Burger, Robertson se Superster

E-pos
Print

MET dieselfde skaam glimlag waarmee hy elke Vrydagaand in miljoene Suid-Afrikaners se hart gekruip het, maak hy die voordeur oop in sy noupypjeans, ’n T-hemp en pantoffels.

Suid-Afrika se nuutste Supersterre-wenner, Burger le Roux (20), is terug op Robertson, sy tuisdorp in die Wes-Kaap, en sy mense is nie bietjie trots op hom nie.

 In die kombuis hang sy foto met die woorde: “Robertson se Superster! Welkom terug, ons klong.’’ Robertson het ’n nuwe burgemeester, verkondig ’n koerant, en die polisie hou in die middel van die pad stil om blad te skud toe hulle hom in die dorp gewaar.

So amper het die held al die glorie verpas – hy was byna nie lus vir wéér probeer nie. “Ek het met die vorige twee Supersterre ingeskryf, maar nie eens die top-10 gehaal nie,’’ vertel hy hier in die sitkamer waar die gasvrye huismense drinkgoed en lekkernye aandra.

“My vriende het my met die laaste oudisie oorreed om tog maar te gaan. Ek het besluit om Ryperd as ’n grap te sing. Ek was nie bekommerd of ek gaan inkom of nie, en toe haal ek dit sowaar!”

Enkele dae nadat hy as wenner van die gewilde TV-werklikheidsreeks met ’n platekontrak van R500 000 en R100 000 kontant weggestap het, het Burger eers op sy tuisdorp kom asem skep voor hy binnekort Johannesburg toe trek. Hy moet sy eerste album gaan opneem, want dit moet oor drie maande op die rakke wees. Boonop is daar planne vir ’n landwye toer.

“Ek wil graag ’n kommersiële rockalbum uitreik, iets soos Prime Circle se musiek,” sê hy. Hy sal Afrikaanse en Engelse liedjies sing.

Lees meer oor Burger in die Huisgenoot van 24 Junie 2010



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (49)


