Survivor Gi-Gi wys lyf op 42

’n Slang in die paradys – so het hulle GiGi gesien. Die ontkleedanseres wat op ’n rampartytjie uit ’n koek kan spring. Pure Delila...

Reeds toe die Survivor-spanne gekies is, het die deelnemers aan dié werklikheidsreeks op die afgeleë eiland aan die kus van Mosambiek gewys hulle is nie lus vir die vrou wat nie skaam is om die klere te laat waai nie.

Dié eksotiese danser, soos GiGi haarself beskryf, het dit natuurlik verwag. ‘‘Ongelukkig kleef daar ’n stigma aan die beroep,’’ sê sy.

‘‘My enigste doel was om mense se idee oor eksotiese dansers te verander,’’ vertel sy in die Randburgse ontkleeklub waarvan sy die mede-eienaar is. ‘‘Om te bewys dat meisies soos ek sterk is en nie die leëkoppies waarvoor almal ons aansien nie.’’

En hopelik het sy in haar doel geslaag, want in haar lewe sal sy nooit weer aan Survivor deelneem nie. ‘‘Ek was so, so, so honger.’’

Op 42 dans sy nie meer nie, vertel sy.
 
Sy het nie ’n troebel verlede nie. GiGi – sy het die verhoognaam jare gelede aangeneem – is as Perle van Schalkwyk in die Paarl gebore, waar sy gematrikuleer het. ‘‘Ek het in ’n huis vol klassieke musiek grootgeword. Op skool het ek alles van ballet tot moderne en kreatiewe dansopleiding gekry.’’

In haar derde jaar as dramastudent aan die Universiteit Stellenbosch was sy in haar eerste naaktoneel.

Haar loopbaan as eksotiese danser het begin toe sy ’n advertensie vir ’n kabaretdanser sien. In die volgende 15 jaar het sy in alles van hotelle tot teaters en klubs en by huispartytjies vir bekendes gedans. Sy het altyd met klere gedans, tot en met daardie laaste liedjie.

In 2000 het sy en die dramaturg Deon Opperman saamgespan en met die teaterstukke Hot, Nipple Caps & G-Strings en Academy of Love: Ladies Night na Afrikaanse kunstefeeste getoer.

Sy het haar dansskoene vyf jaar gelede gebêre en die klub in Randburg geopen. As sy nie in Deon se vertonings optree nie, spreek sy vroue toe by groot korporatiewe maatskappye.

Lees die volledige artikel in Huisgenoot van 18 Februarie.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (7)


  1. Nicky
    2010/05/08 02:36:21 nm
    Gigi, jy is PRAGTIG!!!!!!!!!!!!!!! Geluk met Survivor.
  2. Raatijie
    2010/04/16 01:19:47 nm
    Gigi - ek hoop jy wen jy verdien dit!!
  3. Bianca
    2010/03/26 12:58:04 nm
    hoekom moet huisgenoot dit doen? met elke artikel wat julle plaas weet ons
    wie word volgende uitgestem. kan julle asb nie maar net 'n week of wat wag nie?
  4. Anzell
    2010/03/08 01:34:23 nm
    oulik tot dit jou man is waarmee sy dans!
  5. Leon Crafford
    2010/02/15 12:36:42 nm
    My aarde Perle...ek het nooit besef ek het met so 'n famous celeb besigheid gedoen nie...ha ha ha
  6. Bluntpiro
    2010/02/14 01:33:19 nm
    Hoop nie jy word uitgestem nie, inderdaad, jy moet wen! Jy is die rede waarom ek kyk na die prent. Jy was "Amazing" in Poena! Hou so aan, want jy is 'n magic uitvoerproduk!
  7. Alta Jonker
    2010/02/12 03:09:19 nm
    Jou rock girl! 'n Mens kyk na die mens binne-in jou, nie na jou beroep
    en jy het 'n sexy en stunning lyf!
Jou naam: Jou e-posadres:

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities