Sorina en die Flooze bak en brou

E-pos
Print

Moenie dat daai rietskraal lyfie jou flous nie – hierdie blondine kan ’n stewige bord kos wegsit as sy die dag wil.

Ons het iewers ’n voëltjie hoor fluit die sanger en aktrise Sorina Erasmus, alias die Flooze van 7de Laan-faam, kan ’n paar lipleklekker geregte aanmekaarslaan.

Toe besluit ons: Sorina en die Flooze moet albei hul gunsteling-geregte met ons deel. Njammies!

‘‘Dis so ietsie van Flooze en Sorina,’’ sê manlief Braam Riekert (35), wat ook vandag hier in die Kaap is. Hy noem himself haar MM, net so in hoofletters. ‘‘Dit staan vir man en manager,’’ lag die donkerkopman met wie sy twee jaar gelede getrou het.

Kom krap die Flooze hul lewe soms deurmekaar?

‘‘Sy is al so deel van ons lewe en omdat ons nog nie kinders het nie, is sy ons baba. Die Flooze hou ons 24 uur per dag besig.

Ek glo elkeen van ons het tog ’n stukkie Flooze in ons,’’ laat hy hoor.

Selfs vandag op pad na ons kookplek, ’n ateljee in Soutrivier, Kaapstad, het die Flooze die koppe laat draai. ‘‘Van kassiere in die winkels en die vrou wat die eiers by die hotel bak tot sakemense ken die Flooze,’’ lag Braam.

En ja, dis waar, hy en Sorina is regte smulpape. Die Flooze ook, al is sy vol nonsens oor sekere upstairs-goed soos daai duur rooiwyn, vonkelwyn en fênsie tamaties waaroor Sorina gaande is.

‘‘Ons hou van lekker kos en goeie wyn en sit graag by gesellige etes saam met familie of vriende om die tafel en kuier,’’ vertel die wilgerlatblondine en stap na die stoof se kant.

Braam is die avontuurlustigste eter van die twee.

‘‘Hy het al selfs paling geëet,’’ laat hoor Sorina en trek haar gesig op ’n plooi.

Lees die volledige artikel in die lente-uitgawe van Tempo - en hier is een van haar resepte:

RESEP: ROCK(ET) EN ROLL

“Dit is ’n interessante ligte ete en ek het een oggend amper my vingers saam opgeeet van pure lekkerte by die Nantes-gastehuis in die Paarl,” vertel Sorina.

Die basis van die resep is ’n Franse roosterbrood en dis die maklikste resep wat jy kan kry. Die gasvrou se naam is Sarina en daarom is hierdie gereg se ander naam ‘‘Sorina se Franse Afrikaanse Sarina’’.

8 eiers
4-6 dik snye witbrood
botter, vir braai
12 repe spekvleis
60 g roket
½ pak (50 g) gevlokte amandels, gerooster
30 ml pampoenpitte
45 ml balsemieke stroop
30 ml heuning
strooisuiker

Klits die eiers en week die brood daarin. Verhit die botter in ’n pan en braai die brood tot deurgaar en goudbruin. Braai die spek bros en breek in growwe stukke. Strooi eenvoudig roket, amandels en pampoenpitte saam met die spek op die brood (jy kan die brood in vingers sny) en rond af met balsemieke stroop, heuning en strooisuiker bo-oor.

• Lewer vier porsies.

Meer van Sorina se resepte verskyn in die lente-uitgawe van Tempo!



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (13)


  1. marie
    2011/08/05 07:26:08
    Sorina jy moet terugkom 7de laan toe ons soek biekie skop da
  2. Yvonne Ellis Rossouw
    2011/06/15 02:12:50 nm
    Sorina! Ek geniet jou baie! Ek moet se dat ek my man baie terg oor jou.
  3. Lorinda Storm
    2010/11/25 03:30:55 nm
    Wat is daar wat die Flooze/Sorina nie kan doen nie? Wat `n vreugde om haar op die kassie te sien! Sy bring lewe
    na 7de Laan! Hoop om haar nog baie te sien en te hoor ! Mooi so Flooze/Sorina
  4. Lize
    2010/10/29 06:57:22
    Kom terug 7de laan toe
  5. Garfield
    2010/10/23 02:25:43 nm
    Dis karakters soos Flooze en Joslyn wat Errol se ma gespeel het wat 7de laan eg Suid Afrikaans maak Bring vir Joslyn terug pleazzz!
  6. grietparasiet
    2010/10/14 09:45:27
    solank sorina van pateetlaan af wegbly is die wereld reg. haar kommin glo ek is self in witbank *gaap* so 1980'. suid afrika weet mos nooit wanneer is genoeg genoeg nie.
  7. Magriet Walker
    2010/09/09 08:09:58 nm
    Kan SA nie maar ons eie Desperate Huis wyfie show begin nie, Flooze sal so 'n fantastiese rol speel, ons het die komedie nodig - Dankie, dankie vir al die lekker lag - sy is pragtig! Magriet,Bloemfontein magriet@katlegoservices.co.za
  8. Amelia Ireton
    2010/08/31 08:55:15 nm
    Jy is darem pragtig en nogal raakvat in die kombuis , rocket is my gunsteling ek sal graag dit wil maak , dankie xx
  9. ellen
    2010/08/31 12:24:46 nm
    mooi so flooze ons vrouens kan mos multi task ons mis floosie in 7de laan kom nou redakterus dis tyd dat flooze terug kom
  10. Sarita vd Merwe
    2010/08/31 11:46:53
    Ons is baie trots op jou, en wens ons kan jou meer op die tellie sien! Jy was absoluut my gunsteling op sewende laan!! Ek dink in elkeen van ons skuil daar 'n flooze!
  11. Lindi
    2010/08/31 10:28:54
    Ek het nog altyd van die flooce van witbank gehou, en kyk nou hoe mooi lyk sy in die kombuis ek het haar nog nie gehoor sing maar wil graag. Ek is seker haar musiek is so lekker soos haar kos :)
  12. Renei Deyzel
    2010/08/31 08:45:35
    Dit is goed om ook hierdie kant van die Sorita(Flooze) te leer ken. Ek het haar show by die Barnyarn in Menlyn Pretoria gaan kyk. Dit was wonderlik om haar Geestes kant te sien. Sy is en bly vol verrassings. Sorita saam met jou MM wil ek vra dat julle so bly en ook nederig sal bly, sodat God nog groter deure en vensters vir julle sal oopmaak. Geseende dag vir julle. En onthou as julle in die omgewing van Walvis Baai/Swakopmund kom ek bly daar, e-mail my asb.
  13. Adele'
    2010/08/29 04:19:17 nm
    Shu!! kyk net hoe Pragtig lyk ons Sorinaq! Houswife all in one! hehe dis omtrent nou vir jou 'n Koskenade! ('',) Die verassings bly net aankom en die Kriatiwiteit bly net blom!!! hehe van Poering tot Pasta Le-Noedel La-Watch jo en Taai Tjomma! hehe! Ag Florinaq! jy gaan nog so ver kom! hehe en jou Vlerke word net groter en weier!! mwa