  1. André
    2010/11/14 11:24:08
    Haha ai Katryn!! Giovanni was goed,maar was dieselfde die hele reeks. Maar jinne moet jy iemand so afkraak?
  2. Antoniem
    2010/10/13 03:08:42 nm
    Burger jy is my held wanneer bring jy daai cd uit. Het jy n meisie?
  3. Jacques Visser
    2010/07/19 03:27:48 nm
    Burger, ek het baie respek vir jou. Saterdag het ek vir die Rekord Voce kompetisie ingeskryf en nie eers in die top drie gekom nie. Al hoekom ek nog aanhou sing is omdat mense om my my aanhou vertel dat ek kan. Ek respekteer jou vir nie opgee in `n droom nie en vandag is jy `n superster. Baie GELUK.
  4. Tersia
    2010/06/24 05:03:50 nm
    Baie Geluk Burger wel gedaan jy verdien dit... Jy sing wonderlik en het 'n fantastiese stem maar jy sal moet oefen aan jou verhoog optredes en jou houding op die verhoog met jou bewonderaars. Jy moet bietjie gat swaai en litte roer jy is te "prim en proper" maar jy sal nog baie leer. Weereens baie geluk en voorspoed al wat nou voorle is baie harde werk om daar bo te bly. Geniet dit!!!!
  5. Engela
    2010/06/24 02:28:39 nm
    Burger jy is n SUPERSTER Duisend en verdien dit wel gedaan
  6. Lizette
    2010/06/24 12:01:36 nm
    Baie geluk ou jonge man!!!!!!!!!!! Jy verdien dit deur en deur.
    Wie sou nou kon dink dat jy so 'n verander kon maak.
  7. Nog n Gerda
    2010/06/24 07:36:55
    Burger jy is n wenner. Kan nie wag vir jou CD nie en asb n DVD ook. Jy het klas en styl..jy het alles ..jy het nie nodig om te kompenseer met n wikkelende onderlyf om n swak ontwikkelde stem te verdoesel nie.. ek verwag dat jou uitreikings rekord hoogtes gaan bereik. Baie geluk en roer jou..ons wag vir die cd en die DVD. Moenie nalaat om jou stem verder te ontwikkel nie..hou aan met jou sangklasse en behou goeie bande met Manuel. Ek wil graag duette van jou en M en Patricia hoor.
  8. Petra5
    2010/06/23 04:29:41 nm
    Ek stem saam met Erika. Burger, moet jou tog IN HEMELSNAAM nie aan die negatiewe kritiek steur nie!!! Die hoogste bome SAL die meeste wind kry!!! Jy WAS en IS die beste!!
  9. Elri Smit
    2010/06/23 02:13:26 nm
    Baie geluk Burger. Jy was van die heel eerste episode my gunsteling. Glo my, ek sal van die eerstes wees wat jou CD gaan koop sodra dit op die rak kom. Baie voorspoed voorentoe. Jy is 'n pragtige jong man en die mense wat saam met jou werk en leef kan geeerd voel.
  10. Riana vH
    2010/06/23 12:58:35 nm
    Katryn ek dink jy was onnodig geniepsig. Burger wou nie by Giovanni sy moves copy nie, hy het slegs probeer om die be-oordelaars tevrede te stel en toe uiteindelik sy bewegings sy eie gemaak. Selfs Rina Hugo het gese dit is O.K. om stil te staan. Het jy die vorige Supersterre gekyk?, daar het hulle ook dieselfde "songs"gesing, nie omdat hulle copy cats was nie. As Burger wou copy cat speel sou hy Steve se liede soos Steve gesing het en nie op sy manier nie!! Wat sy klere betref wat is die probleem, hy is jonk en funky so die t/shirts pas by hom. Ek glo nie Giovanni sou so goed gelyk het in t/shirts en noupyp broeke nie. Jy se hy was vals met sy laaste optrede, was dit nie net 'n geval dat hy toe baie meer selfvertroue gekry het nie? Dan kla jy ook dat hy reeds van 8 jaar sing, dink jy al die ander deelnemers het nou eers begin sing? Hy het nie professioneel gesing nie. Giovanni was goed, maar wanneer mens 'n c.d.luister, kan mens nie die moves sien nie, dan tel die sang. Gun tog maar net vir Burger wat Burger toekom!!!
  11. Riana vH
