Beste liedjies... die finaliste!

E-pos
Print

VAN ’n skreeusnaakse liedjie oor twee boesempelle wat wil leeus jag tot aangrypende liefdesballades tel vanjaar onder die room van die meer as duisend inskrywings vir Huisgenoot se liedjieskryfkompetisie. En of jy nou ’n traan wil stort oor verlore liefde of splinternuwe danspassies wil uitvoer, een ding is seker: Hier kom ’n hele paar groot nuwe treffers!

Die gehalte van die liedjies en lirieke vir Huisgenoot se derde liedjieskryfkompetisie het selfs ons en die beoordelaars se stoutste verwagtinge oortref. En daar’s iets vir elke smaak onder vanjaar se top-10. Benewens die leeujag- en liefdesliedjies is daar ook twee kuierliedjies oor nuwe maniere van dans, nogal die bakgatboogie en die tarantula!

“Dis opvallend dat die inskrywings baie eklekties was – daar was disko-, pop-, rock- en folkliedjies en ook boeremusiek en ’n paar inheemse liedjies,” sê die musiekpromotor Heidi Edeling, sameroeper van die beoordelaarspaneel. Sy is ook uitvoerende vervaardiger van die album met die top-10-liedjies wat later vanjaar uitgereik sal word.

“Die standaard van vanjaar se inskrywings was hoër as in vorige jare. Mense het moeite gedoen met hul inskrywings.”
Sy sê die liedjieskryfkompetisie skep duidelik ’n platform vir musiekliefhebbers wat professionele liedjieskrywers wil word.

“Twaalf van die mense wat ’n plek onder die top-52 behaal het, het meer as een liedjie daarin. Vyf van die liedjies in die top-10 is deur mense geskryf met meer as een liedjie onder die top-52 . Dit wys hierdie mense is ernstig oor liedjies skryf en beskou dit as ’n potensiële loopbaan.”

Heidi sê die slypskole wat in Kaapstad, Centurion, Port Elizabeth en Johannesburg gehou is, het aspirantskrywers baie gehelp. Twee van vanjaar se finaliste was by ’n slypskool en het daar hul liedjies leer poets.

En as ’n mens na die liedjies van vanjaar se finaliste luister, weet jy dadelik dis maar net die begin van hul musiekloopbaan. Die toekoms vir hulle lyk blink!

En die finaliste is . . .  vind uit in die Huisgenoot van 17 Junie 2010



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (3)


  1. Bettie
    2011/07/09 07:31:53
    Juanita is n vrou wat musiek ken
  2. sexy lady
    2011/06/21 05:49:43 nm
    Hou baie van jou liedjies en jy oulik. Dewald Dippenaar
  3. angelique van wyk
    2010/06/28 12:31:06 nm
    you go Bobby