Nicholis op spoed!

E-pos
Print

Rocker? Pop-ikoon? Opera-ster in wording? Nicholis Louw laat hom nie in ’n blik druk nie, en hy jaag nuwe drome na teen dieselfde spoed waarmee sy CD’s van die rak af vlieg.

Hierdie ou se ding is karre,maar hy vlieg omtrent met die spoed van’n Boeing deur die dae. Amper 20 keer per maand rock hy daai lyf op die verhoog, en omtrent elke jaar zirts hy ook deur ’n ateljee om ’n nuwe album op te neem.

En sy CD’svlieg net so vinnig vandie rakke af as wat Nicholis Louw rondrits. Sy nuutste, Energie, het maar verlede November die rakke getref, maar het reeds die dubbelplatinumkerf verby gesteek metverkope van digby 90 000.

En nou is daar boonop iets op die horizon wat die pop-ikoon behoorlik laat voel asof hy op ’n warm lugstroom sweef: Sy platemaatskappy, Select Musiek, het ingestem dat hy ’n klassieke album kan opneem.

“Ekhou vandie liedjies wat ek sing, maar jy moet sing wat verkoop.Ek wou nog altyd rock- en meer klassiekeliedjies sing, en nou het ek uiteindelik die kans,” vertel hy opgewonde.

Toe Select Musiek sê hy kan ’n hele album opneem met liedjies in die styl van Andrea Bocelli, het hy skoon ’n knop in sy keel gekry.

“Elke jaar op Huisgenoot-Skouspel is dit vir my ’n hoogtepunt as ek so ’n soort liedjie kan sing. Skouspel het ’n brug gebou sodat ek ook klassieke werke kan sing. En nou dat Romanz klassieke musiek weer gewild gemaak het, het hulle as’t waredie brug gesement.”

Lees die volledige artikel in die winter-uitgawe van HuisgenootTempo.

Op die internet:
- http://www.facebook.com/nicholislouw
- http://www.nicholislouw.co.za/



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (20)


  1. CHRISTINE GALLOWAY VAN GEORGE
    2010/11/11 09:44:09
    ek is die eerste een wat daai cd koop .jy kan enige iets sing gebruik dit my kind.doen net wat jy wil
  2. Natasha
    2010/08/05 10:15:26
    Nicholis jy rock, maak nie saak wat ander mense sê nie. Ek weet jy sing altyd uit jou hart uit!!!
  3. Vanessa
    2010/07/14 09:43:41
    Of jy Rock en of jy stilbly maak regtig nie saak nie, jy sing uit jou hart en dis wat ons wil hê, Select moet nou net instem tot jou Gospel CD......dit sal van die rakke afvlieg nuwe betekenis gee!!!!!!
  4. Theresa
    2010/07/06 05:02:35
    JY SAL ALTYD ROCK IN MY Oë, het al klomp shows gaan kyk hier in MOSSELBAAI/HARTENBOS, SAL DIT WEER EN WEER GAAN BELEEF. JY ROCK
  5. Joan Neethling
    2010/07/05 11:07:56
    Jy het dit !!! Kan sing en ons geniet altyd jou shows!!

    Joan,Adri en Carli
    Vredendal Bewonderaars
  6. Christelle Smit
    2010/06/28 04:44:41 nm
    Nicholis, daar is net EEN mens wat PURPLE RAIN kan sing soos jy, Prince se dinges!
  7. Ilze
    2010/06/18 04:38:43 nm
    Wonderlik, iets besonders om na uit te sien, laat my dink en verlang na mense wat ek nie ken as ek na jou luistr, maak my weer jare jonger voel.... Doe zo voort.
  8. Nenna van Rensburg
    2010/06/13 05:32:56 nm
    Nicolas, jy is so veelsydig en ek sal beslis jou klassieke album koop. Hou so aan en jy sal SA se gunsteling word. Baie dankie.
  9. carol nieuwoudt
    2010/06/08 02:22:29 nm
    Nicholas my kleinseun is 5 jar oud, maar jy is sy gunsteling sanger, veral jou liedtjie rock daai lyfie, maar dan is jy sy ma se gusnteling ook jy het vir haar in George op haar 21ste verjaarsdag toegesing, toe sy eerder jou konsert wou bywoon as om 'n partytjie te he!!!!!!!!! hou so aan jy sing werklik wonderlik en ek hoop dat Zander eendag die vooreg sal he om jou te kan ontmoet!!!!!
  10. Anni
    2010/06/02 11:15:32
    Trou materiaal
  11. Naomi
    2010/06/02 09:55:39
    Ek probeer nou an 6 jaar om n naam temaak in die musiek bedryf en dis moeilik, maar Nicholis laat dit so maklik lyk, ek dink dit voel goed om eityndelik rustig tevoel oor jou sukses
  12. Lettie
    2010/06/01 04:21:37 nm
    Jy is sommer cool!!!!
  13. Willemien
    2010/06/01 04:10:22 nm
    Dis seker al die steroids wat hom op spoed sit hahaha
  14. Marieta
    2010/06/01 12:22:03 nm
    Jy's maar net enig in jou soort, jy bly op spoed!!!! My favourite kunstenaar...
  15. suritha
    2010/05/31 09:13:02 nm
    Dit kan net iets besonders wees.
  16. suritha
    2010/05/31 09:11:01 nm
    Dit kan net iets besonders wees.
  17. Marina
    2010/05/31 12:56:35 nm
    Nicholis, as daar iemand is wat dit kan doen, dan is dit jy! Regtig iets om na uit te sien!
  18. Saartjie van den Bergh
    2010/05/31 12:54:34 nm
    Ek het Nicolas hoor sing saam met Jannie Moolman gedurende Kurt Darren se plaas konsert! En was ek aangenaam verras! Nicolas, go for it! En mag die Here jou stem seën uit die hemel!!!
  19. Christina
    2010/05/31 12:15:44 nm
    Dit is beslis iets om na uit te sien!!
  20. Charmaine
    2010/05/31 09:46:48
    Ai Nicholis - dit sal wonderlik wees om jou 'klassieke' kant te hoor - go for it!!!!