    2010/06/23 12:58:33 nm
    Katryn ek dink jy was onnodig geniepsig. Burger wou nie by Giovanni sy moves copy nie, hy het slegs probeer om die be-oordelaars tevrede te stel en toe uiteindelik sy bewegings sy eie gemaak. Selfs Rina Hugo het gese dit is O.K. om stil te staan. Het jy die vorige Supersterre gekyk?, daar het hulle ook dieselfde "songs"gesing, nie omdat hulle copy cats was nie. As Burger wou copy cat speel sou hy Steve se liede soos Steve gesing het en nie op sy manier nie!! Wat sy klere betref wat is die probleem, hy is jonk en funky so die t/shirts pas by hom. Ek glo nie Giovanni sou so goed gelyk het in t/shirts en noupyp broeke nie. Jy se hy was vals met sy laaste optrede, was dit nie net 'n geval dat hy toe baie meer selfvertroue gekry het nie? Dan kla jy ook dat hy reeds van 8 jaar sing, dink jy al die ander deelnemers het nou eers begin sing? Hy het nie professioneel gesing nie. Giovanni was goed, maar wanneer mens 'n c.d.luister, kan mens nie die moves sien nie, dan tel die sang. Gun tog maar net vir Burger wat Burger toekom!!!
  12. RianaVH
    2010/06/23 07:51:21
    Burger, baie, baie geluk, jy is die beste. Mense is verkeerd, jy het van die begin af goed gesing.
    Jou selfvertroue het verbeter daarom was jy meer gemaklik op die verhoog en jy het niemand probeer namaak. Of ons net jou stem gaan hoor en of ons jou gaan sien optree, maak nie 'n verskil, net 'n bonus. Giovanni was goed, maar jy is die een wat van die begin in ons harte geklim het.
    Kan nie wag vir jou cd en optredes
  13. RianaVH
    2010/06/23 07:51:19
    Burger, baie, baie geluk, jy is die beste. Mense is verkeerd, jy het van die begin af goed gesing.
    Jou selfvertroue het verbeter daarom was jy meer gemaklik op die verhoog en jy het niemand probeer namaak. Of ons net jou stem gaan hoor en of ons jou gaan sien optree, maak nie 'n verskil, net 'n bonus. Giovanni was goed, maar jy is die een wat van die begin in ons harte geklim het.
    Kan nie wag vir jou cd en optredes
  14. @ LIZA
    2010/06/23 07:31:26
    Dis maar net JOU opinie dat Giovanni moes wen. Hoekom het hy nie gewen nie? Want Burger is beter as hy en Burger het nie vir homself gestem nie, DIE PUBLIEK het vir hom gestem, m.a.w die mense wat sy CD's gaan koop. Hoop jy verstaan dit nou beter Liza.
  15. RENSCHE
    2010/06/22 07:51:36 nm
    GELUK OOK AAN Leana van Zyl!shaun,anthonie en nou Burger.Well done.Jy is nr 1
  16. Louanne
    2010/06/22 05:01:17 nm
    Ek het self vandag Burger se ouderdom geslaan, en ek weet watter tipe druk op ons jong volwassenes is. Ek kan myself indink hoeveel te meer die druk op hom moet wees met die dat hy nou in die kollig is, maar ek wil hom bekroon met al my respek vir sy nederige en christelike gesindheid. Nie net vir sy wonderlike roerende stem nie, maar ook sy aansteeklike geloofsvertroue. Ek ken jou nie Burger, maar ek gee baie om vir mense soos jy wat weet deur Wie sukses bekom word. Baie geluk met jou prestasie. En bly iets vir die oog.
  17. Rensche en anthonie
    2010/06/22 03:58:28 nm
    WELGEDAAN!BURGER!JY S N SUPERSTER!JY VERDIEN DIT DEUR EN DEUR
  18. hardhorende van Pta
    2010/06/22 01:45:57 nm
    Baie geluk!!!!! Jy was great Burger. Geluk aan Emmanuel ook jy is n goeie leer meester... Ek het n gehoor probleem en dit was vir my baie maklik om jou musiek te hoor en boonop jou lippe kon lees. Die ander een wat teen jou gekompiteer het was ook goed maar ek sal baie gou moeg word vir sy musiek. Jy kan enige ietsie sing en dit pas jou wel gedaan....... Ek sal graag jou cd wil koop maar onthou om asb die lerieke by te sit vir ons hardhorende mense dit maak dit net baie makliker om musiek veral afrikaanse musiek te geniet.
