Boer Tickey gaan pa word!

E-pos
Print
Tickey en Selme-Louise
Tickey en Selme-Louise

Hy kon sy oë nie glo nie. Kan daai klein ‘‘boontjie’’ op die sonarskerm, dié ou dingetjie in sy vrou se maag, hul heel eerste baba wees?

Eers ná drie swangerskaptoetse en ’n doktersbesoek op Mosselbaai het die televisieboer Tickey van Wyk (36) regtig geglo hy gaan pa word. “Toe die suster sê: ‘Ek sê jou mos dié ooi is dragtig,’ toe besef ek, jong, dit ís so,’’ vertel die aantreklike skaapboer hier in die ruim plaaskombuis van sy huis op Wolwas-boerdery anderkant Loxton.

Nou wil hy leer om ’n babadoek foutloos om te ruil, dié dat Tickey deesdae voorgeboortelike klasse bywoon. “Sodat ’n ou darem kan weet waarvoor hy hom inlaat...”

Hy is die man wat voorverlede jaar op die TV-program Boer Soek ’n Vrou halsoorkop verlief geraak het op die laer-skoolonnie Selme-Louise du Plessis (29), en nog voor jy kon sê skaap, toe staan die twee in die veld voor die dominee op haar ouers se plaas buite Nelspruit.

En nou is dit sulke tyd hier op Loxton. Die kleintjie kom in Mei.

“Ons is dankbaar, al het dit heelwat vroeër gebeur as wat ons beplan het,’’ sê die sprankelende donkerkop wat deesdae boervrou is. “Ons kla nie. Tickey wou nog altyd dadelik met ’n gesin begin en ek wou nog wag, maar dis ’n geskenk van God.”

Die oupas en oumas aan albei kante is sommer dadelik gebel. En die huiswerker Anna van Rooi het dadelik gesê sy’t “lank-al geweet’’.

Die twee lag lekker.

Vermoedelik het Tickey al verlede jaar groot planne gehad, want hoekom het hy dan toe ’n bababedjie op ’n veiling gekoop? “Ons was nog nie eens getroud nie,’’ sê hy blinkoog. “Toe koop ek dit en skuur dit af. En kyk nou net hoe goed gaan dit te pas kom.’’

Lees die volledige artikel en sien meer foto's in die 25 Maart-uitgawe van Huisgenoot. 'n Inskrywingsvorm vir die derde reeks van Boer Soek 'n Vrou verskyn ook in die nuwe Huisgenoot. Uitsendings van die derde reeks van Boer Soek ’n Vrou begin in September op kykNET.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (40)


  1. susan brand
    2011/07/22 05:19:20 nm
    kan ons asb. die baba sien? Ons is so nuuskierig! Is hy nie al n jaar oud nie?
  2. sybel schafer
    2011/04/04 09:16:40 nm
    Hi kan julle asb vir ons 'n foto van julle babatjie op sit dat ons ook in julle vreugde kan deel.
  3. Petro
    2011/04/01 01:26:47 nm
    Baie geluk julle, mag die groot geskenk vir jul blywende vreugde en geluk bring
  4. Alberta
    2010/12/31 11:43:16
    Hi Tickey en Selma ons wil graag julle baba sien, hy is seker net so mooi soos ma en pa. Ons is so bly dat julle twee bymekaar uitgekom het, julle pas so mooi. Ek is ook 'n groot blou bul fan en was so bly om te hoor dat hy ook een is.
    Ons weet sommer dat hy vir julle baie vreugde gaan bring..
  5. Rien
    2010/10/15 11:37:12
    Waar is die foto's vandie baba asb :[

