Dansende vlam van liefde


Alles het begin as ’n onskuldige vriendskap  – min het hulle geweet op watter ver paaie hul brandende emosies hulle nog sou neem...

Het 7de Laan-kykers iets vermoed toe hulle verlede maand sien hoe Herman Croukamp geraak word deur die aanskoue van Felicity Daniels, so jonk aan ’n rolstoel gekluister? Toe hy van die rolstoel-dansklasse hoor, het hy dadelik aangebied om haar te neem en sommer ook haar dansmaat te wees.

Die lesse was ’n treffer. En te midde van die pret op die dansbaan het die twee se vriendskap ál intenser geraak. Eers het hulle probeer ontken dat hulle romantiese gevoelens vir mekaar begin koester, maar uiteindelik kon die werklikheid nie meer ontken word nie. Toe, een aand ná ’n dansles, gee hulle hulle aan passie oor.

 En nou gis sepieslawe landwyd heerlik oor die toekoms van dié nuutste liefde in die Laan, terwyl Melanie du Bois (33) en Deon Coetzee (47), die akteurs wat die rolle vertolk, net geheimsinnig en betekenisvol glimlag.

Maar dalk lig Melanie tog so effens die sluier wanneer sy sê: “Sien, Felicity is nie ’n selfsugtige mens nie. Ander se geluk is vir haar belangriker as haar eie. Dit kan dalk net wees dat sy later dink as parapleeg sal sy nie die warmbloedige, sportiewe Herman vir altyd gelukkig kan hou nie.”

En Herman is warmbloedig, dit weet die kykers nou alte goed ná die warm vryery met Felicity. Wat ons laat wonder: Hoe voel dit om een van Suid-Afrika se hubaarste mans te soen?

Melanie lag eers verleë, maar toe Deon haar aanpor, bely sy: “Wel, as ek namens Felicity kan praat...  sou ek sê Herman soen baie beter as Neville!”



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (14)


  1. lara
    2010/04/10 08:57:01
    Ek het geen probleem met 'n man wat verlief raak op 'n vrou in 'n rolstoel nie, maar die skryfster wat noem dat 7 de laan oor alledaagse gebeure is, hoe alledaags is dit? En hoe lank gaan dit hou?
    Ek dink net dat 7 de laan die plot verloor het, want Felicity het alreeds weer lewe in een van haar bene gevoel.
    Ek dink net dat 7 de laan met iets meer oorspronkliks tevoorskyn kan kom, want daar is soveel snitte wat sterk herinner aan oorsese sepies die ooreenkoms is soms lagwekkend.
  2. ekke
    2010/04/01 11:09:21
    Nee, hulle is beslis nie 'n mooi paartjie nie. Sy moes by Neville gebly het. Ek is glad nie fan van Felicity nie. Sorry. Awg
  3. leon
    2010/04/01 01:41:35
    Geen probleem met die verloop van die verhaal tussen die twee karakters nie.
    Weet egter dit gaan weer uitloop op n party by O Malleys of by Oppiekoffie. Of op een
    of ander plek, want dis al wat die storievertellers het om te se. Boetie julle kort
    skrywers met talent dringend.

  4. Lershay
    2010/03/30 10:49:01
    Ek stem saam met Felicity, die rolstoel maak nie die mens nie. Elke mens verdien dit om in die liefde gelukkig te wees. You go Felicity! Jy en Herman kan opreg gelukkig wees.
  5. Eddie
    2010/03/18 03:38:33 nm
    Ek stem saam los Felicity en Herman uit
  6. PETRO
    2010/03/18 09:55:40
    nou wane begin felicity nou weer te loop!!!!
  7. TERSIA
    2010/03/17 10:28:39
    Monica K my naam word so geskryf TERSIA en ek het geen opmerking van kleur gemaak nie. As jy jou eie gevolgtrekkings wil maak is dit jou saak en jou mening. Cynthia is korrek elke persoon het sy eie mening en dit was my mening. As jy se dis net 'n storie hoekom so op jou perdjie spring. Ek dink jy moet 'n GRIP kry want dan het jy duidelik nie villa rosa al gekyk nie. Tata en geniet jou 7DE laan.
  8. Cynthia
    2010/03/16 02:12:26 nm
    Monica jy is gou om ander mense af te kraak, kyk liewer na jouself eers.
  9. monica k
    2010/03/16 12:45:45 nm
    Tesia jy is nou plain lelik. daar is niks fout met die twee nie....en Deon is defnitief nie
    desperaat nie......my liewe mens dis net 'n storie dis nie die werklikheid nie get a grip
    asseblief ...en al was dit die werklikheid sien ek geen fout daarmee dat Deon in Melaniee
    sou belangstel want sy is 'n pragtige vrou...
    Dalk gaan dit net weer oor die kleur soos gewoonlik, is julle nog nie gewoond aan
    verhoudings oor die kleur grens nie dis so algemeen mens sien dit nie eens meer
    raak nie!!!! 7De Laan is die beste want hulle vertel stories oor alle daagse gebeure
  10. Cynthia
    2010/03/16 09:53:43
    Kyker, elke hou het sy reg om te se hoe hy voel, as jy daarvan hou, goed so dit is nie te se ek moet daarvan hou nie. Ek het altyd baie van deon gehou maar nou glad nie meer nie, dit is my opinie.
  11. Tersia
    2010/03/15 06:06:08 nm
    Ag nee sies, die twee is glad nie 'n mooi paartjie nie. Sal maar kyk wat gebeur vorentoe....
  12. kyker
    2010/03/15 04:41:41 nm
    Haai sies Cynthia, dis lelik van jou! Watse desperaat, dis net n sepie! As jy dit nie wil sien nie, sit af jou TV! Dis about time dat Felicity 'n BF kry!!!
  13. cynthia
    2010/03/15 10:23:39
    Nooit gedink Deon is so desperaat nie
  14. marelize
    2010/03/12 08:12:28 nm
    Dis wonderlik dat Felicity en Herman mekaar gevind het !!!!
    Ek is n jarelange aanhanger van 7de laan en kyk dit al van die heel eerste episode af. Wat my soms lelik omkrap is dat jy altyd mense kry wat iets te se het oor die sepie. Baie dankie aan Danie en sy span wat die sepie so werklik moontlik maak, al die omstandighede en probleme waarmee die laners sukkel, is dinge waarmee ons in die " regte lewe " ook sukkel.
    Hou so aan, 7de laan is n wenner!
Jou naam: Jou e-posadres:

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities