Hart van Windhoek-fees - kaartjies te koop!

E-pos
Print

Kaartjies vir die Hart van Windhoek-fees, wat 15-16 Oktober in Nambie plaasvind, is nou te koop! Twee gelukkige Suid-Afrikaners en hul metgeselle kan ook kaartjies wen, wat reis- en verblyfkostes insluit.

Kaartjies

Kaartjies is by alle Shoprite-takke met Computicket-sisteme te koop. In Windhoek is dit by alle LeoCell takke ook te koop. Dis is ook verkrygbaar by www.computicket.com of  www.ticketbreak.co.za.

Kompetisie

Twee gelukkige Suid-Afrikaanse lesers en hul metgeselle kan gratis daarheen reis!

Het jy ’n geldige Suid-Afrikaanse paspoort? Dan hoef jy net die woord HART gevolg deur jou antwoord op die volgende vraag en ook jou naam en adres na 34922 te SMS.

Vraag: Van watter land kom Juanita, Nianell en Stefan Ludik oorspronklik?

Die kompetisie sluit op Vrydag 27 Augustus om 17:00.

Jy kan soveel keer deelneem as wat jy wil. Elke SMS kos R2.

Jy moet die geregistreerde eienaar van die selfoonnommer wees wat jy vir jou deelname gebruik of die wettige eienaar se toestemming daarvoor hê.

•    Ingesluit by die prys: ’n Retoervlug vir twee vanaf Kaapstad Internasionaal of OR Tambo  Internasionaal in Johannesburg, verblyf in die luukse Erindi Lodge naby Windhoek met drie maaltye, alle drankies, ’n wildrit, vervoer van en na die lughawe ingesluit.
•    Uitgesluit: Wenners en hul metgeselle is verantwoordelik vir hul eie visums.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (20)


  1. Lezaan Le Roux
    2011/09/07 09:36:43 nm
    Ek dink dit gaan die jaar groot wees en ek gaan verseeker dit gaate uit geniet ,want afrikaans is my taal en ek is trots daar op !!!
  2. Moira Holder
    2010/09/30 12:45:38 nm
    Wil net graat weet watter tyd maw hoe laat begin die kunstenaars optree, het nog ander afsprake ook, sal bly wees as julle my kan mail en laat die tyd deurgee.
  3. Patricia
    2010/09/14 10:01:43
    Dit is goed dat so iets groots weer Whk toe kom...hier is BAIE wat van hierdie soort musiek van hou :o)
    Ek sal my familie graag wil bring...hoop dit sal nie te warm word nie :o}
  4. Naldi van Niekerk
    2010/08/23 07:40:49 nm
    MY TAS IS GEPAK!!!!! Lekkerrrrrrr
  5. Joewina Lange
    2010/08/19 08:10:28 nm
    Dit gaan n lekker fees wees!!! Dankie dat julle dit WHK toe bring!!! KANI WAGI!!!
  6. Heila
    2010/08/19 02:45:29 nm
    Ons gaan ruk en rol...hieee...haaaa!!! Kan nie wag. Dit gaan n' fees wees en glo ons, julle sal beleef hoe die Namibiese mense kan pret he! Kom beleef ons wereld saam met hierdie heerlike fees wat eindelik na ons gebring word! Dankie Huisgenoot!
  7. Johan van Wyk
    2010/08/19 09:49:25
    Ek is gek oor Namibië! Net jammer die prentjies op die tv maak nie op vir die begeerte om die land te beleef nie!

    PS: Ek sms baie! My dokumentasie is reg en my tas is gepak. Het ek al gesê ek sms baie?
  8. MARLENE
    2010/08/18 09:50:27 nm
    EK WIL NET SE DAT DIT N WONDERLIKE DING IS WAT MET ONS IN NAMIBIE GEBEUR. ONS HET DIT WERKLIK BAIE NODIG. BAIE BAIE DANKIE DAAR VOOR. MAG DIT SO N GROOT SUKSES WEES DAT DIE MENSE ELKE JAAR MEER EN MEER DAARNA SAL UIT SIEN. ROOI DUIN GROETE.
  9. anza jacobs
    2010/08/17 03:38:32 nm
    Wie tree almal op by die fees?
  10. Sharon Geldenhuya
    2010/08/17 01:18:40 nm
    Sal wat wil gee om Namibie toe te kan gaan. Was nog nooit daar nie en se altyd sal graag voor ek dood gaan daarheen wil gaan. Dit lyk altyd so prentjie mooi as jy fotos van Namibie sien. Maar nou ja, kom ons wag en sien wat gebeur.
  11. Anel Halgreen
    2010/08/16 10:01:13 nm
    Ek is ook in Namibie gebore, Outjo, en het groot geword in Windhoek en toe in Keetmanshoop voordat ons SA toe verhuis het. Ek mis die plek vreeslik. Elke keer as ek daar gaan kuier het nadat ons verhuis het het ek rus vir my siel gekry totdat ons oor die grens SA toe teruggery of gevlieg het. Dit bly maar net my land, my tuiste en my hart. Ich liebe Sudwest.
  12. Christa Viljoen
    2010/08/16 09:29:13 nm
    Ek was laas in 1980 in Namibie. Dis 'n droom om die land weer te besoek. Die tyd wat ons daar was was die wonderlikste 3 en half jaar.
  13. Pieter Henning
    2010/08/16 08:23:20 nm
    Ek is in Windhoek gebore en in Otjiwarongo in Sub A en B. My Pa was al in 1927 'n polisieman in Namibie. Sy eerste "voertuig" in die polisie was 'n kameel. Het nog baie familie daar. Wat 'n land. Ek verlang na Waterberg en Swakop
  14. Sanet Marais
    2010/08/16 07:42:15 nm
    Ek het in Namibia gewoon en werk vir amper 5 jaar en dit was die lekkerste tyd van my lewe. Daardie is mens mense en het geen hoogmoed in hulle nie. Sal nie omgee om weer daarheen terug te gaan nie.
  15. Alida De Villiers
    2010/08/16 05:27:49 nm
    Dit sal nou vir my n wonderlike geskenk wees vir my verjaarsdag,wil so graag Namibie en ander lande besoek maar as weduwee is alles nie moontlik nie en moet elke pennie omgedraai word.
  16. Annalene Silver
    2010/08/16 04:11:24 nm
    Ek is in Namibia gebore en was jare laas daar. Elke keer as ons beplan om soontoe te gaan val daar iets voor. Ek hoop ek wen..........................sal maar baie sms........................en hoop vir die beste.
  17. Annalene Silver
    2010/08/16 04:00:37 nm
    Ek is gebore in Namibia en ek verlang baie terug soontoe.Ek hoop ek wen die kaartjie want ek was jare laas daar.Elke keer as ons beplan om soontoe te gaan val iets voor!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!Ai ek hoop ek wen!!!!!!!!!!!!Sal maar baaaaaaaie keer sms.
  18. Annatjie Pretorius
    2010/08/16 03:07:54 nm
    Namibiee
  19. Elize van der Walt
    2010/08/16 12:16:35 nm
    ek was nog nooit in Namibie nie en wil sooooo graag gaan so ek hoop ek wen die kaartjies!!!
  20. Alet Swanepoel
    2010/08/16 11:56:47
    Dit sal die wonderlikste ding wees wat nog ooit met my sal gebeur ek was nog nooit in Namibia nie