  6. 2010/10/15 11:36:13
    Waar is foto's vadie baba asb :[
  7. sonja
    2010/09/10 10:22:18
    Wanneer kan ons die babafoto's sien van Selma en Tickey?
  8. theone
    2010/09/05 08:14:45 nm
    waneer kom die babba ek wag hoopeloos telank soo kom nou ma
  9. Gerda-Marie Pratt
    2010/07/22 03:57:56 nm
    Wanneer sien ons fotos van die baba? Hou die media al die afgelope 3 maande dop om die pragtige egpaar met hulle baba te sien.
  10. Juanita Steyn
    2010/06/18 01:25:40 nm
    Baie geluk aan jul tweetjies met die kleinding se koms. Wens jul alle geluk en vreugde toe ook aan die familie weerskante. Jul is n pragtige paartjie. God se seen op jul huwelik en as gesin.Alle vreugde aan jul almal !!
  11. Jackie Enslin
    2010/05/10 01:06:07 nm
    Baie geluk aan twee oulike mense. Julle baba gaan definitief 'n oulike boertjie wees. Julle Christelike uitkyk is 'n openbaring vir baie jongmense. Miskien kan Tickey met Jurie gesels om sy leefwyse bietjie te verander.
  12. Leola
    2010/05/09 03:48:54 nm
    Julle twee is die mooiste paartjie wat ek in 'n lang tyd gesien het. Baie geluk met die baba en mag hy/ sy vir julle net vreugde en liefde bring
  13. CAT
    2010/04/20 02:16:06
    DAARDIE BABATJIE GAAN JULLE LEWE ONDERSTE BO GOOI! MAAR DIS IS DIE MEES FANTANTIESE ONDERSTE-BO WONDERWERKIE....NS: MOET ASB NIE DIE NAAM DEZI GEBRUIK NIE......DIT IS NIE 'N KLOON VAN IEMAND WAT SLEGS 'N SEPIE-ROLLETJIE VERTOLK HET NIE MAAR 'N KLEIN GODGEGEWE INDIWIDU!
  14. Vicky
    2010/04/04 10:57:44
    Baie geluk.
    Ek het net so klein ietsie om negatief by te voeg oor die program.
    Ons almal weet nou dat die vrou wat dit aan bied wel 'n kort stondige verhouding
    gehad het met een van die boere en my opinie maak seker nie regtig saak nie
    maar gaan dit maar nogsteed noem. As sy dan kon sien sy stel belang aan
    een van die boere hoekom het sy nie ontrek van aanbeider nie en dan eerder
    self deelgeneem nie. Ek dink dit was on van pas! Ek kan nie glo dat sy weet dit gaan
    aanbied nie. Dis net my opinie.
  15. Tant Manda
    2010/04/01 04:01:41 nm
    Mag die koms van die baba vir julle net vreugde bring, en mag julle nog lank gelukkig wees. Ek wens my liewe seun kon so 'n pragtige vroutjie soos Selme raakloop, maar hy is maar skamerig, dalk kan daar 'n "Ingenieur Soek 'n Vrou program geloods word!"
  16. Elsa van Zyl
    2010/03/30 05:09:49 nm
    Baie Baie geluk mag julle as ouers, ouerskap waardig wees en die kleinding in die Here se wee opvoed en beskerm. Mag die Here julle as gesin seen. Groete
  17. adrie
    2010/03/29 04:32:09 nm
    Dus wonderlik God seen julle ryklik en mag daar nog baie wees. Julle is pragtige mense en kan nie wag om te sien in huisgenoot die fotos van klein boertjie al my liefde.....
  18. maritza lemmer
    2010/03/25 03:31:19 nm
    Baie geluk jul twee mag die kleinding net vreugte bring
  19. Janine
    2010/03/25 11:36:50
    Baie baie geluk!!!Julle is vir my die allermooiste paartjie. Reeks 1 was nog maar net die beste. Julle was my gunsteling paartjie en ek wens julle net alle sterkte toe vir die toekoms en baie geluk met die geskenkie van ons Hemelse Vader. Geniet elke oomblik met jul "prins".
  20. Maggie
    2010/03/24 03:16:49 nm
    Tickey en Selme
    Ek wil net graag vir julle geluk sê met die kleintjie wat op pad is. Die Here het julle
    ryklik geseën. Mag al die geluk en voorspoed nou op jul pad wees. Julle sal altyd in
    my oë die beste paartjie bly wat nog in boer soek 'n vrou was. Julle pas baie mooi
    bymekaar. Die baba gaan die vriendlikste ouers kry nog op aarde. Nogmaals
    baie geluk
  21. Henriette
    2010/03/24 09:55:46
    Baie Baie geluk met die nuweling wat oppad is. Julle twee lyk so gelukkig!! Julle blom en so behoort dit te wees. Nogmals baie geluk hier uit Nelspruit.
  22. vene
    2010/03/23 10:27:33 nm
    baie geluk mag sy of hy net vir julle vreugde en liefde bring en mag dit n gesonde babatjie wees .n mens kan sien op die husgennot julle is n gelukig paartjie mag dit nog neer so aan hou in die volgende 20 jaar ! baie groete en liefde vene schmidt
    boer soek n vrou een bly vir my die beste van almal!!!!!!!!!!
  23. Jana Griesel
    2010/03/23 06:25:03 nm
    Baie geluk julle twee. Mag God jul kleinding werklik seen en al drome as familie saam waar word! Geniet elke oomblik. Hoop nie Anna bederf die kleinding teveel nie!!!
  24. liewe heksie
    2010/03/23 04:00:07 nm
    Baie geluk julle twee. Ek het gedink na verlede jaar se fiasko van Boer soek roem eerder as 'n vrou2 sou die vervaardigers daaraan dink om nog 'n opvolg te maak nie.
  25. Nicky
    2010/03/23 02:40:07 nm
    As die reeks moes plaasvind net om julle twee bymekaar te bring dan was dit die
    moeite werd, en onthou dis 'n gawe van Bo om gelukkig getroud te wees, koester
    dit en die vreugde wat met die bondeltjie saamgaan.
  26. Louise
    2010/03/23 02:34:10 nm
    Baie geluk julle twee! Jul gesigte straal van geluk en blydskap. Ek kan ook nie wag vir foto's van jul en die baba in huisgenoot nie.
  27. cvw
    2010/03/23 02:13:40 nm
    Baie geluk aan die paartjie, mag die hand van die Here oor hulle wees en hulle veilig en gelukkig hou
  28. dalene spies
    2010/03/23 08:56:34
    Baie geluk julle twee. Ek is so bly huisgenoot publiseer weer iets van julle twee Ek het al gewonder wat het van julle geword. Julle is 'n pragtige paartjie. Huisgenoot, hou ons asb meer op hoogte van die twee pragtige mense!
  29. Annamarie
    2010/03/21 05:04:05 nm
    Baie geluk. Julle is n pragtige paartjie. Mag die kleinding net vreugde en geluk vir julle bring.
  30. Gerda
    2010/03/21 01:19:36 nm
    Baie geluk aan Selme en Tickey. Mag die swangerskap tot op die einde voorspoedig verloop. en mag julle nuwe baba vir julle oneindige vreugde bring.

