Survivor se ongewilde Craig

  •  
  • 1
     Hou van
  •  
  • 6
     Hou nie van nie

Hy was die mees gehate man op Santa Carolina, want hy het sy mede-deelnemers gedurig die hoenders in gemaak. Van die oomblik dat Craig Jacobs in Mosambiek aangeland het, het hy Survivor se beterweter geword, oor almal baasgespeel en die leier van die groep probeer wees.

Die eertydse glansjoernalis, deesdae mode-man, het toe net nege dae oorleef voor sy stam, Chibudu, hom eenparig die stewel in die sitvlak laat voel het.

En wat dink Craig, hoe lyk hy vir homself op TV? ‘‘Ek het gedink dis ongelooflik snaaks,’’ sê hy. ‘‘Dit is immers werklikheidstelevisie en vanselfsprekend word dinge so geredigeer om karakters te skep. Ek was net myself, nie ’n ander mens voor die kameras nie.”

Is hy dan in die regte lewe ook so baasspelerig? “Ek is ’n vasbeslote mens, daarom kan ek dalk ietwat baasspelerig voorkom. Ek het sterk menings.’’

Craig (35), die eienaar van die geleentheidsonderneming Sty(list)A en kreatiewe direkteur van die klerehandelsmerk Fundudzi, erken hy was ’n bietjie naïef. As hy alles kon oordoen, sou hy hom ingehou het.

Maar die noodlot het ’n stok in die wiel gesteek toe hy en Kaseran Pillay kamtig uitgestem is, maar toe gevra is om die twee spanne, Chibudu en Timbila, te kies.

Al het hy ’n band met GiGi gevorm, is sy hoop op ’n alliansie gou verydel toe Christina Storm en Jub Jub kort ná mekaar die pad gevat het.

En terwyl sy stammaats gesê het hulle het Craig uitgestem omdat hy so lui is, ontken hy die aantyging prontuit.

Kos was ’n groot probleem vir Craig. Weens ’n lewensgevaarlike allergie vir jodium kan hy sekere seekosse nie eet nie.

Survivor was moeilik, ja, maar niks vergeleke met wat hy die laaste paar maande deurgemaak het nie. Sy pa, Denzil, is op 15 Januarie aan leukemie dood, dae voor Survivor op M-Net begin het.

Dit was ’n bedekte seën dat hy ná nege dae uitgestem is, want so kon hy sy pa se sterwenswens bewaarheid en hom terug huis toe bring om sy familie in Durban te besoek.

Lees die volledige artikel in Huisgenoot van 11 Februarie.


Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (2)


  1. PG

    Mich1 month ago

    Hy moes nooit in Survivor gewees het nie.
  2. PG

    NH1 month ago

    En wie de hel is Craig Jacobs nou eintlik? Meeste van die mense op Survivor is has beens of wannabe celebs! Helfte van die mense het ek nog nooit van gehoor nie.
Bladsy 1 van 1


Jou naam: Jou e-posadres:
  1. PG

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities