Survivor se Ashley sterker as ooit

E-pos
Print

Sy mag nie huis toe verlang nie, het sy op dag een al besluit. Elke dag mag sy net vinnig, net vir ’n paar minute, aan haar lewensmaat en kinders dink, maar dan moet sy gou-gou weer die trane afvee en fokus op die doel voor oë: om Survivor South Africa: Santa Carolina te wen.

Maar die aand toe Ashley Hayden (42) uiteindelik weer uit Mosambiek in Johannesburg aanland, het die verlange haar behoorlik oorval. Toe mág sy maar...
En toe sy in hul straat in Parkview indraai, was dit duidelik: Haar gesin het net so baie na haar verlang.

Om elke boom, van die bopunt van die straat tot voor hul huis, was ’n groot, goudgeel lint gebind. “Tie a yellow ribbon round the ole oak tree”, kon sy sommer die woorde van die liedjie hoor, ’n gunsteling van haar en haar lewensmaat, Charlie Wilson. Toe weet sy: Dis Charlie se manier om te sê hy is baie, baie bly sy is terug.

Toe haar geleentheid voor die huis stilhou, staan hy en hul oudste, Cara (6), onder die boom met klein Guy (5) by hul voete, in droomland in sy slaapsak. Hulle wag al van vroeg af, en dit het vir hom net te lank geword.

Maar toe hy sy mamma se stem hoor, spring hy saam met Cara in haar arms en die twee klou haar vas asof hulle haar nooit weer sal laat gaan nie. En die vreugdetrane loop oor almal se wange.

Lees die volledige artikel in die 1 April-uitgawe van Huisgenoot.

Huisgenoot het nie 'n idee wie word wanneer uitgestem nie. Net omdat Ashley op die voorblad is, beteken nie sy is volgende om uitgestem te word nie. Ja, Gys is hierdie week uitgestem en ons het 'n artikel oor hom gehad - maar dit is eerlikwaar nie omdat ons geweet het hy gaan die trekpas kry nie. Byvoorbeeld, ons het al 'n paar weke terug 'n artikel oor GiGi geplaas en sy is nog steeds in Survivor. Tyd sal alleen leer oor wie wanneer uitgestem word. M-Net maak aan niemand die inligting bekend nie...



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (18)


  1. Rianda
    2010/04/19 03:42:16 nm
    Slim en slinks is juis belangrik... anders sou sy nie gewees het waar sy is in die reeks nie... hoop jy wen Ashley!
  2. cvw
    2010/04/08 01:51:23 nm
    Trudy stem saam met jou, so 'n rugsteker wil ek ook nie as vriendin he nie, al is dit 'n game is sy vieslik, sies man
  3. trudy
    2010/04/07 08:05:41 nm
    dat mens nou so vieslik moet wees om geld te wen,al is dit nou ook n spel,wys my sy sal tot haar siel vir satan verkoop as daar geld op die spel is.sal haar beslis nie vir n vriendin wil he nie,klink na n sigopaat.
  4. Jaco
    2010/04/03 08:42:01 nm
    Ek het ook nie van haar gehou nie. Dink dit was omdat sy die "game" reg speel. Die meeste ander is bietjie dom om die "game" reg te speel. Soos Izak, hy het gedink hy speel die "game" reg, toe speel hulle hom. Gys en Ockert was vir my die beste, maar as Ashley wen, het sy dit verdien!
  5. Salome
    2010/03/30 02:28:01 nm
    Ashley is beslis slinks en uitgeslape en weet hoe om te speel. Dis juis hoekom sy gaan wen al verdien sy dit nie.
    Gys en Ockert was die voedsel verskaffers en ek hoop die ander krepeer van honger! Soveel luigeid het ek nog nooit gesien nie!
  6. Deanb68
    2010/03/29 09:40:16 nm
    Ashley is by far the best survivor, she is smart and knows how to play the game. Imangine the show without her, it would not be nearly as exiting. Go Ashley, take the title you deserve it.
  7. bumblebee
    2010/03/29 12:38:11 nm
    Goeiste ek hoop nie SY wen Survivor nie, maar soos ons reeds weet, wen die 1 survivor wat dit die minste verdien. Okkert moes gewen het, niemand het dit so verdien soos hy nie, 2de keuse was Gys darem het hy die kar gewen so hy loop darem nie met niks huis toe nie.
  8. Gerda
    2010/03/27 04:46:34 nm
    Sy speel die reeks goed - 'n slim konkelaar - maar as jy voor die kassie sit en alles vanaf 'n afstand beskou, het jy jou gunstelinge, en sy is beslis nie een van myne nie. Izak en Pro moes al lankal uit gewees het. Wonder waarvan moes die ander oorleef nadat die broodwinners deur onder andere Ashleigh se gekonkel uitgestem is. Ek hoop die luies het behoorlik honger gelei, want hulle het hulself in die voet geskiet.
  9. stephen
    2010/03/27 10:49:43
    Ag nee regtig - is mense so dig om te dink dat die survivors word elke week uitgestem? Hoe lank dink julle sou die reeks dan geneem het. Die persone is al lankal by die huis - almal van hulle en die reeks is vooraf opgeneem! Die aankondiging van die wenner sal seker weer regstreeks vanuit 'n ateljee gebeur. Hoop maar sy word uitgestem!
  10. Annalize
    2010/03/27 06:55:36
    Ag, nee......man ......
  11. ag-nee-a
    2010/03/26 04:18:07 nm
    Kan julle nie wag totdat die episode klaar gewys het voordat julle hierdie artikels versprei nie? Genade mense, ons betaal om die reeks op die kassie te kan sien en nou kom julle en bars almal se babbel!

    AG NEE A!!
  12. Ongelukkig
    2010/03/26 01:55:38 nm
    Huisgenoot raak nou soos die Oscar vloek (curse); as jy as Survivor in die Huisgenoot verskyn kan ons as leser maar weet jy word die Woensdag uitgestem! Ashley het Survivor uitstekend gespeel, dis nou indien sy die week wat kom uitgestem word. Ek hoop van harte ons word nie bederf vir die finale episode nie; dieselfde storie sal oor 2 weke nog steeds belangrik wees, Huisgenoot hoef nie die wa voor die perd te span net om eerste die storie 'te breek' aan die publiek nie!

  13. willemien
    2010/03/26 01:32:37 nm
    ek noem Ashley die ss-vrou slim en slinks....... lojaliteit kan nie in so 'n kompetisie werk nie, dit is beslis deur Ashley bewys. Maar of sy vir my 'n wenner is? Nooit gesien!!!!! Die ware wenners is lankal by die huis.
  14. Bouwer
    2010/03/26 12:51:50 nm
    Kan Huisgenoot en News 24 asb. die artikels biejtie terug hou julle "spoil" die hele program om die goed so vroeg te publiseer
  15. Susan Malan
    2010/03/26 11:29:32
    Gaan sy nou uitgestem word? Want na Gys se onderhoud met Huisgenoot is hy toe wragtig uitgestem. Loop julle die storie vooruit? Moet asseblief nie.
  16. varkie
    2010/03/26 11:28:30
    Ashley is n intelligente vrou met n baie sterk persoonlikheid - dit intimideer mense en gewoonlik is sulke vrouens baie ongewild! Haar fisiese skoonheid vererger hierdie bose kringloop van bevooroordeel :-(
  17. ANTIONETTE
    2010/03/26 10:35:04
    Wat het die mense teen die vrou?
  18. cvw
    2010/03/26 10:22:50
    Hou regtig niks van die vrou nie.