Resensie: Juanita se nuwe CD

E-pos
Print

Juanita du Plessis sit eenvoudig geen voet verkeerd nie, sy kry die resep vir ’n trefferalbum altyd reg.

Geen wonder alles waaraan sy raak, verander in goud nie: Haar warm, diep stem is oorrompelend, sy’s een van die voorste skrywers van pop-liedjies in die land en haar wysies is altyd aansteeklik.

Haar nuwe album, Engel Van My Hart, is weer ’n treffer en jy sal dadelik daarop verlief raak.

By hierdie CD kry jy ’n bonusalbum met tien duette waaronder Dowwe Spore saam met Theuns Jordaan en Somewhere Between saam met Steve Hofmeyr.

Moenie eers twee keer dink voor jy dit koop nie – dit gaan een van jou gunstelinge van die jaar word!

Ons dink: 4/5

Op die internet
http://www.juanita.co.za
Facebook-blad

 



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (67)


  1. Vanita Basson
    2011/09/08 10:03:05
    Jy het die stem van n Engel
  2. blondie
    2011/07/08 09:16:38 nm
    ek gee nie om wat party mense van juanita dink pf se nie,sy is awsome en sal altyd gunsteling vroulike kunstenaar van die jaar wees vir my!!!baie dankie juanita love jou stukkend,jys n jesus kind altyd
  3. kakamas
    2011/02/01 08:57:04 nm
    juanita jy is en sal altyd die engel van ons harte wees,hou so aan..moenie vir jou steur na mense wat nie jo musiek waardeur nie. Daar is 1000 meer wat dink jou musiek rock!
  4. heinrich
    2011/01/09 02:58:11
    juanita jys die beste
  5. Winnie
    2010/10/29 11:08:37
    Juanita weer eens 'n puik album net soos vlieg hoog en al jou ander liedjies dit is net absoluut wonderlik om na jou te luister self die betekenis van al die woorde in jou liedjies se so baie

