Ons kuier by Bobby en sy gesin

E-pos
Print
Musiek loop in hul are. Bobby van Jaarsveld, ousus Karlien en ma Ronél Brink.
Musiek loop in hul are. Bobby van Jaarsveld, ousus Karlien en ma Ronél Brink.

Hy’t die looks, die lyf, natuurlik die stem... En sy nuwe album, Net vir Jou, verkoop dat dit klap. Jy sou dus nie verbaas wees as Bobby van Jaarsveld dalk net ’n effense houdinkie aan hom het nie.

Maar nee, hier in sy ma se huis in Hartbeespoort in Noordwes is die 22-jarige sanger net nog een van die kinders.

En een met ’n rusper se aptyt. Met die instapslag groet hy vriendelik, gryp ’n stuk droëwors en plak homself op die rusbank neer. Kort daarna spring hy op en eet ’n handvol Milo-ontbytkos.

‘‘Ek is nie ’n skynheilige mens nie,’’ sê hy met daardie ondeunde seunsglimlag wat al soveel knieë laat knak het. Hy voeg vinnig by: ‘‘Dis soms moeilik om in die musiekbedryf ’n normale, gebalanseerde lewe te lei. Ek val, soos enigiemand sou, maar dan staan ek weer sterker op. My geloof help my daarmee.’’

Pa Bob en ma Ronél Brink is 15 jaar gelede al geskei en het albei weer getrou, maar hulle is steeds hegte vriende, en Bob het ook vandag kom inloer. Hy woon deesdae op Witbank.

‘‘Die belangrikste dinge wat ek my kinders wou leer, is nederigheid en ’n Christelike grondslag,’’ sê hy. Jy sien dit letterlik aan Bobby en ousus Karlien (24) – albei het kruise op hul gewrigte laat tatoeëer ter bevestiging van hul geloof, al wil Bobby nou syne laat verwyder “oor mens nie ’n simbool moet aanbid nie, maar die lewende Here”, sê hy.

Ronél en Bob kuier veral ná Bobby en Karlien se vertonings saam, want Karlien sing ook deesdae solo nadat sy lank in rockbands soos Die Melktert Kommissie kitaar gespeel het.

Musiek is beslis in Bobby en Karlien se gene, want Ma en Pa het op skool saam in ’n groep gespeel en Ronél het in 1989 as solosanger na die halfeindronde van die TV-musiekkompetisie
Debuut deurgedring, in dieselfde jaar dat die Coleske-broers ook deelgeneem en Danie Botha gewen het.

Die hele gesin – van Bob tot kleinsus Cara – speel kitaar. Deesdae bestuur Ronél haar kinders se musiekloopbane.

Lees méér in die herfs-uitgawe van Tempo waarin ook meer foto’s van die aantreklike Van Jaarsvelds verskyn.

Op die internet:
www.bobbyvanjaarsveld.co.za
Facebook-groep



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (23)


