Boer Hennie se droom aan skerwe

E-pos
Print

SY HET haar boer met ’n tweede kans gevang – maar Yolindi du Preez, verloofde van Hennie van Deventer, het toe nie lank ’n plaasmeisie gebly nie…

Die rietskraal vrou maak skaars ’n duikie hier op die rusbank langs die man wat danksy die gewilde TV-reeks Boer Soek ’n Vrou deel van haar lewe geword het.

Buite die venster van hul meenthuis is ’n tuintjie met laventel en ’n suurlemoenboom – baie ver van die uitgestrekte wildplaas waar hulle skaars sewe maande gelede nog gewoon het.

Toe ons laas by die verloofdes gekuier het (Jip, joune vir altyd, 25 Junie 2009), kon Yolindi nie uitgepraat raak oor die lewe as plaasmeisie in Hoedspruit se Bosveld-wêreld nie. Dit was immers hoekom sy vir die kykNET-werklikheidsreeks ingeskryf het: om ’n boer te vang wat haar liefde vir die natuur deel.

Maar amper soos hul liefde in die program met ’n ompad gekom het, moes die paartjie einde verlede jaar ook ’n onverwagse u-draai maak om hulle hier op Middelburg te kom vestig. Nou is Yolindi (42) weer ’n dorpsmeisie, en sy en Hennie (44) werk sy aan sy in ’n winkel hier.

Die resessie het die wildplaas wat hy bestuur het, ’n paar dwarsklappe gegee, verduidelik Hennie. Ál minder oorsese toeriste het bespreek vir die wildbesigtingsingsritte, staptogte en veldoorlewingskursusse wat hy daar op die plaas aangebied het.

Die terugtog na Middelburg, Yolindi se tuisdorp, het toe sommer twee probleme gelyktydig opgelos: Hennie kon sy inkomste aanvul deur by haar familie-onderneming in te val, en boonop is hy nou net 30 minute se ry weg van sy twee dogters in Witbank.

Nie dat die trek maklik was nie, erken die voormalige boer. ‘‘Ons mis die oop ruimtes van die veld baie. Dit was ’n groot aanpassing toe ons einde November hierheen getrek het. Ek dink Yolindi het my buierigheid baie goed hanteer. ’n Ander vrou sou my dalk al in die pad gesteek het…”

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 17 Junie 2010



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (14)


  1. christine
    2010/10/20 08:13:44 nm
    ek dink hennie en yolandi hoort van die begin af bymekar ,en ek weet hul sal net geluk ken,eks ,hou net jou neus uit hul sake,jy het jou kans gehad,dis nou verby,julle 2 pragtige mense loop die pad met God en jul pad is met rose besaai
  2. petro
    2010/10/08 10:51:39 nm
    wel ek het van die begin af geglo die twee sal bymekaar uitkom en toe ek dit in die tydskryf lees was ek baie bly. ek dink hulle is altwee pragtig en altwee het n tweede kans in die lewe gekry en dat hulle nog by mekaar is n goeie teken. ek wou nog graag hennie se plek besoek het maar die vaal3hoek is baie ver. maar ek ken baie mense in middelburg het self daar gebly vir 13jaar. sterkt julle twee.
  3. Mockies
    2010/09/17 02:19:23 nm
    Ag a nee a julle. Ek sien altwee se kant in, maar ek dink tog julle is dalk bietjie hard op ou Hennie. 'n Pa (in 'n geskeide situasie) is mos maar altyd minder betrokke by sy kinders. Hulle bly tog nie by hom nie, en ek voel jammer vir hom omdat hy tog met hulle probeer spog. Hy het die volste reg om hul name te noem, hulle is sy kinders. Wees eerder bly hy praat van hulle. Hy kon hul bestaan heeltemal geignoreer het. Wees bly vir die kere wat hy wel iets bywoon, al is dit nie elke wedstryd of byeenkoms nie. En wat die bou betref - ek dink julle sit die bal mis. Om dieselfde bou te hê beteken nie dat hulle nou presies soos hy lyk nie. Dit gaan oor die struktuur van hul lywe. Hy het dalk 'n boepens en dik bene (whatever) en hulle spog dalk met mooi bene. Maar die bou is dieselfde. Dis klein goedjies wat nie saak maak nie. Hennie vir jou en Yolindi wens ek 'n mooi toekoms toe en vir jou Ronel presies dieselfde. Mag daar ook vir jou iemand wees wat jou sal gelukkig maak.
  4. Susan
    2010/09/16 09:53:17
    Dit lyk ni vir my of Ronel hulle aanval nie, sy het eenvoudig kommentaar gelewer oor sekere punte waarme sy ni ooreenstem nie, wats daarmee fout!! Het dit nou n nuwe naam gekry...jaloers!! Dan moet die hele wereld jaloers wees as hul kommentaar lewer op iets....miskien moes Hennie sy kinders se gevoelens in ag geneem het en by hulle gehoor het of hy hulle mag noem....hulle is mos al groot kinders... Ronel spog met jou kinders, want wat hulle bereik is te danke aan jou!!!
  5. chrisitne
    2010/07/28 09:07:27
    ronel ek lei af jy is sy eks,indien wel is dit swak smaak van jou om hom aan te val op die manier teminste respekteer hy hul privaatheid en jy is kwaad dat yolindi die kol lig steel en nie jy nie sy het nie jul huwelik gesaborteer nie,kry n lewe en onthou jy het miskien net soveel skuld aan om nie meer by hom te wees nie,en ja gif appel ek stem saam sluk n prosac
  6. Amelia
    2010/06/18 03:27:42 nm
    Ai Ronel, gun Hennie en Yolindi n kans, hulle lyk baie gelukkig. n Mens se lewe gaan aan jy kan nie laat kinders jou lewe wil beheer nie. Sterkte aan julle twee, ek glo alles gaan uitwerk vir julle!
  7. @ gif appel...
    2010/06/18 02:57:22 nm
    sluk 'n pilletjie, Ronel.... netnou kry jy 'n hartaanval!!!
  8. Ronel
    2010/06/18 02:36:27 nm
    Sommige sien net romanse, maar het iemand al gedink hoe die tipe artikels die "boer" se kinders raak? Hul hou nie daarvan dat hul name genoem word in die artikels nie. Die "boer soek 'n vrou" reeks het nie altyd 'n positiewe impak op hul lewens gemaak nie.

