DEEG
10 g (1 pakkie) kitsgis
80 ml (1⁄3 k) strooisuiker
500 g witbroodmeel
5 ml (1 t) sout
100 g Stork Bake, saggemaak
1 ekstra groot eier
30 ml (2 e) esdoringstroop
160-180 ml (2/3 – ¾ k) warm melk
VULSEL
5 ml (1 t) fyn kaneel
100 g geroosterde pekan- of
okkerneute, fyn gekap
80 ml (1⁄3 k) ligbruinsuiker
50 g Stork Bake, gesmelt en afgekoel
1 eier
60 ml (¼ k) melk
60 ml (¼ k) esdoringstroop
DEEG
Meng die gis, suiker, meel en sout in ’n bak. Maak ’n holte in die middel. Klits die STORK BAKE, eier, stroop en melk saam en giet dit in die holte. Meng tot ’n sagte deeg vorm. Knie dit sowat 10 minute op ’n meelbestrooide oppervlak tot glad en elasties. Plaas die deeg terug in die bak, maak lossies toe met kleefplastiek en laat staan op ’n warm plek tot dubbel so groot gerys.
VULSEL
Meng die kaneel, neute en suiker.
Knie die deeg af en rol dit uit in ’n reghoek van sowat 1 cm dik.
Borsel met die gesmelte STORK BAKE en strooi die neut-mengsel eweredig oor die deeg. Vou die een kant van die reghoek oor die deeg. Rol effens dunner uit en sny in drie ewe lang repe.
Vleg die repe lossies en plaas in ’n gesmeerde bakplaat. Bedek losweg met kleefplastiek en laat rys nog 30-40 minute.
Verhit intussen die oond tot 180 °C.
Klits die eier en melk saam en borsel eweredig oor die vlegsel. Bak 25-30 minute tot goudbruin en deurgaar.
Verhit die stroop en laat prut 1 minuut. Borsel die vlegsel hiermee sodra dit uit die oond kom. Laat afkoel.
Genoeg vir 6.
WAAR en WANNEER kan ek die Stork-resepte kry?
Een keer per maand word ‘n dubbelblad resep-artikel in Huisgenoot en YOU gepubliseer. Hierdie resepte kan uitgeknip en in jou Stork Joernaal geplak word. Sowat twee weke later sal dieselfde resepte ook op www.huisgenoot.com beskikbaar wees (gaan na KOS en dan Stork).
Die resepte word gepubliseer van Februarie 2010 tot Janaurie 2011.
HOE gemaak as ek van die resepte misgeloop het?
Gaan na www.huisgenoot.com en klik op KOS en dan Stork-resepte – jy kan die resepte daar kry. Die resepte word gepubliseer van Februarie 2010 tot Janaurie 2011.
Jy kan ook ‘n vorige uitgawe van HUISGENOOT bestel (teen gewone prys) by Huisgenoot Intekenare by telNA. 0860 103 687
WAAROM pas die internet-resepte nie in die ruimte daarvoor gelaat in my Stork-joernaal nie?
Jou Stork-joernaal is ontwerp met die resepte, soos gepubliseer in Huisgenoot, ingedagte. Ongelukkig kan ons net die kopie op die webblad verskaf. Af jy wil hê dit moet lyk soos in die Joernaal moet jy seker maak dat jy nie jou uitgawe van Huisgenoot misloop nie! Jy kan ook ‘n vorige uitgawe van HUISGENOOT bestel (teen gewone prys) by Huisgenoot Intekenare by tel. 0860 103 687
HOE gemaak as ek nog 'n joernaal wil kry
Nie jou kopie van die joernaal gekry nie? SMS die woord JOERNAAL en jou naam en adres na 39354. Elke SMS kos R15 en sluit die joernaal en posgeld in.