    Dankie vir Juanita
  6. Anita
    2010/09/14 07:28:35
    Woutertjie, DANKIE MY MAAT, ten minste het jy die decency gehad om geld uit te gee om haar CD te koop. Wys my jy is nie so sleg nie en glo in Juanita. Ek hoop jy bly in Pretoria omgewing. Juanita se WIT VLAG video opname is Vrydag 17 September by Hoërskool Zwartkop. Doen jouself 'n guns, as jy in Pta bly, gaan woon dit by. En toegang is gratis, so jy hoef nie een sent uit te gee nie. Miskien as jy die vrou in lewende lywe sien, verander jou opinie.
    Tatta dan nou maar
  7. Wouter
    2010/09/13 04:07:49 nm
    Hi Anita - ek het toe die na die CD geluister en vir my Ma gekoop. Dis defnitief nie tiener musiek nie, maar wel meer in die smaak van ouer mense en miskien oujong nooiens - of wat seg ek alles!
  8. Joretha
    2010/08/27 09:11:42 nm
    Juanita jy is 'n wonderlike sangeres. Ek bewonder jou sang en lees alles oor jou en jou gesin. Jy is 'n voorbeeld vir baie jongmense. Ek geniet jou CD's en moet nog jou nuwe een gaan koop. Het al van die nommers op die CD gehoor. Absoluut pragtig. Hou so aan.
  9. amy777
    2010/08/26 10:46:28 nm
    Die afgelope jaar is Juanita my gunsteling. Ek het haar nog nooit ontmoet nie en sal seker eendag. Ek het eers 'n ander gunsteling gehad, maar sy is nie meer nie. Maar dis goed so, want nou kan ek Juanita 100 persent ondersteun!!
  10. Anita
    2010/08/26 07:13:01
    Kaboutertjie, koop net Juanita se cd asb en bly uit my hare uit. Jy is seker nog 'n verstrooide tiener.
  11. Marlene
    2010/08/25 02:42:57 nm
    Ek dink Juanita se cd kan 'n 10/5 kry. Het self een en dit is voorwaar soos al die vorige cd's uitstekend. Juanita is tops!!!!!
  12. maria fatima barbosa
    2010/08/24 04:36:00 nm
    JUANITA
    vir
    PRESIDENT!!
  13. Kitty
    2010/08/13 03:25:48 nm
    Juanita jy is en sal altyd in ons huis die nr. 1 van al die musikante wees, want my man en tee dogters en een seun en ek is baie mal oor jou. My dogter het elke jaar 'n taak oor haar "hero" en dan doen sy dit oor jou. Jy inspereer my doger en sy il net soos jy wees. Dankie vir 'n wonderlike persoon soos jy en ek weet daar is min van hulle want jy is soos 'n ongesluipte demant. Groete en met baie liefde kitty.
  14. Wouter Hugo
    2010/08/05 02:17:11 nm
    Anita Kapieta - dis Wouter Kabouter hier! Ek glo Nianel kan werklik sing ja - feit soos 'n koei - veral as sy gevra word om saam met die wêreld se voorstes op te tree. Maar nou ja - miskien moet jy haar agtergrond sangeres raak - of wat praat ek alles?
  15. petra
    2010/08/02 11:54:26
    juanita is te minste opreg met haar gospel cd sy sing dit uit haar hart uit nie net omdat sy wil geld maak nie ek het haar nuwe cd gekoop nog voor ek gehoor het hoe dit klink en sy het my nie teleur gestel nie dit gaan nie oor die ritme of hoe sy dit sing nie luister na die woorde . ek koop cd s oor die woorde van die lirieke nie oor die sangers nie daar is baie sangers wat ek nie van hou nie maar as hulle n cd met mooi lirieke uitreik dan koop ek die cd al sing hulle hoe juanita jou cds koop ek al het ek dit nog nie dehoor nie want jy is opreg en nie skynheilig nie jy is met al jou roem nog steeds plat op die aarde yhou so aan
  16. nicole
    2010/08/01 02:21:05 nm
    JUANITA JY IS AWSOME
  17. freddy
    2010/07/31 05:53:08
    Dis onregverdig om enige 2 mense of in di geval enige 2 sangers met mekaar te vergelyk. Elke mens is tog uniek op sy eie manier. Juanita is stunning en n rolmodel vir vele. Sy het hard gewerk aan haar sukses en moes baie gesinstyd opoffer om haar Godgegewe talente met miljoene ander te deel. Jys puik!
  18. Raymond
    2010/07/28 11:32:39 nm
    Each person to his own opinion. Ek dink sy's great. Ek het al haar cd's. Ek het geweet sy kan Huisgenoot top maak en gewen ook..
  19. LEON BARNARD
    2010/07/28 05:30:14 nm
    JUANITA JY IS GREAT MAN.JA WAT DIE SUURGATTE IS MAAR ORALS JONG.
  20. Francois
    2010/07/26 11:14:59
    Ek dink dis 5/5
  21. chrisitne
    2010/07/26 09:06:32
    susan kan jy noot hou en petrus hou jul mond as jul niks goed kan se nie suurdruiwe juanita jy is pragtig jy sing pragtig en jou familie is pragtig,is jy seker jy is nie n engel wat gestuur is van bo om die snaakse afrikaanse muskiek wat die ronte doen ore aan te sit nie.hou aan sing my kind,jy bly die beste
  22. Josef de Beer
    2010/07/24 11:01:41 nm
    Juanita jy sing by mooi !
  23. Angie
    2010/07/22 07:23:22 nm
    Sy is dit beste afrikaans sanger hou so aan
  24. Erina De Villiers
    2010/07/21 08:05:23 nm
    Ek is mal oor Juanita,Sy is 'n wonderlike mens en sy is eerlik,sy kan sing en sy is die Here se kind,die woorde wat sy sing,almal is mal daar oor en ek dink sy het almal se harte laat oop maak.Sy maak almal baie gelukig om haar,Ek wil ok se baie dankie Doepie & Familie.
  25. Anita
    2010/07/21 12:48:30 nm
    Kabouter Wouter, glo jy regtig Nianell kan sing? Shame, dis tyd vir 'n afspraak by jou oor-spesialis. Ek het nog nooit enige sanger of sangeres sleg gesê nie, maar ek stem saam met jou oor Kurt.

