Kollig: Karlien van Jaarsveld

E-pos
Print

MET haar lang bene en blonde hare is sy net so aantreklik soos haar broer. En wanneer sy ’n mikrofoon nadertrek en begin sing, besef jy Karlien van Jaarsveld hoef geen tree vir kleinboet Bobby terug te staan nie.

Haar debuutalbum, As die Gordyn Val, is pas uitgereik en musiekliefhebbers sal dadelik op haar heserige, sielvolle stem verlief raak.

Sy was voorheen lid van die rockgroep Revolusie, maar het teen die einde van 2008 daaruit bedank.

‘‘Ek het my hart vir die Here gegee kort nadat Revolusie se eerste CD uitgereik is. Soveel mense was in daardie stadium teleurgesteld in my, want ek het my soms met verkeerde dinge opgehou,’’ erken Karlien, ’n Pretorianer. ‘‘Ek het toe besluit om my lewe te verander.’’

’n Maand nadat sy besluit het om haar eie rigting in te slaan en haar op popmusiek toe te spits, het Mozi Records vir haar ’n platekontrak aangebied.

Sy het amper al die liedjies op haar album self geskryf en sê sy kry partykeer op die vreemdste oomblikke inspirasie. ‘‘Mense dink soms ek is ongeskik, want ek sal sommer in ’n restaurant my foon uitpluk en ’n liriek of wysie opneem om te keer dat ek dit vergeet.’’

Al is haar gunsteling-liedjie op haar album Rooi Ligte, het sy ook ’n sagte plekkie vir die album se titelsnit. ‘‘Ek het begin huil toe ek dit die eerste keer sing, want dis ’n emosionele liedjie.’’

Karlien sê sy is nie skaam om by Bobby vir raad aan te klop nie – hy het ’n goeie oor vir ’n treffer. Sy speel haar liedjies altyd eerste vir hom.

Maar hoe het dit gebeur dat boet en sus albei in die musiekwêreld beland het? “Ek het dit nooit as kind oorweeg om ’n sanger te word nie, maar ek en Bobby moes gereeld voor die res van die familie sing. Dan het hulle vir ons leë koeldrankbottels gegee en ons het dit by die winkel vir lekkergoed gaan omruil,’’ lag sy.

Wys jou net: Die Van Jaarsvelds se sangtalent én sakevernuf lê sowaar in hul gene!

BESPREKINGS: Bel 082-907-5203
PLATEMAATSKAPPY: Mozi Records
VERSPREIDING: Iris
VERJAARDAG: 21 Desember

WEN ’N CD
Vyf lesers kan Karlien se CD wen. SMS die antwoord, jou naam en adres voor 26 Augustus om 17:00 na 34922. Elke SMS kos R2. Vraag: Wie is Karlien se broer? Die borg is verantwoordelik vir die versending van die pryse aan die wenners binne ’n redelike tyd.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (20)


  1. suneldi
    2011/10/20 05:53:36 nm
    Jy is fantasties karlien mwah mwah lviz ya
  2. hestie
    2011/09/10 04:32:57 nm
    ek love die liekie ..................
  3. Madline
    2010/12/29 01:51:20 nm
    Karlien sing mooi ... maar jou volgende cd moet asb bietjie minder skool-liefde songs ophe (voel of elke tweede liedjie iets oor skool of skool (tiener liefde is) .... van ons het al vergeet ons was op skool .... jy kan hier by jou broer leer. Maar jou stem is baie mooi en ek glo jy gaan nog baie suksesvol wees.
  4. Megan
    2010/12/15 10:48:38 nm
    Ek het vir Karlien die 11 Desember gaan kyk by Buffelspoort en sy was vantasties
  5. Janine
    2010/10/17 07:54:35 nm
    Hi Karlien, eks mal oor jou swtdrmz baby. Wil bitter graag jou cd hè mar kry hom nerèns in ons dorp. Kan iemand my asb help.
  6. Janine
    2010/10/17 07:52:37 nm
    Hi Karlien eks mal oor jou swtdrmz baby, wa kan ek jou cd kry? Ek kry hom nerèns in Newcastle ni.
  7. Nicolene
    2010/09/17 03:07:53 nm
    wow!!!! love die CD!!! mal daaroor!!! daar is so baie songs waarvan ek hou ek kan net nie een kies nie!! kanie wag vir die volgende een nie!! u rock gal!!
  8. Uber.Ig
    2010/09/14 12:25:23 nm
    Ek wil met jou trou !!!!! Is mal oor ROOI LIGTE en AS DIE GORDYN VAL - maar SES SNARE is vir my ongelooflik sexy !!!!!!!!
  9. Ver0nica
    2010/09/09 03:16:42 nm
    Ek is mal 00r "Sweet Dreams Baby " die is 'n baie nice song!!!!
  10. Sarenè
    2010/08/27 06:17:47 nm
    Hi Karlien.
    Ek is seker ju en ju broer se GrOOOOOOtSte fan.
    ju cd ia amazing en is mal oor Sweet Dreams en Feeverhaal!!!!
    Groete.
  11. Matt
    2010/08/25 03:37:45 nm
    Liewe tyd julle klink soos n plaat of cd wat vasgehaak het. Get a life man.
  12. Cindy Belcher
    2010/08/23 01:03:50 nm
    Ek love jou Sweet Dreams song!!!!!!!!!!!!!
  13. Kosie
    2010/08/22 09:58:26
    Sy kan sing en sy's 'n babe!
  14. Marizelle
    2010/08/21 10:33:58 nm
    Karlien jy is awsum...asook ju broer!En love jul musiek!
  15. Marizelle
    2010/08/21 10:33:35 nm
    Karlien jy is awsum...asook ju broer!
  16. Jessica
    2010/08/21 05:53:31 nm
    Ek is mal oor Karlien en haar broer!! Hulle 2 se stemme kompliementeer mekaar fantasties
  17. Zela
    2010/08/18 05:12:55 nm
    Geen liedjie is better as 'as die gordyn val' nie! I love it!
  18. Lorraine
    2010/08/18 01:24:38 nm
    Mal oor die liedjie 'as die gordyne val'!