Jack Parow: Niks is cooler as ekke!

E-pos
Print

Ons weet nou al hy sit nie sy mond aan Yves St Laurent sigarette nie. So sing hy mos in daai song van hom Cooler as Ekke. En lite bier? Moenie laf wees nie. Die Afrikaanse rapper Jack Parow (28) is die überkoel man met die brandewyn in sy glas, die kenmerkende langpuntpet op sy kop en bonkige Mr T-ringe aan sy vingers. En natuurlik, soos hy self sê, “die ou met die snor by die bar”.

“Ek is gebore met ’n snor, man. En ek sal dit newwer as te nooit afskeer nie; dis dan so ’n mooi snor,” sê die man wat deesdae musiek maak saam met DJ Naaldekoker en ’n videojoggie genaamd DDCups aan sy sy.

“Sexy korrek” noem jy sy musiekstyl, vertel hy oor ’n koppie swart koffie met twee suikers terwyl hy aan ’n muffin met kaas en konfyt weglê.

Terloops, wat is die storie met die langpuntpette, gangster-ringe en kleurryke frokkies wat hy so graag dra?

“Ek laaiks dit; dis gevaarlik,” sê hy gou, en ingeval jy wonder: Jack se “gevaarlik” beteken eintlik dis koel. Sy ding met rap kom al ’n hele ruk lank aan; hy luister al vandat hy 12 is daarna.

Sy heel eerste musiekvonds was hoeka die amerikaanse rapper Snoop Dogg se album Doggy Style en die liedjies het hy word vir woord saamgesing, sê die musiekman wat sy hele lewe lank al agter die boereworsgordyn woon – daar in die noordelike voorstede van Bellville buite Kaapstad, die enigste haan onder die henne – hy het twee ouer sussies, Tasha en Tanya.

Lees meer oor Jack Parow in die winter-uitgawe van HuisgenootTempo.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (6)


  1. Keith
    2012/01/07 03:23:22 nm
    awe bro parow jys gevaarlik verby. word president
  2. Christine
    2010/08/28 11:38:36
    Ek dink Jack is owsume, en as jy nie van sy musiek of hom hou nie , moet dan nie oor hom comment nie..
  3. Benita
    2010/07/23 09:11:13
    Jack Parrow se musiek is commin!! So mors ek nie my tyd of geld op musiek soos die nie!
  4. Susan M
    2010/07/13 02:59:03 nm
    Irene, Jack Parow is ZEF. Moerse verskil.
  5. IRENE
    2010/07/10 11:00:58
    Jack Parrow is commin !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
  6. brian boucher
    2010/06/04 07:58:43 nm
    jack jy is my hero bra.hoop jy rap nog lank.en diemnse wat stront praat van jou en diskrimieneer en kritieseer sal hulle dag kry ou maat.sterkte hoop jy word nog groot oor die wereld.trots zuid afrika