    Juanita BO!!!!!!!!!!!!!
  26. CHARMAINE
    2010/07/20 01:50:32 nm
    weet jy wats vir my so snaaks, almal het so baie om te se oor Junaita, maar kan een van julle sing. ek dink nie so. kry julle nie skaam, Juanita het omtrend 4 jaar terug vir my eers bekend geword, en nee ek het nie onder 'n klip gebly, ek het net engelse musiek geluister( eks 'n rooinek), en toe hoor ek Juanita, en ek sien haar die eerste keer by presleys in Pretoria op 6 september 2006, my mond het oop gehang, want glo dit of nie, die vrou kan sing, en baie beter as baie ander waarvan ek weet. hou op dinge se oor die vrou wat hard werk en BAIE BEREIK IN DIE LEWE, want julle wat baie slegte goed se het niks anders om te doen nou dink julle al die gemors uit, JUANITA JY IS WONDERLIK.HOU SO AAN ONS IS TROTS OP JOU.
  27. wouter hugo
    2010/07/16 01:32:16 nm
    Ag nee wat - Juanita du Plessis sing so vals soos Kurt Darren!! Dankie tog almal het die reg op hul persoonlike smaak, want sy is definitief nie amla se gunsteling nie. Miskien kan sy gaan sanglesse leer by Nianel?
  28. DE WET
    2010/07/15 07:49:16 nm
    JUANITA MOET NET WEER BLOND WEES , DAN GAAN SY NOG MOOIER WEES AS NOU! PRAGTIGE VROU MET 'N STEM SOOS 'N ENGEL.
  29. MARIAAN
    2010/07/15 06:25:40 nm
    SJOE!! MAAR KAN MENS SO JALOERS WEES OP SO TALENTVOLLE, BEELDSKONE PERSOON? SIES VIR JULLE ALMAL WAT JUANITA BELEDIG! SY IS PRAGTIG - NIEMAND KOM NABY HIERDIE VROU NIE, SY HET ALLES!!! DAAR IS 'N PAAR MENSE WAT BY HAAR KAN GAAN LEER SING - SY IS 'N PERFEKSIONIS! JUANITA, JY HET STYL, JY KAN 'N SAK AANTREK EN JY SAL STYLVOL WEES.
  30. Anita
    2010/07/15 11:16:12
    Gesiggie en Kinnie, moet dan nie haar cd's luister nie. Niemand verplig julle nie. Sy is ook nie die stereo-tipe nie. Sy is uniek, soos enige ander een van ons.
    Opinie, ek sal wel sê dat hierdie cd anders is as al die ander, maar dit klink nog goed in die ore en vir my, en ek glo vir der-duisende ander mense sal sy altyd 'n wenner bly. Dit is lekker saamsing-liedjies
  31. Roedolf
    2010/07/14 11:18:51 nm
    Dankie vader : baie dankie vir die komplimente oor Juanita se klere dit word baie waardeer. Stem saam Juanita is en bly die beste afrikaanse sangeres in SA.
  32. Kiddo
    2010/07/14 09:53:34 nm
    Is dit nie nou tipies van die Afrikanervolk nie? As een 'n sukses is wil daar 'n klomp suurgatte die mens afkraak. Juanita het nie net gegroei as 'n sanger nie maar ook as vrou en in Suid Afrika het ons nie beter (of seksyer) nie.
  33. Kinnie
    2010/07/14 03:31:23 nm
    Ag Juanita is so stereo tipe met haar CD. Altyd die selfde trant. Dankie ek stem met Nettie en opinie. Ek hou niks van Juanita se CD's nie.
  34. Silvia
    2010/07/14 03:18:11 nm
    Ek kan nie glo dat mense altyd ander moet sleg maak. Waarom kan die wat niks goeds te se het, nie maar liewer hul kommentaar vir hulself hou nie. Juanita jy is pragtig net soos elke cd wat jy al op die rakke gesit het. Jy is vir soveel mense n inspirasie en dit net met jou musiek. As jy ons as aanhangers so raak- hoe raak jy net nie jou gesin elke dag? Jy is pragtig en n rolmodel vir my dogter wat jou musiek uit haar kop uitken. Baie dankie vir jou bydrae tot die musiek wereld!
  35. GESIGGIE
    2010/07/14 03:08:02 nm
    Ag nee wat. daar is baie sangeresse wat beter is as sy. ssal nie geld mors om haar cd te koop nie. het so n growwe stem...en so n klein mensie. haar oe lyk altyd so hartseer of sy wil huil.


