maar nie so goed op skool met sy punte nie.