Fluit-fluit Egoli se storie is uit

Egoli se laaste nuwe episode word vanaand uitgesaai en die vervaardigers beloof 'n dramatiese einde. Vanaand se episode behoort rekordkyksyfers vir die betaalkanaal te lok.

Dié Franz Marx-sepie – wat op 6 April 1992 op M-Net begin het as Suid-Afrika se eerste plaaslike daaglikse sepie en wat van die akteurs en hul karakters huishoudelike name gemaak het – groet vanaand om 18:30 met ongekende hoogdrama en opwinding.

Kykers kan uitsien na ’n gasverskyning deur Sandra Prinsloo, drama by die trapreling met ­Brümilda van Rensburg en veelvuldige, emosionele tranetrekker-oomblikke soos wat daar na Egoli se slottoneel opgebou word.

Aan die einde van vanaand se episode sal daar 112 608 minute van Egoli uitgesaai wees, met die reeks wat oor 4 301 dae van begin tot einde verfilm is.

Bron: www.nuus24.com



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (14)


  1. amelia
    2010/05/10 12:33:22 nm
    RIP Egoli... Long Live Egoli in almal se harte, al was die laaste jaar bietjie erg en soms sleg.
  2. Annette
    2010/04/12 12:34:18 nm
    kyk mooi was nog nooit lelik nie
  3. gerrie
    2010/04/09 03:29:21 nm
    liewe izak
    my suster is 'n baie groot FAN van jou en sy se as jy eendag trou moet jy asb die foto's in die huisgenoot wys en as jy dalk eendag pa word.jy was baie goed in survivor,my suster was baie hartseer toe hulle jou uitstem.PS: Sy dink jy is baie SEXY en sy se jy is 'n HUNK. Groete GERRIE.
  4. Vicky
    2010/04/04 10:51:46
    Ek het met egoli groot geword en toe ek my ouer huis verlaar dit as
    my half uur tradisie voort gesit. ek kan nog goed onthou toe ek die
    koerant berig sien Egoli kom tot 'n einde so in verlede jaar het ek bestuur
    en dit was kompleet of ek slegte tyding oor 'n familie lid gekry het.
    Dit sal 'n briljante skrywer vat om Franz Marx se skoene vol te staan.
    Ek gaan Egoli mis in die huis maar ek kan nie wag vir die fliek nie.
    Ek wil net noem soos vir talle anders was die einde vir my ook 'n
    groot telleurstelling maar die her uitsendings van oor die jare het op gemaak
    daarvoor.
  5. MEISIE
    2010/03/04 01:58:46 nm
    AG EK GEE NIE OM WAT ANDER Sê NIE, EK WEET NET DAT EK EGOLI BAIE GAAN MIS. DIE HUMOR DIE HARTSEER AG EN SOMMER DIE KARAKTERS OOK. JA EGOLI HET DEEL VAN MY HUIS GEWORD. DIT IS AL PROGRAM WAT EK RERIG OP TV GEKYK HET. DAARNA HET MY MAN GEWOONLIK DIE REMOTE GEVAT EN ALLES GEKYK WAARVAN HY HOU. NOU IS MY SEPIE WEG. EK WIL DANKIE AAN FRANS MARX Sê VIR DIE JARE SE GENOT WAT HY ONS VERSKAF HET. EK GAAN JULLE MIS.
  6. Tash
    2010/03/03 09:45:59
    Ek het so uitgesien na gisteraand se episode - soveel spanning, soveel nog om te gebeur, en helaas was dit die mees teleurstellenste! Die eerste helfte van die episode het net gewissel tussen die Edwards huis en die Naude huis - met 'n altesame 6 akteurs in..... Het gedink dis al wat Egoli kon bekostig, toe sien ons darem vir ou sexy Rexie en Candy, en dalle hoop was aan flarde toe Joe uit die kamer gestap kom met daai "kyk". Ek weet nie eers of ek die DVD wil kyk nie, want ek is so teleurgesteld soos ek hier sit. Ek was een van daai mense wat Egoli gevolg het van die 1ste episode af - het so handjie vol gemis met my twee vakansies oorsee, maar verder het ek dit nie gemis nie.