  36. Dankie vader
    2010/07/14 01:09:03 nm
    Ek is nou heeltemal van die spoor af hier, maar ek wil asseblief die persoon komplimenteer wat Juanite nou aantrek. Sy lyk wonderlik. Ek weet nie of haar vorige dresser afgedank is nie, maar goed vir haar. Sy was heeltemal verkeerd aangetrek voorheen vir haar bou maar die laaste twee jaar doen iemand iets reg. Haar klere voorheen het my heeltemal van haar musiek afgesit. As dit op die radio was kon ek luister of ek moes toe oë sit na haar en kyk, en wat 'n vreugde nou. Dankie
  37. Jantoene
    2010/07/14 10:59:47
    Juanita rock!!!!!! Sy is die beste!!!!!
  38. opinie
    2010/07/14 10:40:08
    Anita, ja ek kan verstaan dat Juanita se CD platinum status bereik het nog voor dit op die rakke was, want ons almal gaan koop dit met GROOT afwagting en kry dan 'n 'surprise'. Wel dit is my opinie, ander mag dalk daarvan hou.... smaak verskil!
  39. Nettie
    2010/07/14 10:15:19
    Ag dankie tog, gedink ek is die enigste een wat niks hou van Juanita se nuutste CD nie! Ek het dit met groot verwagting gekoop en was baie teleurgesteld - daar is geen diepte in enige een van die liedjies daarop nie! Nee wat Juanita, probeer weer!
  40. Anita
    2010/07/14 07:54:46
    Susan en Petrus koffiebeker. Dit lyk my julle kry geen aandag in julle persoonlike lewens nie, nou soek julle aandag op hierdie manier. Word groot. Susan, luister jy maar na Nianell, want ek kan nie.
    En Opinie, hou jou opinie vir jouself. Hierdie nuwe cd van haar het reeds platinum geword nog voor dit die rakke getref het. Iets is fout met jou oortjies.
  41. Ailene
    2010/07/13 04:09:05 nm
    Dis seker omdat sy "nie kan noot hou nie" dat sy al meer as 'n miljoen CD's verkoop het??? Of omdat sy "nie die beste is nie" en "nie almal se liefling is nie" dat sy jaar na jaar die Tempo toekenning vir gewildste sangeres ontvang??? Asseblief, as jy jaloers is, of niks goeds kan sê oor haar nie, moet niks sê nie. Gaan ondersteun dan vir Nianell en Corlea, Juanita het genoeg lojale ondersteuners!!!
  42. lynette
    2010/07/13 03:09:59 nm
    Petrus en Susan julle is jaloers Juanita is die beste van die beste sy maak my hart warm as sy sing sy is wonderlik en baie mooi ek sal altyd na jou misiek luister hou so aan jy mag maar hoor
    baie lief vir jou en jou misiek
  43. vannie
    2010/07/13 02:05:56 nm
    Ek dink dat elkeen sy eie tipe musiek het, waarvan jy hou. Ek kan ongelukkig nie sê dat ek nog ooit van Juanita gehou het nie, en dis niks persoonlik nie. Sy het net nie vir my 'n goeie stem nie, en die tipe musiek wat sy maak, is net so lighartig. Sy self, lyk na 'n baie nice mens. Ek hou van Nianell se stem, en die tipe musiek wat sy maak. Maar, dis net my opinie, en daarmee wil ek niemand afkraak nie.
  44. lorraine kotze
    2010/07/13 11:54:00
