Boer Flip en Wenda nog steeds verlief!

E-pos
Print

Dis sekerlik ’n romanse wat in die hemel gemaak is, want dis die enigste een wat gehou het onder die vyf boere van die tweede reeks van Boer Soek ’n Vrou . . .
Op sy asemrowend mooi vrugteplaas in die Langkloof tref ons Flip Kotze (56) aan waar hy steeds van oor tot oor glimlag oor die vrou wat verlede jaar so onverwags in sy lewe verskyn het.

Nes die ander boere is ook hy oorweldig deur stapels briewe van vroue wat hom wou ontmoet . . . maar toe loop hy toevallig vir Wenda Uys (50) by ’n musiekwinkel raak, en hy hou so baie van wat hy sien dat hy haar smeek om saam met sy keuse-vroue ook plaas toe te kom. Was dit dalk een van die geheime wat hul verhouding so besonders maak? Dat hý die jag-ter was wat sy juweel raakgesien en opgeraap het?

In hul gesellige huisie gesels ons oor koffie en vlatert wat sy self gemaak het. En terwyl Wenda praat, sien jy aan die manier waarop Flip na haar kyk dat hy ná meer as ’n jaar nog smoorverlief op hierdie vrou is.

“Ons trou eers vroeg aanstaande jaar,” sê hy, “omdat Wenda se dogter in Desember trou en ons dit eers wil afhandel. Maar dit voel asof al my drome waar geword het. “Ek het die plaas waarna ek my hele lewe lank gesmag het en eindelik ook ’n vrou vir wie ek elke dag net liewer word.’’

Hy werk hard op Boskloof, waar die perskes in Maart geoes is, die laaste appels ook pas afgelewer is en die vrugtebome eersdaags vir die nuwe seisoen gesnoei moet word.

Bure praat van die plaas wat hy binne minder as twee jaar omgetower het. Hulle het dit nog nooit so goed sien lyk soos nou nie, met grond wat weer bewerk word en aartappels, pampoen en kool wat deesdae by die lorrievragte van die plaas weggery word – alles die werk van ’n man wat geluk gevind het en met ’n lied in sy hart opstaan.

Dit is juis albei se liefde vir die natuur, om in die veld te stap en die suiwer lug daar onder die Kammanassie- en Outeniekwaberge in te drink en die veldblomme te ruik, wat hulle na mekaar aantrek, vertel hulle. “Dit voel asof ons op ’n wittebrood is wat nooit gaan eindig nie,” sê Flip.

Die volledige artikel verskyn in Huisgenoot van 20 Mei 2010.

 



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (11)


  1. Ursula
    2010/05/20 05:14:03
    Hi julle tweetjies - julle lyk so pragtig baie mekaar en die oë blink van al die liefde. Julle moet vir jul "honeymoon" Australia toe kom en vir my kom kuier hoor. Liefdegroete
  2. Lizette
    2010/05/19 12:45:19 nm
    Kyk nou Flip ook 'n ware held wees nadat almal hom so sleg gemaak net omdat 2 vrouens agter geld aan was en gedink het hulle gaan vir n week lank in 'n 5ster hotel bly. Geluk julle 2 julle bedoel vir mekaar.
  3. Magda
    2010/05/17 04:58:48 nm
    Flip en Wenda, as jul nogsteeds verlief en bymekaar is dan moes dit als so gebeur het, baie geluk en mag jul twee net geluk vrede en liefde saam beleef
  4. Marlene
    2010/05/17 02:21:58 nm
    Wil net vir Flip en Wenda se mooi so ek hoop julle laat n paar van die "Boer soek n vrou" se koppe in skaamtes laat sak. Ek gaan nie name noem nie maar hulle weet wie hulle is. Geniet die geluk ek is self julle ouderdom klas en dis wonderlik om ons "ou" mense so gelukkig tesien. Ja ek weet nou gaan almal se moet nie "ou" mense se nie maar as mense hoor hoe oud ek is dan word ons mos "ou" mense genoem.Ek is die 1September 31jaar getroud en is nog net so verlief soos altyd miskien bietjie meer. En geniet julle lewe saam.
  5. Penny
    2010/05/17 12:54:22 nm
    Baie geluk! Hierdie liefde werk omdat altwee volwasse is en weet wat hulle in die lewe wil hê. Julle pas absoluut perfek bymekaar.
  6. Lizette
    2010/05/17 12:41:48 nm
    Hoe dan nou anders, ek is so bly vir jou Sussa, uiteindelik kry jy die geluk wat jy al vir baie jare soek en verdien. Alles wat mooi is vir julle!!! Lief jou!!!
  7. Nelmarie Robson
    2010/05/17 12:27:39 nm
    Ag ek is so bly om te sien julle is nog saam! Daai ander 2 vroumense....hulle was iets ysliks gewees.
  8. Karen
    2010/05/17 12:26:19 nm
    Ek stem saam julle 2 lyk baie gelukkig, mag julle altyd so voel oor mekaar. Die liefde is baie kosbaar en julle het ware liefde geving.
  9. Dihanna
    2010/05/17 09:49:04
    Tannie Wanda en oom Flip julle lyk pragtig by mekaar mag daar nog jare van vreugde en geluk voorle vir jul twee.
  10. Wenda
    2010/05/16 03:13:32 nm
    Dankie Wilma, so wonderlik om positiewe kommentaar te kry.
  11. Wilma
    2010/05/14 02:27:06 nm
    Baie geluk!!! Die lewe is net so kort daarom is dit wonderlik as met hoor van mense in my ouderdoms groep wat geluk vind!! Ek hoop nee glo julle liefde sal vir ewig daar wees. As met mekaar met respek en baie liefde behandel