Dana vertel van Pottie die TV-ster

E-pos
Print

DIT moes in Januarie 2006 gewees het. Ek was die oggend in ’n toilet in die Hatfield Plaza in Pretoria toe my selfoon lui. En toe ek antwoord, sê ’n stem waarin die Peter Stuvesant effe deurslaan, aan die ander kant: ‘‘Hallo, dis Frank Opperman hier.’’

Ek spring op en draf buitetoe, tot tussen die mense in die sentrum.

’n Man kan darem nie in ’n toilet met dié Frank Opperman gesels nie.

‘‘Kan ons die een of ander tyd ’n bier gaan drink?’’ vra Frank. ‘‘Ek wil met jou oor iets praat.’’

Ek stem dadelik in, want ek het hom nog altyd as akteur bewonder. Eers toe ek my selfoon terugdruk in my broeksak, sien ek dit: My broek se gordel is steeds los en my gulp is oop.

’n Paar dae later ontmoet ek en Frank mekaar in Melville. Nog voor die kelnerin die bier gebring het, wil hy weet of ek nie vir hom ’n drama, ’n eenmanstuk, kan skryf nie.

Ek probeer geïnteresseerd klink. ‘‘Waaroor?’’ vra ek. ‘‘Oor ’n man – ’n ou wat voel of sy dinges met ’n broodmes afgesny is.’’

Later ry ek terug huis toe, en dink: Ten minste kan ek nou sê Frank Opperman het my al gevra om vir hom ’n eenmanstuk te skryf oor ’n man wat voel of sy dinges met ’n broodmes afgesny is. Maar, nee dankie, besluit ek, van toneelskryf weet ek niks, en vir akteurs is ek skrikkerig.

So drie weke later bel Frank weer. Hy wil net hoor hoe ek met sy stuk vorder. Het ek in die koerant gesien inskrywings vir die Aardklop-kunstefees sluit oor twee weke?

Toe leer ek die eerste keer ’n ding oor Frank: Hy droom groot en as jy nie begin saamdroom nie, gaan hy jou nie sommer met rus laat nie.

Ek mompel iets van ek sal kyk wat ek kan doen, maar toe ek die foon neersit, dink ek: Jou maai, Frank, ek gaan dit nie doen nie.

Ek is doodtevrede om rubrieke en stories te skryf. Maar toe begin teem so ’n simpel stemmetjie in my kop: ‘‘Jy is darem ’n ondankbare blikemmer. Een van die beste akteurs in die land vra jou om vir hom iets te skryf, en jy weier.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 5 Augustus 2010



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (4)


  1. Marie
    2010/08/19 03:36:25 nm
    Ek kan nie wag vir Pottie nie. Dit is nou lekker om Vrydae van die werk af te kom en terwyl die kos op die stoof prut kyk ek gou na Pottie. Almal in die storie is oulik. Ek is ook regtig mal oor Pottie se skoonma, sy kerm heeldag maar eintlik gee sy werklik om. Hou so aan Frank dit is goed.
  2. mmmmm
    2010/08/11 04:02:16 nm
    is great hou so an!
  3. Dewald
    2010/08/07 07:00:30 nm
    Het Vrydag die eerste episode van Die Uwe Pottie Potgieter gekyk en dit was snaaks. Kan nie wag vir die res nie. Ek het gelukkig ook die verhoogstuk gesien en dit was ook baie snaaks. Het ongelukkig nie die opvolg van die verhoogstuk gesien nie. Dana Snyman jy mag maar nog draaiboeke skryf.
  4. BOERBOEL
    2010/07/31 09:31:06
    Nog nie vir Pottie ontmoet nie. Ons bly hier tussen die Shamrock en Leprechauns.Twee van die bestes bymekaar. Dit kan net 'n hengse sukses wees -dinges af of nog daar maak nie saak nie. Broodmes, knipmes, biltongmes, steekmes, Joseph Rodgers, Spiderco of Kershaw gaan ook nie pla nie. Gee hom gas kerels. Julle is Africana.