Resensie: Rudi en Corlea se nuwe CD

E-pos
Print

Wat Afrikaanse musiek betref, het 2009 grotendeels aan Rudi Claase en Corlea Botha behoort.

Meer as 80 000 eksemplare van dié duo se debuutalbum, Ons Lieflinge/Our Darlings is verkoop.

Hul opvolgalbum is pas uitgereik, en gaan ongetwyfeld weer ’n wegholtreffer wees.

Rudi het vyf van die liedjies op die CD self geskryf, en Corlea se suiwer stem is beslis een van die bestes in die land.

Die dubbelalbum bestaan uit ’n CD met nuwe én geliefde Afrikaanse liedjies. Dis pure sentimentele nostalgie!

Ons dink: 4/5

Ons Lieflinge/Our Darlings: Drome - Rudi Claase en Corlea Botha
Bemarking: Jewel Music en Universal Music
Verspreiding: Universal Music



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (21)


  1. Leon
    2011/02/01 06:03:59 nm
    Eks mal oor julle musiek.en rudi jy is n voorbeeld vir gay ouens.jule is my gunsteling sangpaar.hou so aan kani wag vir die volgende cd.sterkte vir di toekoms.0717444661 laat weet my as cd uit is
  2. Liandi
    2010/10/08 12:19:06 nm
    Rudi en Corlea is ongelooflik! nie net sing hulle ongelooflik mooi nie, hulle het baie nice persoonlikhede.hulle is albei pragtig van binne en buite! mal oor julle!
  3. Susan Botha
    2010/09/11 12:46:14
    Was gisteraand 10 Sept by Rudi en Corlea se vertoning in Pretoria-woorde is weereens nie genoeg om hierdie vertoning te beskryf nie! Rudi en Corlea julle maak 'n mens trots om te weet daar is nog jong mense met sulke waardes soos julle s'n en moet julle asb nie steur aan mense se kritiek nie, want julle het albei 'n god gegewe talent wat deur mense soos myself en die res van julle aanhangers geniet word!
  4. Elize
    2010/09/01 10:06:18 nm
    Julle sing en lyk pragtig. Corlea, ek is absoluut mal oor jou pragtige rokke wat jy altyd aan het, jy lyk soos 'n prinses.
  5. Tanja
    2010/08/14 11:51:57
    Ek staan verstom oor julle sang. Het beide cd's al vir ure geluister en steeds gee dit my hoendervleis. Die dvd-opname was ook puik. Rudi en Corlea...' I'm hooked" . Mag die Here julle seen
  6. Wena Allen
    2010/08/04 10:51:28
    Corlea & Rudi, Mag God julle net verder seën met daai pargtige stemme,
    'n mens kan net nooit genoeg daar van kry nie, kan nie wag vir die DVD nie , was daar toe dit opgeneem is vrydag aand 30/07/2010, een woord Fantasties!!!!!!!
  7. Raymond
    2010/07/28 11:11:16 nm
    My girl.. Jy gee my hoender vleis wanneer jy sing. Hou so aan.
  8. Josef van Jaarsveid
    2010/07/28 04:18:08 nm
    Twee engele,fantastiese stemme.Hou so aan met julle God gegewe talent.Johann Bruwe,dis nie ons skuld jy kan nie iets goeds waardeer nie!!!
  9. Rina kilian
    2010/07/28 05:45:18
    Rudi en Corlea is tops... hulle sang plus die liedjies laat mens hoendervleis kry. Ek is beslis een van hul grootste aanhangers. kan nie wag vir hul video nie.
  10. salome
    2010/07/13 05:06:41 nm
    Absoluut wonderlik ons soek meer sulke musiek.Een woord "puik"!!!!!!!!Kan nie genoeg van jul musiek geluister kry nie. Bravo hou so aan.
  11. Maureen
    2010/07/11 05:33:03 nm
    Ongelooflik mooi!!!!!! Sulke pragtige stemme. Gee my hoendervleis!
  12. Elmien Kets
    2010/06/29 09:49:37 nm
    Ongelooflik!!!!!! Die beste geskenk om vir iemand te gee. Nr 1 in SA
  13. Erica Hobbs
    2010/06/16 02:22:02 nm
    I have enjoyed the songs over and over. Their voices are magnificent. De heer Johann Bruwe was niet erg aardig met zijn commentaar. Als je niet iets aardigs kunt zeggen, is het beter helemaal niets te zeggen. Zodra de CD hier in Michigan te koop is, koop ik het, maar ondertussen luister ik naar de liedjes op Youtube.
    Groetjes,
    Erica in Amerika
  14. rika
    2010/06/09 06:03:58 nm
    Ai,julle twee,julle maak my dae.Baie dankie vir die skoon en mooi sang,Hou so aan,
    En Johann Bruwe,ag nee man,dit was onnodig.Gelukkig verskil smaak,en sowaar,die twee jongmense val mooi in my smaak.
    Alle voorspoed,ek wag vir julle DVD.
  15. KENNY COOPER
    2010/06/07 08:04:17 nm
    Woorde kan julle sang nie beskryf nie. Dit grens aan Hemelse kore, want musiek is van God en julle gee dit wat Hy aan julle gegee het terug aan ons.
    Wat is die moontlikheid dat julle Nana Mouskouri se White Rose of Athenes (till the white rose blooms again) kan opneem. Ek glo met my hele hart dat julle dit sal ver volmaak. Groot, baie groot asseblief.
    Groete
    Kenny
  16. helena
    2010/05/31 11:48:20
    julle is een van ons puikste stemme. ek het gaan kyk toe julle in secunda gesing het, julle is fantasties. Julle kan maar weer kom sing vir ons. Wanneer kom die volgende cd uit
  17. Magda
    2010/05/26 08:08:00
    Corlea en Rudi julle is net fantasties
    Ons word elke more wakker met jul liedjie drome. Jull mag maar sing hoor.
  18. Helen
    2010/05/05 07:43:22 nm
    Ongetwyfeld een van die beste stemme wat ek nog ooit gehoor het. Wonder of sy nie mik na Wene nie? Miskien moet sy gaan kers opsteek by ons eie Mimi.
  19. Johann Bruwe
    2010/05/05 06:45:18 nm
    Wat 'n pot soetsappige, sentimentele snert.
  20. Mariaan Pool
    2010/05/05 01:09:30 nm
    Hulle is fenominaal !! Sal beslis hulle nuwe CD koop.
  21. Ina du Toit
    2010/05/05 10:59:22
    Net een woord! Fantasties!!!!!!!!!