  1. suneldi
    2011/10/20 06:00:48 nm
    Bobby jys n amazing sanger jy kan maar!!!jy bly bO
  2. Nicolene Nagel
    2011/02/09 06:50:16
    EK IS MAL OOR JOU EN JY SOEN OOK LEKKER EK HET JOU IN RUSTENBURG GESIEN TOE JY OPGETREE HET BY LAER SKOOL DAVIDBRINK.EK IS MAL OOR JOU MESIEK EN JY MAG MAAR JY HET DIE LOOKS.......
  3. Corika
    2011/01/08 06:44:35 nm
    Ey bobby jy het regtig die looks en jy sing bja mooi. Is dit regtig waar dat jy die 7de januarid getroud is? As dit is bja geluk jy verdien die geluk!
  4. Irene
    2010/10/01 09:54:15 nm
    Bobby jy maak al die girls se kniee lam jho jy ht di looks rerig WOW wens daar kan sukke ouens wees soos jy!!!!
  5. Cobus
    2010/09/03 10:23:47 nm
    Arme Willemien, sy het duidelik nie 'n idee wat 'n Christen is nie. Bobby ons is trots op! Enige iemand wat so openlik kan praat van God en erken dat hy 'n kind is van die Here, is 'n ware Christen.
  6. Liami
    2010/07/28 11:11:11
    Ek is mal oor jou skoongesiggie. Hou aan glimlag soos wat jy altyd doen.
  7. Vanessa
    2010/07/14 09:45:06
    WOW!!!WOW!!!WOW!!! enige ma sal bars van trots...HOU SO AAN!!!!!!!!
  8. Mariette
    2010/07/13 02:53:51 nm
    Bobby - Onthou as die mense nie jou kritiseer nie is jy nie meer Belangrik nie. As hulle ophou praat moet jy begin "Worry". Jy is 'n Konings Kind en Hy sal jou deur jou hoogtes en laagtes dra. Ek sien uit vir die musiek DVD want daar is spesiale mense in my lewe wat daar ook in speel. - Willemien - luister bietjie meer van Bobby se liedjies en na die WOORDE daarvan dan kan jy dalk beter insigte kry. Hy is net so 'n mens soos ek, en jy. Onthou die hoogste bome vang die wind eerste. Kom ons bid liewer vir hom. My kinders is ook in die musiek industrie en ek weet waarvan ek praat.
  9. benny
    2010/06/29 02:56:18 nm
    So Pragtig!
  10. Rika
    2010/06/15 03:31:45 nm
    NET VIR JOU!!!! dIE MooiSTE liedjie ooit!.. Ek is mAL daaroor!
  11. Lindi
    2010/06/04 06:48:36 nm
    Bobby my dogter se muur is vol geplak van jou! Ek en sy is mal oor jou musiek, Hou so aan,
    Parow FANS!! Groete en Liefde
  12. Marisa van Staden
    2010/05/31 12:29:06 nm
    Bobby jy is 'n ongelooflike goeie sanger hou so aan en bly 'n kind van die HERE dis aan hom te danke as 'n mens goed vaar in die lewe. Ek kan nie wag om jou eendag op 'n show te sien nie hopenlik nog die jaar. Wanneer sing jy weer in Welkom?
  13. Elbie
    2010/05/18 11:51:29
    Bobby ek dink daar is niks verkeert om na Jesus se pragstukke te kyk nie, jy is geseënd en is 'n goeie voorbeeld vir baie jong mense daar buite! Ons almal val en die geheim is mos om weer op te staan en beter te wees so moennie na mense soos Willemien luister nie, jy mag maar want jy kan!!!
  14. Katherine Flemix
    2010/05/11 09:43:20
    Nog 'n Afrikaanse kunsternaar wat skoon lewe en nie elke week in die koerante is met dronk stories en meisies wat sy baba verwag nie! Los ons rolmodelle uit - Die Antwoord is nie wat ek my kinders aan wil blootsel nie - ek het darem nog 'n brein! Sulke jong manne en vroue soos Bobby van Jaarsveld en Gerhard Steyn is darem nog iets om jou TROTS te maak dat jy AFRIKAANS is!!! Hou so aan - ek dink julle is BRILJANT - en ek is seker julle ouers is ook trots om te se - "Kyk hoe mooi het my kind uitgedraai!"
  15. Deycia van der Merwe
    2010/04/18 03:19:55 nm
    Bobby hou aan met jou goeie werk! Jou ma het op haar tyd net so goed gesing! Jy was klein seuntjie toe het jou ma net so goed gedoen. Alle sukses vir jou en jou suster. Julle waardes en beginsels is reg en talent fenomonaal!
  16. MARNA
    2010/03/30 01:26:41 nm
    dit NICE HOU SO AAN
  17. Christel
    2010/03/16 01:37:33 nm
    Bobby - jy is FINOMINAAL. Jy is nederig - good looking en het 'n ongelooflike talent. Ek plaas jou nie op 'n podium nie, maar loof ons Hemelse Vader vir talent soos joune. Jy moet nooit toelaat dat mense jou verneder omdat jy 'n erkende Christus kind is nie. Sing spieeltjie en al jou ander liedjies uit volle bors, want jy KAN.....
  18. jan spietkop
    2010/03/10 08:03:48
    lekker fake fender....
  19. Wouter
    2010/03/05 10:41:57
    Ek het 'n voëltjie hoor fluit dat daar baie cool foto's van Jack Parow in die volgende Huisgenoot-Tempo gaan wees! En as hy goed is, dan sal hulle hom wel raakgesien het! Long live Parow.
  20. Janine
    2010/03/05 08:48:49
    WOW !!!
  21. WIllemien
    2010/03/03 06:40:07 nm
    Ek hou niks van sulke skoongesigseuntjies wat 'n klap van die heiligheid weg het nie. Huisgenoot moet eerder nie plek mors op sulke sogenaamde kunstenaars nie - staan eerder daai ruimte af aan werklike groot kunstenaars soos Jack Parow en Die Antwoord.
  22. Elize Meyer
    2010/03/03 01:41:25 nm
    Bobby, wanneer kom kuier jy bietjie hier in George?
  23. TIFFANY
    2010/03/03 12:17:25 nm
    BOBBY JY ROCK HOU SO AAN!!