Lyk jy soos ‘n superster?

E-pos
Print

KEER mense jou in die straat voor en verwar jou met Snotkop? Of het jy Jay se sespak? Dalk Bok van Blerk se baard?

Of as jy ‘n vrou is tik mense jou soms op die skouer as jy by die poskantoor in die ry staan en vra vir jou handtekening oor hulle dink jy is Elizma Theron met daar lang blonde hare?

Hier is jou kans om daaruit munt te slaan. Want as jy soos ‘n bekende Afrikaanse sanger lyk, kan jy groot geld wen in Huisgenoot-Tempo se dubbelgangerkompetisie. Dis als baie eenvoudig, en beloof groot pret.

‘n Paneel kundiges by Huisgenoot-Tempo sal deur die inskrywings werk, en in die volgende uitgawe van HG-Tempo sal ons die finaliste plaas – en dan kan jy vir jou gunsteling stem!

Die sangers vir wie ons dubbelgangers soek, is:
Vroue
1 Cheree
2 Jennifer Jones
3 Patricia Lewis
4 Elizma Theron
5 Sonja Heroldt
6 Nianell
7 Andriette
8 Juanita du Plessis 

Mans
1 Bobby van Jaarsveld
2 Emo Adams
3 Theuns Jordaan
4 Nicholis Louw
5 Jack Parow
6 Bok van Blerk
7 Snotkop
8 Ray Dylan 

Skryf so in:
As jy dink jy lyk soos een van die Afrikaanse sangers – of as jy iemand ken wat soos een van die sangers lyk – skryf dadelik in! Stuur ’n digitale foto van ten minste 300 dpi, maar nie groter nie as 2 MB, na tempodubbelganger@media24.com.  Skryf Tempo-dubbelgangerkompetisie en die naam van die kunstenaar soos wie jy lyk in die onderwerplyn en maak seker jy beantwoord al die vrae op die inskryfvorm in jou e-pos.
Of KLIEK HIER, om die inskrywingsvorm af te laai.

Wat wen jy?
Die algehele dubbelgangerwenner wen ’n allemintige R10 000. Die naaswenner kry R5 000, en die derde plek se prysgeld is R3 000. As jy iemand inskryf vir die kompetisie, kom jy outomaties in aanmerking vir ’n gelukstrekking van drie pryse van R1 000. So as jy iemand ken wat lyk soos ’n ster – skryf hom of haar in!

Wie mag deelneem?
Enigiemand, maar jy moet bereid wees om afgeneem te word vir ’n artikel in Huisgenoot-Tempo. Maak seker jy verstaan die reëls – kyk in die kassie regs onder.

In jou e-pos-inskrywing moet jy die volgende inligting gee:
Volle naam en van
Soos wie lyk die persoon wat jy inskryf? Kies uit een van die bogenoemde sterre.
Jou kontaknommer (bedags)
Jou selnommer
Adres

Wenke
1. As jy ’n foto van jouself laat neem, probeer jou bes om soos die sanger te lyk. Stileer jou hare dieselfde, probeer dieselfde lyk. Elke bietjie help!
2. Stuur foto’s van goeie kwaliteit, en verkieslik in kleur.


KOMPETISIEREЁLS
Die kompetisie sluit op 22 Oktober 2010 om 17:00. Die finaliste en uiteindelike wenners sal in kennis gestel word. Foto’s word nie teruggestuur nie. Die aanwysing van die wenners is finaal. Die pryse is nie oordraagbaar nie. Geen werknemers (of hul gesinne) van Media24, Megaprom, die borge en hul reklamemaatskappye mag deelneem nie. Jy moet toestemming hê om die foto in te stuur indien jy iemand anders inskryf. Geen fooie sal vir gepubliseerde foto’s betaal word nie. Media24, Megaprom en die borge is nie verantwoordelik vir enige skade wat uit deelname aan die kompetisie kan spruit nie.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (6)


  1. Anèl
    2010/10/06 08:39:23 nm
    Waarom is Dozi nie op die lys. My seun sou beslis gewen het. Mense wil nie glo hy is NIE Dozi nie. Tot hy begin sing, dan glo almal hom!
  2. Barbara
    2010/09/22 12:48:17 nm
    Aai, my seuns en van my familie se ek lyk soos Juanita, en dis regtig n kompliment! Ongelukkig lees ek nou eers van die artikel, maar nou-ja hoopenlik is daar volgende jaar weer so kans
  3. Mariette
    2010/09/21 08:16:11
    My amper 4 jarige seuntjie is 'n regte mini Bobby van Jaarsveld! Het hom ingeskryf!
  4. Pieter
    2010/08/28 03:47:09 nm
    Mense se vir my dat ek soos Arnold Schearzenegger lyk, maar ek weet nie hoe sien hulle dit nie.
  5. Poppie Engelbrecht
    2010/08/26 12:26:56 nm
    Ek hoor dikwels en lyk soos Sonja Herrold of laat mense aan haar dink. Ekself kan nie die ooreenkoms werklik raaksien nie. Soms hoor ek ook dat ek soos Celine Dion lyk. Hoe die twee na mekaar lyk, kan ek ooknie sien nie. Dalk maak ek die tyd om 'n foto te stuur.
  6. lennette kotze
    2010/08/25 02:43:21 nm
    Het gewag vir die een was die eerste keer saam plaas toe in Namibia en ek het my man se neef daar ontmoet hy lyk op 'n haar net soos Theuns Jordaan. Ek dink as hul mekaar moet ontmoet sal hul saam stem hul het nogal die selfde lyftaal en is ook so beskeie,goed gemanierd!!