Eden se sexy pappas

E-pos
Print

Hulle is steeds onmiskenbaar Eden. Pure sexy boy band. Die ene lywe. Jeugdige energie wat die verhoë laat ratel en dreun.

Maar vir Johan Vorster, Jay du Plessis en Paulo Azevedo is jillende aanhangers en vroue wat hul onderklere na die verhoog slinger deesdae bysaak. Die manne het net oë vir hul skattige woelwaters. Dis die nuwe Eden hierdie – die paradys het intussen voller geraak en dis ’n baie vrolike plek.

Op Paulo se been bons sy seuntjie, Kai, wat op 11 Augustus verlede jaar gebore is. Hy dink terug aan hul heel eerste vertoning ’n dekade gelede. ‘‘Daar was omtrent 20 mense,’’ vertel hy. ‘‘Meer vriende as enigiets anders.”

Johan se oë bly dwaal na sy seun, Joshua (2), wat op die klimraam agter hom baljaar. Hy wil die storie daar los, maar Jay las blitsig by:  Johan het naar geword ’n halfuur voor hulle op die verhoog moes wees.

Jy kan jou sulke tye skaars nog indink, want dis 10 jaar later en Eden is steeds aan die gang – hulle het pas ’n CD uitgereik om dit te herdenk: Die titel is heel gepas Dekade.

Baie het in die 10 jaar verander. Die boys het voor hul aanhangers se oë mans geword: pa’s en sakemanne.

‘‘ ’n Mens kan seker sê ons is by ’n kruispad,’’ meen Jay. Sy seuntjie Samuel is in September gebore en lê rustig in ma Mia se arms en fopspeen suig. Hul ander spruit, die driejarige aidan, Mia se kind uit ’n vorige verhouding, kerjakker saam met Joshua op die klimraam.

‘‘Ons gesinne is nou die belangrikste ding in ons lewe,’’ sê Johan.

En ons is meer volwasse; ons lewe gaan nie meer net oor partytjies nie. Nou praat ons voor vertonings oor Huggies en die uitverkoping by Baby City.’’

Lees ons volledige artikel in die winter-uitgawe van HuisgenootTempo. Kyk ook ons gallery van ons fotosessie met die manne van Eden.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (9)


  1. Lezette Taljaard
    2010/11/17 07:36:53 nm
    Boys, jul is tops - hou so aan en dankie vir die voorbeeld wat jul vir anderstel. Sien altyd daarna uit om iets van jul te lees en so af en toe te sien as jul in die Kaap is.
  2. christiaan du plessis
    2010/08/28 10:51:53
    julle ek mis julle
  3. Essie Oosthuysen
    2010/07/06 12:28:19 nm
    Julle groep sal altyd my gunsteling bly!!!! Johan, ek het jou en Rennie by die KKNK in Oudtshoorn van 2007 ontmoet. Ons het in dieselfde huis gebly. Ek was toe Rolo se PA. (Ouma Es het Rolo my genoem, omdat ek toe ouma was van 'n tweeling seuntjies - Edwin en Ryan) Hulle word op 16 Augustus 5jaar. Daar is net niks wonderliker as kinders en kleinkinders nie. Julle was toe nog net verloof. Die oulikste 2 mense. Ek het sommer geweet julle sou oulike ouers wees. Joshua is pragtig! Geniet hom, hoor! Hoop om nog sommer BAIE van Eden te hoor en te sien!
  4. Germaré Ferreira
    2010/07/01 05:12:44 nm
    Dankie vir die pragtige foto's wat jul met ons gedeel het.
    Julle het die oulikste kiddies. Julle musiek rock en ek geniet altyd julle musiek.
    Kan nie wag om julle weer in aksie te sien nie.. Baje geluk met jul Dekade cd, dis PUIK...
    Hou so aan , wnat ek wil vir die volgende 10 jaar nogsteeds na jul musiek luister :-)
    JULLE ROCK
  5. Madelein
    2010/07/01 04:26:25 nm
    Julle ouens rock dankie vir die goeie show by presleys Vrydag en vir die cd wat geteken is Johan jou seuntjie lyk nes jy watch out world
  6. Rene de Koning
    2010/06/20 05:54:32 nm
    Ek dink julle is stunning en dat julle nog baie lank gaan optree. Al drie is sexy ouens, ek julle kan maar jul lywe swaai! Baie geluk op 10 goeie/harde jare, die volgende 10 gaan makliker wees. Well done.
  7. Elna
    2010/06/04 04:10:57 nm
    Julle lyk almal te skattig, hou dit asb nou so!!! Moenie dat ons ook oor jaar of twee die teenooergestelde lees van ander verhoudings ens nie, onthou die kinders ly op die ou end die meeste en ons aanhangers wil nie weer eens teleurgesteld wees in ons sterre nie!!!!!!
  8. Maryna Oosthuizen
    2010/06/02 09:41:28 nm
    Julle is my beste sang groep.. Julle musiek is uit di boonste rakke.. En jule het di mooiste en oulikste kinders.. Jule is n mean team en jule rock... Jule sos een groot family wat vi als en almal omgee.. Hoop die Eden groep gaan nog n groter sukses wees.. Want jule het n wil...jul vrouens is die gelukkigste mense op aarde.. Bewaar die Eden mans want hule kan gat skop in di musiek bedryf... Go EDEN...
  9. jennilee sale
    2010/06/02 04:59:34 nm
    Lovely photos and article about Eden...love the boys and their boys! Wish them all the happiness in the world xx