    juanita,ek is mal oor jou en jou musiek,jy het n GODGEGEWE TALENT,en jy gebruik dit reg.Nie soos die ander met hulle talent die wereld musiek maak nie.HOU SO AAN.jy is geseen met n pragtige stem,n wonderlike man en pragtige kinders.
  45. opinie
    2010/07/13 09:16:18
    Ek is 'n groot bewonderaar van Juanita, maar moet sê ek is teleurgesteld in haar nuutste CD.
  46. Mariette
    2010/07/13 09:15:45
    Mense julle weet nie wat julle van praat as julle se Juanita kan nie sing of noot hou nie. Ken julle musiek??? Ek dink nie so nie. Juanita is 'n Diamant Mens. Die Here seen haar en gaan haar ook nog meer seen want, Sy is 'n mens-mens. Juanita ons is baie lief vir jou en ja, onthou net eending as die mense van jou ophou praat, moet ons "worry" want solank hulle praat - is jy FAMOUS. Groete en liefde.
  47. Magdalena
    2010/07/13 09:11:22
    Goeiemore aan al die mense op hierdie wonderlike dag wat GOD ons weereens skenk om ons lewe reg te kry vir die groot dag. Ek verstom my aan die mense wat so lelik is met jou Juanita, maar nou ja die wereld bestaan uit allerhande tipes en hulle moet ook daar wees. Kom ek gee gou vir julle GOUE raad, jy hou nie van Juanita jy luister nie haar musiek nie PUNT EN JY HOU JOU MOND KRITIEK MAAK SEER!!!!!!!!!!!!! Daar is iemand wat ek ook nie van hou nie, maar ek se dit nie ek hou dit vir myself, en klaar.....
  48. susan
    2010/07/13 08:19:35
    Sy is ongelooflik en die cd moet beslis 10/10 kry ....... Dankie Juanita vir al die mooi musiek, elke liedjie van jou het woorde wat diep raak en vrede maak....... hou so aan.
  49. Daleen
    2010/07/13 08:14:58
    Ag Susan wat weet jy sy is en bly die beste sangeres uit. Ons lief haar dik stukke. Mooi so Juanita. Maar in jou geval is dit seker maar SMAAK VERSKIL.
  50. Heidi
    2010/07/13 08:07:58
    Petrus Foffiebeker duidelik is daar fout met jou ore, want Juanita het 'n stem soos 'n engel. Dankie Juanita jy is my inspirasie en ek gaan definitief hierdie cd ook koop- Luv you lots
  51. alta viljoen
    2010/07/12 08:12:17 nm
    Juanita ons is mal oor jou musiek, veral ons ouer gardes
    ons waardeer dit, en geniet dit regtig.
  52. Annelize
    2010/07/12 07:19:12 nm
    Luister al jul suurdruiwe droebek moeg gevrete....sy is al ses jaar die beste sangeres en kry toekennings vir dit. so ja hou jul ongevraagde byvoegings vir n ander dag
  53. Dane' Coetzee
    2010/07/12 06:35:51 nm
    Sy is die engel van almal se harte, thanx vir al jou great musiek. Hou so aan.
    Baie liefde die Coetzee gesin.
    PS. mense wat nie iets goed kan se nie bly maar eerder stil.
  54. Reinette
    2010/07/12 06:21:13 nm
    Ja Susan, jy is geregtig op jou opinie. Dit sou so boring gewees het as ons almal dieselfde smaak gehad het. Maar laat ek jou een ding se, vir my sing Juanita fantasties. Haar musiek gee sommer hoendervleis, bemoediging en 'n huppel in my stap!