    30 minute na Witbank maak nie werklik 'n verskil aan die kwaliteit tyd wat die kinders met hul Pa spandeer nie. Inteendeel hul het hom meer en langer gesien voor die "groot trek na Middelburg". Hoe kan jy 'n verhouding bou met jou kinders as jy hul net vir 'n paar uur per week sien vir ‘n fliek of in ‘n restaurant.

    Ek wil ook net graag 'n regstelling maak. Hennie se kinders is verskriklike bedrywige kinders en betrokke by 'n magdom buitemuurse aktiwiteite waarvan hy die helfte nog nooit bygewoon het of kon bywoon nie agv sy "werksure".
    Beide dogters is top akademiese presteerders, neem deel aan kunsfeeste en neem drama lesse, hip hop en tap danse, speel hokkie en neem aan atletiek deel. Aniska het sedert haar laerskool dae Limpopo hokkie kleure verwerf en in die Hoërskool speel sy vir die 1e hokkie span sedert graad 10 en is hierdie jaar weereens in die Mpumalanga span opgeneem. Dieselfde met atletiek. Was SA’s toe in die laerskool en sedert graad 8 in die skool se top 20 atletiekspan waar sy aan spiesgooi, discus en gewigstoot deelneem. Hierdie jaar was sy SA’s toe met Discus en Gewigstoot. Natasha neem deel aan Discus en NIE gewigstoot soos in die artikel gesê word. Natasha in Graad 7 en Aniska in Graad 12 is beide hierdie jaar as leiers gekies in hul onderskeie skole en het dit op eie stoom verdien deur hul betrokkenheid en hul positiewe geaardhede.

    Die beeld wat Hennie van sy dogters uitdra deur te beweer dat hul sy BOU het skep ‘n negatiewe beeld van die kinders. Hul is tiener dogters en gesteld op hul voorkoms. Hul het alles behalwe hul Pa se bou!

    Al wat ek hoop en bid is dat Hennie en Yolindi se verhouding sal hou
  9. Maria
    2010/06/15 08:49:20
    Solank as julle twee die paadjie saam met die Here stap, sal alles vorentoe ten goede uit werk.
    Glo en vertrou op Hom.
  10. mario
    2010/06/14 10:36:15 nm
    sterke aan julle.jul liefde vir mekaar sal als oorkom..bly lief vir mekaar.
  11. Merl
    2010/06/14 06:34:37 nm
    Ek dink aan julle, onthou God se plan is nie altyd ons plan nie, God is altyd met julle en hy het n goeie doel vir ons amal. Sterkte
  12. Danita
    2010/06/14 01:11:03 nm
    Die lewe is n lied maak die bete daarvan julle
  13. Francis
    2010/06/14 10:39:06
    Aan die eenkant is ek jammer vir julle oor die wildsplaas maar baie dinge in die lewe gebeur met 'n doel. Baie bly dat julle twee mekaar so mooi bystaan en die liefde blom. Julle twee het van dag een af diep in my hart gekruip en net onlangs het ek gewonder hoe dit met julle gaan. Bou so voort en baie liefdetjies. Upington
  14. tienie
    2010/06/13 05:54:50
    jammer vir julle. ek weet hoe die plaas lewe is. ek is ook n bosveld mens. sterkte vir julle