  19. trix
    2010/06/22 01:06:58 nm
    Mooi so Burger!! Kan nie glo jy het so verbeter die laaste 3 episodes nie. MAL oor jou stem!!!!
  20. Rene
    2010/06/21 06:54:50 nm
    Sjoe, kan afrikaanse mense so ongeskik wees. As jy niks goed kan se nie, se dan net eerder niks.
    Baie geluk Burger, jy't goed gedoen.
  21. Erika
    2010/06/21 02:25:11 nm
    Katryn hoekom moet mense altyd ander kritiseer? Jy is wat mens noem 'n boelie. Burger was nie regdeur die optredes dieselfde nie, want hy het week na week gegroei. Burger baie baie geluk. Moenie jou aan snert steur nie. JY IS 'N SUPERSTER.
  22. Elsie du Plessis
    2010/06/21 02:06:03 nm
    Hi Burger baie geluk ek het geweet van die begin af dat jy gaan wen jy was my gunsteling jyt jou nie voor gegee wat jy nie is nie jy was jou self dit is wat ek van jou gehou het , hou so aan en alle vo orspoed voorentoe vir jou ek sien uit na jou cd oor 3maande .
  23. Yolandi
    2010/06/21 02:03:51 nm
    Sjoe ou Burger, jy mag maar aan God al die eer bring, hy het jou 'n wonderlike talent gegee! gebruik dit tot die beste van jou vermoë!!! jy en jou familie kan baie TROTS wees op jou GELUK
    soos Cesilia hier bo se, is jy dalk die land se volgende Steve ? mense kan van Steve se wat hul wil maar SING KAN HY SING en jy het sy liedjies ongelooflik goed gesing ...WELL DONE
    Sterkte met jou pad vorentoe - sal beslis jou cd op my rak wil hê!
  24. Karen Faber
    2010/06/21 01:12:31 nm
    Baie geluk Buger alle beste en sterkte vir wat voor le mag God jou ryklik seen en hoop jy maak n sukses van jou lewe al wat jy moet doen is om op God te vertrou en hy sal jou deur als dra want by God is niks ontmoontlik nie weer eens baie geluk
  25. Liezel
    2010/06/21 01:00:46 nm
    BAIE BAIE GELUK BURGER!!! Jy is werklik 'n SUPERSTER werd!!! Ons het Vrydagaand na jou en Emanuel gaan luister in die Strand se Stadsaal, en dit was n SUPER PUIK konsert!!! Ons het almal dit ongelooflik geniet. Ons sal graag wil sien hoe jy en Emanuel Escorsio 'n CD saam gaan maak, dit sal fantasties wees!!!! Nogmaals, veels geluk.
  26. Wilma Jacobs
    2010/06/21 12:58:16 nm
    Burger ek wil vir jou se baie baie geluk!!! Jy het 100% verdien om te wen want jy het waarlik 'n ongelooflike stem!! Ek het van die begin af van jou gehou, elke keer wat jy gesing het, het ek hoendervleis gekry!! Elke persoon het soms slegter aande as ander, maar jy het gewys wat in jou is en jy is GREAT!!!! Toe jy aangekondig is as die wenner het ek trane in my oe gekry van blydskap en ek kon sien hoe bly jy was. Jy het nooit 'n houding gehad nie en jy het plat op die aarde gebly. Jy het regtig 'n talent van ons Here Jesus gekry en ek glo jy sal Hom ewig dankbaar wees! Ek wil net vir die mense se wat sulke aaklige goed te se het van Burger dat julle eerder moet stil bly as jul niks goed te se het van iemand nie. Supersterre is 'n sang kompetisie en nie 'n dans kompetisie nie. Giovani het Elvis se musiek goed gesing en dit is waar dit gestop het. Dit gaan nie oor die moves wat hy gedoen het nie, dit gaan oor hoe hy sing. Daar is bitter baie sangers/sangeresse wat stil staan op die stage as hulle optree, so wat probeer jul sê? As Giovani se moves so goed was dan moet hy maar volgende