    Verder wil ek sterkte toewens aan ALMAL wat betrokke was by Egoli. Dankie vir die afgelope 18 jaar se kyk-genot (behalwe natuurlik daai laaste episode...).

    Sterkte julle!
  7. Ella
    2010/03/03 09:28:03
    Dramatiese einde - die enigste drama was ek wat rondharloop tussen die
    kombuis en tv kamer met al die advertensies tussen in om aandete klaar te
    kry. Tog so bang ek mis iets - en daar mis ek toe wragtig iets - het darem iets
    meer in gedagte gehad as Louwna in haar swart gewaad wat die trappe
    afstap - my idee van dramatiese einde was Louwna wat haar self skiet
    aan die onderpunt van die trap. O nee ek weet wat was die dramatiese einde
    Joe wat spraakloos uit die kamer gestap kom - lyk my hy het sy stem verloor.

    Ag nee wat ek sien nie eers uit na die fliek as die einde so vervelig was nie!!!
  8. Kathy
    2010/03/03 07:48:33
    Met afwagting wag ons op die dramatiese slot episode - sjoe ek is seker ons wag nog almal. Gisteraand was alles behalwe dramaties. Kon Franz Marx nie iets meer dramaties gedoen het nie.
  9. Ruth du Plessis
    2010/03/02 07:28:23 nm
    Ai dis so jammer dat Egoli tot 'n einde gekom het. Daar hang nou so baie vrae in die lug...
    Wat van Lara en Liam. Hoekom was sy gister so hartseer toe Liam weg is, is sy dalk swanger?
    Is Joe vir goed terug in Candy se lewe? Sou so graag wou hê dat sy en Rex afhaak.
    Ons sal seker nou moet wag en sien wat in die fliek gaan gebeur en of ons enige antwoorde op ons vrae gaan kry.
  10. KAREN
    2010/03/02 07:13:55 nm
    Egoli het regtig baie "stupid" geeindig. Kan jy glo dat hierdie sepie so treurig tot sterwe moes kom...en ek bedoel nie Louwna se amperse Scarlet O'Hara kyk nie ! Nee, wat, bere Egoli maar agter in die stoor...ek is nie eers opgewonde oor die terugflitse of komende fliek nie !
  11. HBK
    2010/03/02 02:30:47 nm
    Waar om maak almal so 'n bohaai oor dit? Ek meen egoli was nie meer soos dit in die ou dae was nie dit het vervelig geword die drama wat daar in is is swakker as 7de laan sin en hartseer...... Ag nee mense dankie tog dit is nou klaar
  12. liefie jordaan
    2010/03/02 01:15:19 nm
    Ja so kom Egoli ook tot 'n einde. Shame eintlik jammer ne. Hulle almal het so deel van ons lewe geword. Sterkte aan hulle almal vir die toekoms...
  13. cynthia
    2010/03/02 11:24:43
    So bly die storie is klaar, het al lankal opgehou kyk, die storie is net soos bold and beautiful, vandag slaap jy daardie een en more het jy iemand anders
  14. Janet Hartslief
    2010/03/02 11:08:19
    Dis regtig jammer dat so 'n goeie sepie tot sy einde kom en dat Franz Marx nie die regte daartoe wou verkoop nie. Ja, daar is baie mense wat saamstem dis hoogtyd ens maar Egoli het 'n instelling in menige huise geword en 'n "escape" vir baie van ons se eie probleme vir 'n half uur - Ons sal Egoli baie mis - Ek glo nie eers die film gaan tot sy reg kom nie want daar is so baie los drade wat vasgemaak moet word en ek dink nie dat 'n film van 1,5 uur dit sal doen nie (maybe we must just wait and see). Na so film gaan daar nogsteeds baie vra wees soos die "wat gaan gebeur as...." of "gaan die of daai een dit of dat...." Ek verstaan verder dat Binnelanders dan van April 2010 'n uurlange episode gaan wees, alhoewel dit ook een van my gunsteling sepies is, moet dit nog 'n ver pad stap om Egoli se skoene vol te staan. Totsiens Egoli maar nie vaarvel nie - miskien net eendat mag Franz Marx van plan verander !!!!
Jou naam: Jou e-posadres:

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities