Eckard trek van Egoli na die Laan

E-pos
Print

Die koerantbaas van die Laan, Neville Meintjies, is uit die veld geslaan toe hy oudkollega Wesley Young in Hillside raakloop.

Die twee het jare gelede saam in die Kaap as joernaliste gewerk en toe kontak verloor, en hier duik Wesley nou weer op, deesdae nogal ’n gerekende sakejoernalis.

En ’n hele klompie sepiekykers was dalk net so verstom om te sien Chris Edwards, wat toe minder as ’n maand tevore nog in Egoli doodgeskiet is, herrys nou as’t ware uit die dood as joernalis in 7de Laan.

Eckard Rabe, deesdae Wesley in 7de Laan, was toe ook die eerste van die Egoli-akteurs wat met die einde van daardie sepie na ’n volgende kon oorstap – en sommer so maklik maklik boonop. “Dit voel asof ek maar net van een bootjie na ’n ander oorklim terwyl jy in dieselfde stroom bly vaar,” vertel die veteraanakteur.

Maar ja, dis lekker om iemand nuuts te kan wees. “Wesley is feitlik Chris se teenpool,” sê hy. “Chris is statig en konserwatief, terwyl Wesley lekker lig op die voete en ’n spontaner karakter is.”

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 13 Mei 2010.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (28)


  1. Susan Schutte
    2010/08/12 11:53:01
    Ag 7de laan is die beste en sal altyd vir my die beste bly. Oubaas is natuurlik my gunsteling.
    Ja hulle hou altyd partyjie maar wat anders kan hulle doen. 7de laan is nou op sy beste met Gita se broer, maar wat het gebeur dat sy 2 keer die geld gegee het het hulle dalk n fout gemaak. In die vorige reeks het sy die man in die resturant ontmoet en die geld gegee en gisteraand sommer weer vir haar broer dieselfde bedrag. Vra maar net?
  2. Hester
    2010/08/03 12:40:19 nm
    Ag nee man julle klomp kla kouse. Hou julle monde van 7de Laan. Wie is julle om te sê die laan is gemors., en die meeste van julle wat so sê, het na Egoli gekyk, wat in my opinie nie eers 'n plek op die TV moes gehad het nie. Egoli se storie was die grootste klomp snert wat nog ooit gemaak is. Om Egoli van die TV af te haal was die beste ding wat nog ooit gebeur het. As 7de Laan moes wees soos julle dit wil hê dan sal dit in 'n 2de Egoli verander, en dit sal 'n tragedie wees. Hou 7de Laan net soos hy is. Ons - sy getroue ondersteuners - hou van hom net soos hy is.
  3. magdalena
    2010/07/27 02:52:45 nm
    7 de laan sal ek altyd kyk, mis dit vir niks. Ouers leer julle kinders self lewenswyse hou op dit van 7de laan verwag. We don't life to satisfied you !!!!1
  4. Bella
    2010/06/14 01:44:36 nm
    Sal al julle moaners en groaners asb ophou... As julle nie van die sepie hou nie, hou op om dit te kyk. Mens sal sweer julle is almal 80 en ouer! Luister asb radio soner grense... meskien sal dit julle beter pas!
  5. Anna-Marè van Wyk
    2010/06/07 02:39:18 nm
    Egardt is n baie goeie akteur, hy verdien ondersteuning van die publiek, een van die min goeie akteurs wat nie oorsee gaan geluk soek nie. Hou so aan jy raak net beter en beter.
  6. annoniem
    2010/05/29 04:25:56 nm
    Nee regtig! - Ek wou hom die voordeel van die twyfel te gee, maar ek het NIKS van Egoli gehou nie, en net om sy gesig in 7e Laan te sien laat my voel my sepie raak nou 'n egoli-wanna be. Ek het ook gerugte gehoor dat Bertie ook 7e laan toe kom. Agge Nee MAN!!!! - Hou die egoli-spelers uit 7e Laan. Kry eerder vars nuwe akteur. ASSEBLIEF GEEN EGOLI AKTEURS IN 7e LAAN NIE!!!
  7. christa
    2010/05/25 01:02:07 nm
    kan ou nenna van Egoli nie in 7de laan speel nie, en die eckard nie, sy is 'n baie beter aktriese as hy?
  8. neville
    2010/05/13 08:36:11
    arme gita sy is al moeg om die kissing op haar maag vas tr hou
  9. Sam
    2010/05/13 06:46:36
    Eckard Rabe se toetrede tit 7de Laan, verbeter nie die aansien van die sepie nie. Sy immoraliteit wat hy is Egoli versinnebeeld het, gaan maar net voortgaan in 7de Laan. Die Laan is vol mense met losse sedes, spring van bed tot bed en die gemors is, hierdie program word uitgesaai in sogenaamde ooptyd, gesinstyd. Ek en my vrou kyk nou al twee weke nie na die Laan nie, want dit is gemors!!!
  10. carl botha
    2010/05/12 05:25:08 nm
    aag kom nou...watse voorbeeld het maria nou juis gestel?
  11. Alet
    2010/05/12 03:30:53 nm
    Ek wens die skrywers van 7e laan wil bietjie bykom en losbandigheid uit die storie laat. Dis om van naar te word. Dink aan ons jong kinders wat ook kyk. Is daar nie 'n beter spanningslyn wat hul kan inskryf nie? Hoekom so afgesaag bly? Ongewenste swangerskap, partytjies, drank, noem maar op. Alles moet 'gevier' word. Ek dink dis tyd dat 7e Laan groet en met iets beter vervang word? Of herhaal dan liewer van die ou, goeie reekse wat meer 'om die lyf' gehad het!
  12. Se net
    2010/05/12 12:21:25 nm
    Sies julle is darem maar lelik, ek hou van hom, welkom in die Laan
  13. Erna M
    2010/05/12 09:15:33
    Wat is fout met julle almal??? Dis n storie!! En as julle nie daarvan hou nie, moet dit dit nie kyk nie. Ek dink Eckard is great, en bietjie nuwe bloed in die Laan.
  14. frieda
    2010/05/11 11:35:22 nm
    ek moet bieg ek kyk glad nie 7de laan of Binnelanders nie. Egoli was my daaglikse inspuiting, sedertdien kyk ek maar min TV! - AS A MATTER OF FACT, ek dink ek moet my DSTV kanseleer, want meeste van die programme herhaal tot vervelens toe!
  15. ERNST
    2010/05/11 10:01:46 nm
    7de laan is n sepie , ek hou van die laan maar regtig elke aand se partytjies, vroue wat verwagtend raak sonder om getroud te wees, skep partykeer n gevoel dat sekere dinge in die laan rerig nou afgesaag word, Paula se stories, die rond vryery, ai tog gee vir ons n paar goeie voorbeelde vorentoe van dinge wat regtig saak maak, baie van die dinge in die laan gebeur maar seker ook in die werklike rede maar hoekom moet daar gedurig fees gevier word met drannkies as voorbeeld. Nou ja dit bly maar n sepie, ons almal se menings verskil maar, maar regtig party goed raak afgesaag. Maar ek sal seker bly kyk, die mens is maar so.
  16. Ronel
    2010/05/11 02:53:36 nm
    Hoop soos Marieta dat hy baie gou verdwyn, hou net nie van hom nie en hy is nie goeie akteur nie!
  17. Rousseau
    2010/05/11 01:50:53 nm
    Ek wil net sê 7de laan moet nou vir 'n slag 'n baba in daar in Hillside vir 'n slag laat bly lewe! Vrek man, nog elke baba wat daar gebore was in die laan het doodgegaan op een of ander manier! Vrek dit raak nou regtig afgesaag...
  18. Sanet
    2010/05/11 12:11:49 nm
    Ek stem saam met Yvonne...7de laan is besig om net so onheilig te word soos die oorsese sepies...vir elke dink wil hulle "party" en dis altyd drank en drank en drank...die mans gaan van een vrou na die ander en die meisies neuk net so lekker rond. AS die skrywers maar net besef hoe slaafs die tieners hulle volg, glo ek sal hulle besef dat dit hulle plig is om vas te staan wat morele waardes en standaarde betref. Toe 7de Laan...skud julle reg en wys vir ons land se opkomende volwassenes dat die lewe nie net uit "party" en rondslaap bestaan nie. Kry tog net 'n ordentlike storielyn!
  19. Rita
    2010/05/11 11:29:13
    Het so gehoop Gita verloor haar kind.
    Die jong meisies van die Laan wat almal swanger is gaan maar moeilik af.
    Mnr die skrywer onthou jong dogters kyk na die sepie.
  20. Lehuizen
    2010/05/11 11:18:57
    Ja yvonne, jou kinders dink seker alles is maan skyn en rose in die lewe, en liewe Jesus sit die baba in jou maag.
  21. Chris Fourie
    2010/05/10 04:14:34 nm
    Nog vervelige nuus oor middelmatige en banale sepiesterre. Gaap.
  22. yvonne
    2010/05/10 02:50:56 nm
    Hoekom moet die meisies in die laan swanger word voor hulle getroud is? Dis nie 'n voorbeeld vir ons Tieners nie. Ag nee Frans sies man!
  23. yvonne
    2010/05/10 02:46:44 nm
    Ek wil oor 7de laan praat!!!!! Watse vooebeeld is die laan vir jong kinders? Al die jong meisies spring in die bed met mans. 2 van hulle is swanger en kom nie tot trou nie! Kon hulle nie maar liewers getrou het en dan weggeloop het van die mans of dan geskei het nie? Die Emma blaai die mans darm vreeslik deur of hoe? Gaan Deon darm nou met Ghita trou ? arm baba hy sal ook nie
    weet wie is sy pa nie.
  24. Marieta
    2010/05/10 02:15:19 nm
    Mag hy hopelik net so gou verdwynas wat aangekom het in die Laan.
    Sy hele houding spreek van moeilikheid,
    Hy het ook 'n arrogante houding.
    Nee dankie, daar is genoeg korrupsie, hy is nie welkom nie, of beter hy kan vir Gita (met die ewige handjie op die maag) vat en verdwyn !!
  25. Elsa
    2010/05/10 02:13:12 nm
    Ja hy het sy rol in Egoli uitstekend gespeel, so ek is seker hy gaan weer 'n sukses van hierdie rol ook maak.
  26. Jan
    2010/05/09 03:48:24 nm
    mens kan altyd planne maak as dinge moet aangaan. goeie plan
  27. Cynthia
    2010/05/07 11:05:47
    uitstekende akteur, sal gerus weer begin 7de laan kyk. bly darem baie aantreklik
  28. belinda
    2010/05/07 10:00:07
    ek mis egoli baie...veral vir nenna,