CD: Pêrels, Sonja Herholdt

E-pos
Print

Die legendariese Sonja Herholdt se debuutalbum is in 1975 uitgereik, en ná meer as drie dekades sing sy nog net so ongelooflik mooi.

Pêrels, haar eerste kommersiële album in 10 jaar, is pas uitgereik en daarmee keer sy met mening terug.

Op die eerste CD van die dubbelalbum is 16 van haar bekende treffers soos Jantjie, Harlekyn, Waterblommetjies en Ek Verlang na Jou, en op die tweede CD 11 nuwe en meer onlangse liedjies.

Rudi Claase van Rudi en Corlea-faam het van die mooiste liedjies daarop geskryf.

Sonja en haar seun, Simeon, sing ook ’n duet, Ons Vlieg Saam. Die album hoort op elke liefhebber van Afrikaanse musiek se rak.

Ons dink: 4/5



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (6)


  1. Jolani
    2010/08/05 11:10:03
    Hallo daar, Van kleins af was Sonja vir my 'n idol. Ek het die nuwe cd gekoop en sy het my glad NIE teleur gestel nie. Al die songs daar op is vir my die en sy sing dit met gevoel. Perels laat my elke keer 'n sneusie nader trek on 'n orige traan weg te vee.

    Sonja die album is iets om op trots te wees ... wel gedaan.
  2. Wilna
    2010/07/15 02:09:01 nm
    Vir my is dit fantasties. Perels is so dit voer jou weg, dankie Sonja, Groete uit Vilanculos Mozambique
  3. Hugo
    2010/06/21 10:38:10
    Sonja - jy bly die prinses van Afrikaanse musiek. Dis darem hoogtyd dat Huisgenoot hou vereer op Skouspel of wat sê ek? Miskien hou hul die beste legende vir laaste in Jaar 2010 - .....
  4. zelna potgieter
    2010/06/14 10:43:17
    Hi Sonja jy is 'n stunning mens. Jy maak almal in Potgietersrus Trots om te kan se jy kom van ons klien dorpie af. Baie Dankie vir jou wonderlike sining op die lewe ek kyk op na jou.
  5. Ron
    2010/06/02 10:06:15 nm
    Sonja jy bly nog bie beste, ek ken jou al van Alberton se dae af
  6. Wouter
    2010/06/02 03:17:17 nm
    Hierdie CD is wonderlik !!- en verdien 5/5.