    Ek sien ook uit na die volgende reeks van Boer Soek 'n Vrou. Hopelik sal die nuwe boere versigtiger keuses maak as sommige van verlede jaar, en hopelik sal daar minder onvoorsiene dinge gebeur wat die reeks se vooropgestelde formaat skade aandoen.
  31. Engela
    2010/03/21 09:00:53
    Ek is regtig bly daar is een paartjie wat werklik gelukkig is uit die reeks. Hulle verdien dit. Baie geluk julle twee. Kan nie wag om die gesiggie te sien nie.
  32. Bessie du Preez
    2010/03/19 04:32:26 nm
    Baie geluk Ticky en Selma-Louise , so bly vir julle, dis voorwaar goeie nuus. Ek sal spesiaal vir julle bid dat alles goed sal gaan met swangerskap en geboorte. JUlle is n baie spesiale paartjie en ons kan nie wag oor verdere nuus van die baba nie. Miskien moet julle haar {indien n dogtertjie, na Dezi vernoem!
  33. tersia
    2010/03/19 03:54:24 nm
    Ag dit is te pragtig! Baie Geluk julle twee mag die kleinding vir julle vreugde en baie blydskap bring.
  34. Marinda
    2010/03/19 12:33:00 nm
    Baie, geluk, ek sien al hoe dra Anna hom of haar op haar rug rond!
  35. Christa-Marié
    2010/03/19 11:51:53
    Baie geluk julle twee, ek gun julle hierdie geluk! Julle was regtig vir my die paartjie wat ek van die begin af gewens het dat julle net geluk en vrede en vreugde moet hê.
  36. Annelize van der Merwe
    2010/03/19 11:26:23
    Dis so lekker om goeie nuus te lees, baie geluk en als van die beste, julle wys net dat daar nog mooi dinge in die lewe is.
  37. stella
    2010/03/19 11:26:15
    Baie geluk!! Julle is 'n þragtige þaartjie. Sterkte vir die toekoms..
  38. Sereta
    2010/03/19 09:58:14
    Baie geluk. Julle pas mooi bymekaar. Mag die kleinding vir julle en die grootouers net vreugde bring.