Is jy bereid om dieper as net die uiterlike e kyk? Die land te deurkruis en op stofpaaie agter hom aan te ry? Sien jy kans vir die alleen-ure op ’n plaas?
Nou ja, in die Huisgenoot van 10 Junie kan jy hulle ontmoet – die 10 finaliste wat vanjaar die sjarmekrane gaan oopdraai en hopelik daardie spesiale vrou gaan nader trek om die stiltes van die plaaslewe met haar geselskap te vul.
En as jy voldoen aan een van die manne se wenslys, is een van vanjaar se kandidate in Boer Soek ’n Vrou 3 dalk die man vir jou.
“Die boere is sterk en uiteenlopend,” meen Elma Postma, wat binnekort weer die land gaan vol ry en ons boerseuns se soeke na liefde in kykNET se gewilde reeks gaan volg.
“Die vroue moet mooi kies en nie net na die uiterlike kyk nie. Hulle moet luister na wat die mans sê,” sê Elma. Vroue wat graag wil saamspeel, moet binne twee weke liefdesbriewe stuur aan die boer van hul keuse waarin hulle sê waarom hulle daardie spesiale vrou in sy lewe kan wees.
Sowat 100 boere van oor die land het ingeskryf vir die derde seisoen van die gewilde program, wat op 16 September terug is op die kassie.
“Hulle is mans wat ernstig is oor hul boerdery en ’n passie het vir die bedryf,” sê Elma, nou al vir die derde keer aanbieder van die reeks.
Om in te skryf:
Stuur 'n e-pos aan boer@waterfronttelevision.co.za OF
KLIEK HIER vir die inskrywingsvorm. (Dit is 'n PDF-dokument wat jy kan aflaai en uitdruk)
DIE BOERE (foto's ook onderaan die blad)
KLEINTJIE (29) VAN HANOVER
Skaapboer
ERIK (31) VAN ROBERTSON
Boer met wingerd, olywe, appelkose en perskes
JACOBUS (30) VAN DIE WATERBERG
Boer met stoetbeeste, saadmielies, waatlemoene en vee
BENNIE (29) VAN DELAREYVILLE
Boer met skape, beeste, mielies, sonneblom en grondboontjies
KEITH (34) VAN WARTBURG
Boer met suiker, beeste, avokado’s en wild
FREDERICK (24) VAN BULTFONTEIN
Saaiboer
HANNES (24) VAN BRANDFORT
Boer met mielies, beeste en skape
RENIER (38) VAN SIMONDIUM
Boer met wyndruiwe, ’n angus-stoet en olywe
PIETER (25) VAN FRANKFORT
Saai- en wildboer
VLOK (32) VAN WELLINGTION
Wingerdboer
Om in te skryf:
Stuur 'n e-pos aan boer@waterfronttelevision.co.za OF
KLIEK HIER vir die inskrywingsvorm. (Dit is 'n PDF-dokument wat jy kan aflaai en uitdruk)