keer eerder vir 'n dans kompetisie in skryf!! Giovani het nie 'n slegte stem nie, maar Burger was die beter een. Hene die liedjie wat jy saam met jou afrigter Emanuel gesing het, was ongelooflik en jou stem het bo sy stem uit geheers!! Dit was stunning!! Jy het die beste afrigter gehad en hy het jou baie goed gehelp!! Burger ek staan agter jou en ek is bitter bly vir jou dat jy gewen het, ek is seker meeste van SA staan agter jou. Kan nie wag vir jou eerste cd nie. Weereens baie geluk!! Keep up the good work!!!! :-)
  27. Helen
    2010/06/21 12:52:25 nm
    Aan die einde van die reeks het die werklike talent deurgekom. Giovanni doen uitstekende "impersonations" maar uiteindelike het tou talent gewen. Geluk Burger, bly net soos wat jy is. dit is die prag van jou vertoning, dis eg en nie aangeplak nie. Geluk jy verdien dit!!!
  28. Angelique
    2010/06/21 12:47:10 nm
    Baie geluk aan beide Burger en Giovani. Burger het tydens die reeks die beste groei getoon. Is dit nie waaroor sulke tipe programme gaan nie. Giovani is goed van die begin af gewees, Burger het gegroei in sy sang asook optredes voor die gehoor. My gunsteling was ook Giovani maar komaan mense wees eerlik, Burger het verdien om te wen.
  29. Marietjie Botha
    2010/06/21 12:41:59 nm
    Jy het van die begin af net verbeter met elke episode, jy het gekom waar my broer Wiskus Aucamp wou wees voordat hy in 'n motorfietsongeluk oorlede is op 20. Jou stem, jou beweings en verhoogspersoonlikheid is presies soos syne. Jy gee my 'n kmop in my keel. Baie baie geluk, ek koop jou eerste cd.
  30. Roxy vir Burger
    2010/06/21 12:07:23 nm
    Burger het verdien om te wen, want anders as Giovanni, kon almal sien hoe Burger deur die loop van die reeks gegroei het! Well done Burger. Jy het net die raad van die beoordelaars gevolg. Jy het verdien om te wen!
  31. Roosmarie
    2010/06/21 11:45:05
    Baie geluk! Jy het verdien om te wen. God gee vir ons almal geskenkpakkies vol talent en jy het joune nou oopgemaak,ander moet dit nog ontdek. Baie sterkte vorentoe!
  32. Gerda Cockrell
    2010/06/21 11:35:25
    Geluk Burger hoe se hulle "klein pakkies GROOT gif". Almal was te seker dat Giovani sou wen en hier kom jy en wys hul 'n ding. Ek is rerig bly jy het gewen ek het van dat hulle jou twee keer wou uitstem en Theuns se woorde dat jy vervelige songs gesing het vir jou duim vas gehou kan nou net nie wag vir jou eerste cd nie!
  33. Katryn
    2010/06/21 11:30:43
    Almal het hul eie menings.... ek glo nie jy was die 1 wat moes wen nie! Giovanni was van die begin af dieselfde en niks voorgegee nie. Almal het hom probeer 'copy' met sy 'lyfswaai'. Jou laaste optrede was half 'vals' omdat jy dit nie regdeur die hele supersterre reeks so was nie, jou klere drag was anders, selfde song as Giovanni gesing en selfde moves as hy probeer maak ens! A nee a en die feit dat jy van 6/8 jarige ouderdom sing maak jou nie eintlik 'n superster nie... supersterre soek iemand wat hul loopbaan ens verder kan bou en nie iemand wat reeds ondervinding het nie..! En bo als, as dit nie vir GERHARD STEYN was nie sou jy nie gewen het nie... Giovanni is die nederige tipe wat altyd dankbaar sal wees en sy SKEPPER, Liewe Jesus al die eer gee vir sy talent en waar hy vandag is!!!!!
  34. Helen
    2010/06/21 11:19:08
    Burger jy was fantasties, beskeie en profesioneel. Giovanni was baie goed met sy Elvis impersonating, maar vir die res was jy die superster. Baie Geluk, jy het dit verdien.
