Rudi die liedjiemasjien

E-pos
Print

Die liedjieskrywer Rudi Claase, oftewel Rudi van Ons Lieflinge-faam, is ’n fenomeen.

Hy het agt van die 17 liedjies op die album As Ons Sing. . . Sing Ons vir Julle! geskryf en van die grootste musieksterre in die land sing dit: Patricia Lewis sing Wind van Verlange, Juanita du Plessis Onthou My, Theuns Jordaan Vingers en Voete en Arno Jordaan sing  twee van Rudi se liedjies, Engele en Kom Terug.

Die album spog met drie nommers deur die Ons Lieflinge-duo, Rudi en Corlea, en is deur sy platemaatskappy, Jewel Music, uitgereik. Van die ander heerlike snitte daarop is deur Bok van Blerk, Lianie May, Eden, die Coleskes, Rina Hugo en Manuel Escorcio.

Dis ’n uiteenlopende versameling liedjies, maar jy sal dit gewis geniet.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (12)


  1. Sonja
    2011/07/28 06:21:50 nm
    Rudi is absoluut fantasties!!! Ek droom snags van hom..... wens hy kon vir net een nag langs my le. Hy is verskriklik sexy en sing mooier as 'n engel... die lieflikste mens wat onse Heer seker geskape het. Hy vul my lewe, en hy weet dit nie eens nie.
  2. Jane vloohj
    2010/12/02 02:28:57 nm
    Dit maak nie saak wat hy is nie,vir my is hy die sexieste ou op aarde,en dan sing hy nog so fantasties dat jou bene jellie word.
  3. Liandi
    2010/11/28 04:38:10 nm
    Rudi is ongelooflik....
  4. Rita
    2010/08/21 08:27:11 nm
    WAT 'N WONDELIKE KOMBINASIE - 100 %
  5. Petro Wolmarans
    2010/08/16 11:00:55
    Die eerste keer toe ek van Rudi gehoor het is toe sy ma een middag vir my sy cd gee as n geskenk. ons was bure vir n paar jaar en dit het maar gegaan met n groet as ons mekaar gesien het. tot die dag wat my boor opgepak het en ek by die bure moes hoor om een te leen. Dis toe dat sy vir my die cd gegee en gese ons hoor julle hou van afrikaans se musiek en het gedink julle kan die een ook op jylle rak sit. Dit was kool.En hy sing goed wat ek verstaan, baie mooi daarby ook.
  6. Lionette
    2010/07/23 09:31:43 nm
    Rudi jy en corlia sing pragtig. My nooiensvan was ook Claase. Hoop daar gaan nog baie CD van julle wees.!
  7. Casper
    2010/07/14 08:46:23
    Rudi, jy en Corlea is fantasties.Ek kan nie wag om julle lewendig te sien op die 30ste Julie nie.Julle musiek bring trane in my oë.Moet asseblief nie ophou skryf nie.Ons kan nie genoeg kry van julle nie!

    Groete

    Casper
  8. ANNETTE
    2010/06/22 08:57:32 nm
    Dankie Rudi dat jy jou talente met ons deel deur vir ons hierdie awesome musiek te skryf waarna ons kan luister......
  9. RENSCHE
    2010/06/22 04:12:59 nm

    JY S ONGELOOFLIK EN N INSPIRASIE VIR BAIE
  10. Lyn Wolvaardt
    2010/06/22 04:06:42 nm
    Rudi is een van die beste skryfers, en hy kan so goed sing as wat hy kan musiek skryf. Uitstekend
  11. Connie Olivier
    2010/06/22 03:53:40 nm
    Dankie Huisgenoot. Dit is 'n wye verskeidenheid kunstenaars op een CD. Gaan dit definitief vir my aanskaf. Rudi kan maar aanhou liedjies skrywe.
    Dankie Rudi !!!!!
  12. FRANCINA
    2010/06/22 03:22:12 nm
    Net om te se om jou as persoon te ontmoet was vir my n voorrer en n eer. Jy is tops en mag maar aangaan met jou GOD gegewe talent, jy en Corlea. Geseende lewe vir julle twee vorentoe en moet nooit SY HAND los nie. Sterkte Francina Oosthuizen