Huisgenoot het die groot sterre van die Afrikaanse musiekwêreld Dinsdagaand vereer met die aankondiging van die Huisgenoot-Tempo-wenners vir 2010.
Net albums en musiekvideo’s wat tussen 1 Mei 2009 en 30 April 2010 in die handel uitgereik is, het tydens die beoordelingsproses in aanmerking gekom.
Die Tempo-eerbewyse, waar Nicholis Louw as die gewildste manlike kunstenaar en Juanita du Plessis as die gewildste vroulike kunstenaar aangewys is, is die belangrikste toekenningsplegtigheid vir die Afrikaanse musiekbedryf.
By hierdie geleentheid is die wenners van vanjaar se Huisgenoot-Liedjieskryfkompetisie ook aangekondig. Die doel hiervan is om nuwe liedjieskryftalent in Afrikaans te ontgin.
Die wenners is:Alternatiewe musiekvideo van die jaar saam met MK: Jan Blohm – 7 JaarDVD van die jaar: Juanita du Plessis – 10 Jaar PlatinumtreffersMusiekvideo van die jaar met kykNET: Lianie May – Toe Stop My HartGewildste gospelalbum: Romanz – Ek Sal GetuigGewildste humor- / komedie-album: Sorina – Hoezit My TjommaGewildste kindermusiekalbum: Carike Keuzenkamp – Carike en GhoempieGewildste kontemporêre album: Rudi en Corlea – DromeGewildste kopskuifalbum: Willim Welsyn – MaanplaasGewildste popalbum: Bobby van Jaarsveld – Net vir JouGewildste rockalbum: Jan Blohm – 7 JaarGewildste sokkie- of dansalbum: Kurt Darren – Die Beste MedisyneGewildste tradisionele musiekalbum: Die Penkoppe – Jeug-erfenisGewildste nuweling: Rudi en Corlea – Ons Lieflinge/Our DarlingsGewildste manlike kunstenaar: Nicholis LouwGewildste vroulike kunstenaar: Juanita du PlessisGewildste liedjie: Bobby van Jaarsveld – SpieëltjieTopverkoper van die jaar: Bok van Blerk – Afrikanerhart
Huisgenoot-LiedjieskryfwennersMusiek- en liriekwenner: Nikka – Baby, Baby, Baby Musiek- en liriekwenner (2de plek): Waldo Greeff – Is Dit Jy?Musiek- en liriekwenner (3de plek): Martiens Joubert – BakgatboogieLeserskeuse: Waldo Greeff – Is Dit Jy?Liriek: Dave Lubbe – WenseSien al die foto's in die Huisgenoot van 5 Julie 2010. Kyk ons video's hieronder - en KLIEK HIER vir nog video's van die aand!Video onderhoud met Nicholis Louw Video - Onderhoud met Juanita du Plessis
Tuisblad | Kontak Ons | Gebruikersooreenkoms | Bepalings & Voorwaardes | Adverteer | Registreer
You | Tempo | DRUM | Nuus24
Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou.