Jay nou 'n solo-ster

E-pos
Print

Hy het dikmond agter in die motor gesit, daardie dag in 1986 toe hy saam met sy ma, suster en twee broers die klein dorpie in die Oos-Kaap binnegery het.

Welkom/ Welcome in Lady Grey, het ’n groot bord langs die pad hulle begroet. Maar Jay du Plessis het allesbehalwe welkom gevoel.

Deur die motorruit het hy die skool, ’n kafee en ’n winkeltjie gesien, ’n vulstasie en ’n paar huise. Stofstrate het dieper die dorp ingestrek.

Hier eindig my lewe nou, het die negejarige knaap treurig gedink. Want deur die motorruit het Lady Grey heeltemal anders gelyk as die heelwat groter Vrystaatse dorp Harrismith waar hy die vorige jaar as st. 1-seun ’n klomp pelle gehad het.

‘‘Min het ek toe geweet dit was die begin van ’n ongelooflike kinderlewe op ’n ongelooflike dorp – ’n plek waar mense mekaar nog help,’’ vertel Jay (33) vandag.

En hier sou die bekende lid van die groep Eden en deesdae ook solokunstenaar se liefde vir musiek ontkiem, ‘‘alles te danke aan my musiekonderwyser, juffrou Ronél Henning’’.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (9)


  1. chane grobbelaar
    2012/01/22 01:32:46 nm
    Baie dankie vir goeie musiek. ek is mal oor jou jay. hoop jy maak nog baie musiek jay
  2. Juanri Pretorius
    2011/04/11 04:36:15 nm
    JAY JY IS TOPS..EK LOVE JOU MUSIEK..JY IS DIE BESTE. KEEP THE CD'S COMMING
  3. Sandra Conradie
    2011/03/20 08:13:11 nm
    Jay, jy is 'n wen-resep! Sexy verby, sing ongelooflik en verhoog persoonlikheid (wat nie baie het nie) Het jou vir die eerste keer by Emperor's Palace gesien met Annique Premiere en was dadelik beindruk. So bly gewees om jou by Skouspel Plus ook te sien. Maak nou vir jou "fans" 'n DVD asseblief!!
  4. Annamarie
    2010/12/07 03:09:32 nm
    Fantasties JAY. Hou so aan!!! " Toe stop my hart" is ook 'n wenner!!
  5. Elaine Steyn
    2010/11/02 03:12:20 nm
    Jay is `n fantastiese sanger. Ek het hom vir die eerste keer gehoor toe ek na die musiekvideo "Lianie May ft. Jay - Toe stop my hart" luister. Ek hoop hy kom nog baie vêr is sy sangloopbaan!
  6. Nancy Joubert
    2010/08/27 10:02:30
    Ja ek hou ook van sy sang,jy gaan nog ver kom! dankie huisgenoot vir al die lekker leesstof !
  7. Heila Louw
    2010/08/27 02:55:09
    Hy is n fantastiese sanger! Sterkte met sy solo sang loopbaan!!!!!
  8. eric hoskens
    2010/08/26 11:02:34 nm
    He kop op, Chris jou broer my vriend vind jou het beste!
    Ik als nederlander vindt jou muziek ook goed dus verder doorgaan en veel geluk man ;-)
  9. Lerina Potgieter
    2010/08/24 07:05:08 nm
    Huisgenoot, jul is puik. Dankie vir die lekker rubrieke. Ek het dit geniet. Hou so aan. Jul is tops!