  55. Groenoog
    2010/07/12 06:15:38 nm
    @Susan.....Juanita het n stem en sy kan maar. Hoekom probeer jy nie sing nie dan kyk ons hoe vaar jy. Of is dit maar net jaloesie wat nou weer praat.......Los die vrou uit as jy niks goeds het om van ander te sê nie stel ek voor jy bly eerder stil. Jou opinie beteken buitendien niks nie.....Haar goue states is net nog n bewys van n vrou wat kan....So voor jy iets sê dink eers baie mooi oor wat jy sê.....
  56. DINA
    2010/07/12 04:45:27 nm
    SUSAN EN PETRUS FOFFIEKEKER IS DIT NIE MAR NET SUURDRUIWE NIE JULLE KAN SEKER NIE N WOORD SING EN NOU IS JULLE JALOERS OP N ANDER SE SUKSES JUANITA JY IS N PUIK MENS EN N REGTE VOORBEELD VIR BAIE MY INKLUIS GENIET JOU SUKSES JY VERDIEN DIT 1000%
  57. Irene Pearson
    2010/07/12 04:22:01 nm
    Wel ek gee nie om oor wat ander oor Juanita se of dink! Ek dink sy is 'n pragtige mens! En is mal oor haar musiek En as ek nie iets goeds oor iemad kan se dan bly ek liewer stil. Die wat dit beter kan doen 'go for it'....... Gelukkig verskil smaak....want hoe sou dit gewees het as ons almal eenders moes voel en dink....
  58. Poplap
    2010/07/12 04:11:59 nm
    Nou toe nou Susan en Petrus Foffiebeker. Linda is reg wat is fout met jou en Petrus my wereld kan jy nie iets goed en mooi waardeer nie. Ek dink julle twee is suur druiwe. JUANITA BO HOU SO AAN JY IS 'N STER. Ook 'n voorbeeld vir baie en kan net goed praat. Juanita jy is pragtig. HOU SO AAN
  59. Marcha Reed
    2010/07/12 03:00:46 nm
    Sy's ongelooflik!! 'n Inspirasie vir almal en 'n dierbare mens. Ons lief jou meer!!!!
  60. Susan
    2010/07/12 02:56:59 nm
    Ag aub Linda Juanita is nie die beste nie hoor sy kan maar gaan leer sing by Corlea of Nianell sy is glad nie almal se liefling nie hoor
    Koop maar haar CD's ek het nie een nie en sal ook nie een koop nie
  61. Petrus Foffiekeker
    2010/07/12 02:43:14 nm
    Ag nee o aarde toggie...sy kan dan nie eers 'n noot hou nie.
  62. emmie
    2010/07/12 02:18:32 nm
    juanita vlieg hoog
  63. Anika Le Roux
    2010/07/12 02:15:12 nm
    Dis n fantastiese liedjie Juanita jy is en bly PUIK !!! Jy is n insperasie Baie Dankie !!!
  64. Xante Coetzer
    2010/07/12 01:58:34 nm
    Ek dink dat die CD 'n 6/5 verdien. Tannie Juanita jy is 'n Engel en 'n wonderlike inspirasie vir elke mens en tiener daar buite. Lief tannie Nita elke dag net meer en meer! MWHA!!!!
  65. Elsie du Plessis
    2010/07/12 12:23:40 nm
    Juanita jys die beste ek is mal oor jou mis nie n cd of dvd van jou nie
  66. Koos du Plessis
    2010/07/12 11:50:25
    Ek is n pensionaris wat mal is oor afrikaanse musiek en sou graag TEMPO wou bly koop maar is nou te duur. Dis regtig jammer.
  67. LINDA
    2010/07/12 10:38:29
    juanita is die beste.