Kurt die rugbybaas

E-pos
Print

So opwindend soos die vermaakwêreld is, net so wispelturig kan dit wees – daarom het van ons bekende sangers besluit om ook in ander belange te belê. Kurt Darren het talle sakebelange en is ook 'n rugbybaas... hy vertel meer. 

Hy is en sal altyd ’n Blou Bul-ondersteuner bly, maar toe Kurt Darren die kans kry om ’n aandeelhouer in Boland Rugby te word, het hy dit aangegryp.

“’n Vriend, Renier Swart, het my genader en ek het toe saam met Victor Matfield en die Springbokafriger Peter de Villiers ’n aandeel van 50 persent in Boland Rugby gekoop. Dit was ’n maklike besluit, want ek het nog altyd geweet van ons land se beste rugbyspelers kom uit die Boland. Ons het groot drome en een van die dinge wat ons wil doen, is om Boland-spelers in die Boland te hou.’’

Kurt glo daar is baie ooreenkomste tussen Blou Bul-rugby en Boland-rugby. “Die kultuur is dieselfde. Dis mense wat passievol is oor rugby. Ek is baie lief vir die Boland – die natuurskoon, die wynlande en die mense.”

Hy het al ’n hele paar Boland-wedstryde bygewoon, en by een van die wedstryde vroeër vanjaar is ’n direkteursbaadjie op die veld aan hom oorhandig. “Ek gaan probeer om soveel wedstryde by te woon as wat ek kan,” sê hy.

Enigiemand wat Kurt ken, weet hy’s ’n ou met ’n slim sakebrein. Hy maak goeie beleggings en luister na die raad van sakemanne soos sy goeie vriend Whitey Basson, grootbaas van Shoprite.

“Ek is gelukkig dat ek mense soos Whitey in my lewe het. Ek is baie lief vir sing, maar ek wil nie vir altyd toer en vyf aande per week sing nie. Eendag sal ek ’n pa wees met kinders wat moet skoolgaan en dan sal ek meer by die huis wil wees. Daarom is dit belangrik om iets te hê behalwe sing.”

Lees in die lente-uitgawe van Tempo hoe ander kunstenaars ook die pot aan die kook hou!



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (13)


  1. Pauline
    2010/11/06 08:29:28 nm
    Kurt ek is trots op jou jy bly die beste '''''''''''
  2. leandi
    2010/11/03 12:11:34 nm
    Hey Kurt ek wil net vir jou sê jy skree vir die regte span. Ek hou baie van jou musiek en het sover al jou cds. Hou aan so mooi sing
  3. Joretha Herbst
    2010/09/13 05:52:56 nm
    Kurt, jy is my HERO. Ek is 60 jaar oud, maar jou musiek laat my bene bewe van lekkerte. Hou so aan en jy gaan nog baie CD's verkoop. Jy is 'n wonderlike voorbeeld vir die jongmense van vandag. Wees altyd so beskeie en opreg. Ek kyk uit vir jou volgende CD. Sterkte op die pad vorentoe.
  4. DEBS
    2010/09/09 02:31:07 nm
    MOOI SO KURT GENIET DIT
  5. Mariette
    2010/09/01 11:20:41
    Sommer 10/10 vir Kurt!!! Baie insiggewend & dink altyd aan die toekoms verder!!! Voorwaar my KAPTEIN 1000!! Baie trots op hom!!! Alles wat mooi is vir die toekoms!!
  6. drienie en kobus hitge
    2010/08/31 10:54:13 nm
    kurt ons hou van jou sing en jou program jugbox sondagande hoop jy komnog baie ver in jou loopbaan groete ons
  7. Amanda
    2010/08/31 03:45:34 nm
    Goeie besluit jy doen alles behoorlik nie halfpad nie
  8. Chrisum
    2010/08/31 01:42:34 nm
    Nee wat Kurt jou kop is sommer reg aangeskroef jong!!!!!!!!!!!!!!!!
  9. Sandra
    2010/08/31 01:38:46 nm
    Kurt ek het vir jou 'n rugbyspeler wat in SWD area skoolgaan! Almal wat hom sien en oral waar hy gaan se hy is die 2de John Smit! Hy kry net nie die regverdige kans op skool wat hy behoort te kry nie, maar die onderhoof van die spesifieke skool waar hy skool gaan glo hy gaan nog ver kom in sy rugby hy al gese hy nog nie iemand gesien wat so gedetermineerd is nie! Help asseblief die outjie is volgende jaar in matriek en ja,,,,,,,,,,,, miskien kan Boland hom na hul akademie toe nooi na skool!
  10. Bianca
    2010/08/31 01:32:58 nm
    Kaptein Kurt jy is en sal altyd die beste bly
  11. Alida du Plessis
    2010/08/31 01:23:19 nm
    My eerste keuse bly Boland. As jy eers jou provinsiale kleure in 'n streek behaal het verander jy baie moeilik van provinsie. So bly Wp dus my 2de keuse omrede ek eers Boland Kleure en toe WP kleure verwerf het. My eie broer Mannetjies is een van Boland Rugby se bestuurslede. Hy leef sport.
  12. Rina
    2010/08/31 12:31:55 nm
    Kurt dit is baie wys van jou om te dink aan die tyd dat jy kinders gaan he. Dan moet jy daar wees vir hulle. Jy is 'n baie verstandige man. Alles wat mooi is vir jou toekoms.
  13. Karien
    2010/08/31 12:29:24 nm
    MOOI SOOOOOOO KURT !!