  35. Cesilia
    2010/06/21 11:11:57
    Is die superkind dalk ons volgende Steve????
  36. Gerda
    2010/06/21 11:10:21
    Baie baie geluk Burger. Ek het van die begin af die meeste van jou gehou maar sjoe die laaste 3 weke het jy absoluut ons asems weggeslaan. So trots op jou en kan nie wag vir jou cd nie. You Rock!!!!!!!!!!!!!!!!
  37. Christine Baatjies
    2010/06/21 08:54:48
    Liza, my suster en haar twee dogter het ook vir Giovanni gestem totdat hulle Burger se laaste 2 optredes voor die finaal gesien het en hulle het hul minds gechange en Burger fans geword. Giovanni het tweede gekom soos Theuns gese het "If you don't like it, just LEAVE IT"....
  38. boere-nooi23
    2010/06/21 08:40:06
    burger jy het so fantasties gesing jy verdien om te gewen het mag jy nou net n goeie pad vorentoe he met jou loop baan in die musiek bedryf.
  39. SS
    2010/06/21 07:13:40
    Baie geluk Burger jy verdien dit. Bly altyd so 'n pragtige mens soos wat jy is. Sal beslis jou CD koop sodra dit uitgereik word. Die aand toe jy aangewys is as wenner het my dogterjie van 9 jaar en my ma ontrent die dak gelig van blydskap. Sterkte met jou loopbaan vorentoe.
  40. lea
    2010/06/19 11:35:34
    Burger tannie wil net se baie baie geluk. GEBRUIK JOU TALENT WAT GOD jou gegee het en onthou elike dag is nie maanskyn en rose nie. n TOPSTER werk baie hard... nogmaals geluk dit was so lekker om na julle tegekyk het...
  41. Shàn
    2010/06/19 10:36:38
    k ht ng altyd vertroue gehad in die oordeel van di beoordelaars en die kykers van super sterre, maar met die pas afgelope reeks is ek diep teleurgesteld in beide. mt alle liefde gese ek dink nie j moes gewen ht. Giovanni is ng steeds my gunsteling.
  42. Burger-Fan
    2010/06/19 10:05:29
    Burger was van die eerste aand af my gunsteling! ek het geweet jy gaan wen. Giovanni is ook baie goed, maar op jou stil stemmige manier het jy die skaal laat swaai na jou toe. Mooi Burger, Proudly South African!!
  43. Betie Botha
    2010/06/18 08:20:39 nm
    Burger baie geluk, ons gesin het geweet jy gaan wen, van die begin af was jy ons favorite. Sterkte en onthou God het jou die talent gegee moet asb nooit vergeet hom Hom elke dag te bedank daar voor nie. Met sy hand in joune en alle eer aan Hom gaan jou 'n suksesvolle loopbaan maak!!!
  44. Julian
    2010/06/18 03:04:56 nm
    Die Vader weet hoekom jy die een is wat moes wen. Baie geluk. Jy het die verdien. Die Robertsonners is baie trots op jou!!
  45. Elaine Steyn
    2010/06/18 11:49:36
    My gunsteling het gewen. Burger jy is die beste, Giovani was goed maar jy het daardie iets wat jou 'n wenner maak. Sterkte op jou pad vorentoe.
  46. Marlene
    2010/06/18 11:39:49
    Aanhouer wen! .... Baie gelul met jou prestasie.
  47. Rosa
    2010/06/18 10:11:32
    Burger is regtig n ster en het verdien om te wen, baie geluk mag jou sterretjie vir altyd helder skyn.
  48. charmaine
    2010/06/18 10:04:25
    Baie geluk Burger jy het my hoendervleis gegee met jou laaste twee optredes
    my wens vir jou is dat jy net so plat op die aarde gaan bly en dat jou roem nie na jou kop
    toe sal gaan nie - sing tog asb ook Bryan Adams en Bon Jovi se treffers.Baie trots op
    jou!!!!!
  49. LIZA
    2010/06/18 09:37:31
    GELUK BURGER MAAR JY WAS NIE MY GUNSTELING OM TE WEN EK HET VIR GIOVANI GESTEM EN DINK NOG STEDS HY MOES WEN MAAR WEER EENS GELUK HOOP JY BEHAAL GROOT SUKSES DIE WERELD LE OOP VOOR JOU GENIET DIT