Nog nie die laaste sien van Egoli nie!

E-pos
Print
Wat sal Egoli dan nou sonder Nenna en Nora wees? (Foto: Tertius Meintjies)
Wat sal Egoli dan nou sonder Nenna en Nora wees? (Foto: Tertius Meintjies)

'n Danser wat die klere laat waai, masjiengewere wat klap, terugflitse uit sy weermagdae en ’n duister verlede waarvan Joe maar net nie kan ontsnap nie... Jip, skuif reg vir hope drama en vuurwerke in die plek van goud!

Die gordyn het dalk vir die sepie gesak, maar vir Egoli-slawe is daar nog een strooihalm om aan vas te klou: die langverwagte Egoli-fliek.

Vir oulaas kan jy weer in Nora (Christine Basson) se kombuis kuier, hoor hoe Nenna (Shaleen Surtie-Richards) Joe invlieg en die lag- en huilkrane lekker oopdraai wanneer die karakters wat oor 18 lang jare jou vriende geword het, vir die laaste keer kom gesig wys.

Op 16 Junie begin die Egoli-fliek – tans nog naamloos – landwyd in teaters draai, en daarin word deeglik gedelf na geheime dieper as goud, sê Lani Lombard, M-Net se publisiteitshoof.

Lees meer oor die Egoli-fliek en sien eksklusiewe foto's in die 1 April-uitgawe van Huisgenoot.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (11)


  1. amelia
    2010/05/10 12:29:53 nm
    Ek het gedink ek gaan Egoli mis, want ek was absluut verslaaf gewees daaraan, maar na die laaste paar maande (veral na Karen dood is in die sepie) was daar geen rede meer vir my gewees om dit te kyk nie. Wel ja, soms mis ek dit, veral as die nuwe Binnelanders my so irriteer. Nou kyk ek maar 7de laan en Villa Rosa.
  2. Michelle
    2010/04/16 11:07:08
    Het Egoli van dag een af gekyk en het dit vreeslik geniet ! Jammer dat dit nou tot op 'n einde moes kom. Ons kan nie wag vir die fliek nie !!
  3. kathy monteiro
    2010/03/30 08:08:18 nm
    asseblief se julle gaan Egoli op multichoice uitsaai. Dit was n goor einde.
  4. Robert Aster
    2010/03/30 08:13:29
    Ek is so exited, ek is 23 jaar oud en volg Egoli vandat ek 10jaar oud is, ek is absoluut mak daaroor, ek het altyd vrydae aande op Kyknet egoli gekyk, vanaf 11uur die aand tot half 2 die volgende oggend my hartjie is so seer, dat egoli weg gaan maar nou kom hy weer terug, yehhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhh! En nogal op movie en dalk op dvd, ek kan nie wag nie! Dankie Franz Marks, jy is die beste! mmmmmmmmmmm, die nuwe binnelanders lyk ook cool wat een van die dae begin in egoli se plek!
  5. Linda Visser
    2010/03/29 06:11:24 nm
    Linda, asseblief ek glo regtig nie jy is ernstig om te wil he die hele Egoli vanaf episode
    1 uitgesaai moet word nie. Ek dink almal het teen die tyd meer as genoeg gehad van
    die uitgerekte en die laaste jaar of twee se afgewaterde Egoli. Dit het regtig tyd geword
    dat die sepie sy goedjies pak en waai en ek persoonlik is regtig bly dit het nou uit-
    eindelik gebeur. Ek kan net nie glo dat Frans Marx nog meer geld uit Egoli wil tap
    met die fliek wat klaarblyklik in Junie op die groot skerm gaan wees nie - hoe een-
    voudig tog net nie - wie gaan nog saam met wie slaap en wie gaan nog vir wie
    vermoor om 'n storielyn vir die fliek te kry
  6. Judy Rohmann
    2010/03/29 02:34:46 nm
    Ek sal ook graag wil weet of die Egoli fliek ook op Dstv uitgesaai gaan word, want klein dorpies het nie almal teaters nie. En wanneer sal die groot dag wees?
  7. Lindie
    2010/03/28 08:36:18
    Egoli gee al klaar n groot gemis af, werklik waar spyt die soapie het tot n einde gekom. E
    Frans Marks het absoluut n puik storie geskryf en was altyd op datum wat aan die gebeur is. Kyk daarna uit om die fliek te sien.
  8. Thia Stoffels
    2010/03/27 09:42:39 nm
    Dis jammer egoli het so ge eindig ek so gedink het Launa so by hul aansluit by die laaste ete virr my het die nie sin gemaak wat die doel was van waar sy net stil staan op die einde van die trappe. Sal ook maar wag vir die fliek om te sien of Chris gaan terug keer soos J R in Dallas. En die arme Candy wat so uit gesien het met haar aand saam Rex. Toe kom bederf Joe dit vir hulle die jakkals.
  9. Annalize
    2010/03/27 07:00:54
    Ek persoonlik gaan Egoli baie mis!!! Ek sit hier in Zambia en my tyd voor die tv was 18:30 net om Egoli te sien.....ek gan dit baie mis... maar moet se als het n begin en einde... en ons geliefde Afrikaanse storie is nou verby...en dit was een van die beste stories wat ek nog gevolg het nie eers "DAYS of OUR LIVES" is so goed nie.
  10. Marina
    2010/03/26 01:35:20 nm
    Gaan die fliek ook op Multichoice uitgesaai word, want hier waar ons bly is daar nie altyd teaters beskikbaar nie. Of sal dit later op DVD vrygestel word?
  11. Babie de Beer
    2010/03/26 01:22:34 nm
    Ja dis baie hartseer dat daar nie meer Egoli in die aand is nie, ek wens so hulle wil hom weer vir ons van die heel eerste episode begin wys dit sal 'n fees wees en ek weet daar sal baie mense wees wat met my sal saamstem.
    En ek kan nie wag vir die Egoli-fliek nie.