Snotkop die skilder

E-pos
Print

Die berge staan cliché mooi teen die blou lug afgeëts.

Dis as’t ware die perfekte raam vir die doek hier op die esel so ’n entjie buite die plaashuisie op ’n lappie grond by Bethulie.

Die man voor die esel verf met energieke kwashale aan die hoenderhaan waaraan hy met olieverf lewe gee.

‘‘Is dit nie die volmaakte plek om te skilder nie? Hier voel ek ek kan my kreatiwiteit vrye teuels gee. Dit is asof alles hier net in plek val,’’ sê hy palet in die hand.

Met sy kenmerkende pet, Ed Hardy-T-hemp en denim laag om die boude lyk hy die ene Snotkop, maar dit is Francois Henning wat hier uitspan.

Die sanger van die liedjie Parapapa het die plasie in die Suid-Vrystaat ’n jaar gelede gekoop en vir hom ’n eenvoudige oopplanhuisie op die vrugbare stuk aarde laat bou.

Dit is hier waarheen hy kom om stil te word ná optredes landwyd en toere oorsee.

En wat min mense weet, is dat Francois op sy beste ontspan met ’n verfkwas of ’n kamera in die hand. Sy liefde vir mooi prente en aangrypende beelde vloei net so sterk deur sy are as sy passie vir musiek.

En hoewel die rapper dit nog nooit oorweeg het om sy mikrofoon vir ’n verfkwas te ruil nie is die prentjiemakery vir hom ’n kreatiewe uitlaatklep.

‘‘Dit is vir my ongelooflik belangrik om myself kreatief te kan uitdruk,’’ sê hy.

“Dan is ek gelukkig. Om musiek te maak is een deel daarvan. Om te skilder is ’n ander vorm daarvan, maar iets wat ek net vir myself doen. Wanneer jy sing, sing jy tog vir jou gehoor. Dis so lekker. Maar wanneer ek skilder of foto’s neem, is dit anders. Hier word ek nie aangesê hoe om dit te doen of wat om te teken nie. Dis net ek.

“Hier kan ek rebelleer op my manier. En as iemand nie hou van wat ek doen nie, kan hy gaan vlieg.’’

Lees die volledige artikel in die lente-uitgawe van Tempo.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (12)


  1. J.C
    2010/10/25 05:24:36 nm
    jy rock.!ju kwlste song is party
  2. Blondie
    2010/10/12 04:45:45 nm
    Snotkop kom n biekie Fochville toe asb sal da van hou om jo in die klein dorpie te sien
  3. Estelle
    2010/09/29 02:12:40 nm
    Snotkop is net die beste hou so aan
  4. juan marie
    2010/09/28 10:21:04 nm
    Snotkop dit was bja mooi en almal is lief vir jou wil jou graag eendag ontmoet en wil met se sterkte met als wat voorle
  5. CC
    2010/08/27 08:48:00
    Sjoe.....!!!! Jy is stunning.
  6. Helena
    2010/08/26 08:20:00 nm
    JY ROCK!!! Ons: Ek, my man en 2 tiener dogters, is absoluut MAL oor jou musiek!!! Jy gaan ver soek om mèèr getroue ondersteuners te kry...!!! XXX!!! "Koos" is sommer net ongeskik. Die Gr 10 C's van Wolmaransstad Hoërskool het op Parapapa (?) gedans en hulle het gekook!! Hulle was verby 'cool'!! Jy sou trots op hulle gewees het.
  7. liz
    2010/08/26 08:07:57 nm
    agge nee Snotkop --tog nie saam met Kurt !!!
  8. Del-Zanne
    2010/08/26 04:20:42 nm
    Koss who ever jy is jy het nie smaak nie Snotkop jy ROCK!!!!!!!
  9. Lorraine
    2010/08/26 03:28:06 nm
    Jy is great Snotkop, het altyd by my kinders van jou gehoor en gedink aaag dis net nog 'n laaitie, maar nadat ek jou self gesien het so twee maande gelede by die Boksburg vlooi mark moet ek se jy rock, ek kan nie dink daar is so sagte kant van jou om te skilder, sal graag jou skilder werk wil sien, kan net so great wees soos jy, hou so aan en mag die tieners by jou leer.
  10. Koos
    2010/08/26 01:59:45 nm
    ja asb begin skilder, enige iets net om jou stil te kry!
  11. Bianca
    2010/08/26 12:25:21 nm
    Wel Snotkop is wel 'n uitstekkende sanger so sy skilder sal net so uitstekkend wees JY ROCK SNOTKOP en jy laat my baie aan my broer dink want hy lyk amper nes jy maar nie so "cute" nie..
  12. Marisca Lubbe
    2010/08/26 09:36:17
    Sjoe maar dit is mooi!!!! Jy en die skildery!!!!! Sal wat wil gee om jou live te sien!!!!! Wanneer kom jy bietjie Oosrand toe????