REËLS VAN STORK MEDIA24-PROMOSIE
1. Die promotor is Unilever Suid-Afrika (Edms.) Bpk. (“Die promotor”).
2. Enige Suid-Afrikaanse burger ouer as 18 mag deelneem, behalwe die werknemers en hul gesinne van die promotor, deelnemende borge, filiaalmaatskappye, advertensie-agentskappe en enigiemand wat by die promosie betrokke is.
3. Om vir die kompetisie in te skryf koop enige STORK-produk en SMS jou naam en selfoonnommer en die strepiekode na 35791. SMS’e kos R3 en gratis SMS’e geld nie. Jy is geregtig op een inskrywing vir elke afsonderlike aankoop.
4. Deelnemers kan gevra word om bewys te lewer dat hulle die produk gekoop het. Hou daarom jou kwitansie as bewys van jou aankoop.
5. Daar sal 10 maandelikse pryse van R5 000 toegeken word en ’n trekking vir die groot prys van R50 000 sal in Januarie 2011 gehou word.
6. MEDIA24 hou dwarsdeur 2010 maandeliks ’n lukrake trekking by hul kantoor in Kaapstad, met die eerste trekking op 18 Februarie 2010 en die aankondiging van die wenner daarvan in Maart 2010. Die trekkings gaan op hierdie manier voort met die lukrake trekking vir die groot prys in Desember 2010. Die wenner van die groot prys sal in Januarie 2011 in die tydskrifte HUISGENOOT en YOU aangekondig word.
7. Die promosie sal van 11 Februarie 2010 tot 31 Desember 2010 duur en geen inskrywings wat ná hierdie datum ontvang word, sal in aanmerking geneem word nie.
8. Die wenners sal telefonies in kennis gestel word, voor hul naam in die publikasies HUISGENOOT en YOU verskyn.
9. Die orgniseerders sal die pryswenners sewe dae lank probeer kontak nadat hul naam getrek is. Maar as hulle nie opgespoor kan word nie, sal hulle die prys verbeur en ’n ander wenner sal gekies word.
10. Die prys is nie oordraagbaar nie.
11. Die promotor behou die reg voor om foto’s wat van die wenner of personeel geneem is na goeddunke en sonder enige verdere vergoeding aan die wenner vir publisiteitsdoeleindes te gebruik.
12. Die organiseerders van die kompetisie sal nie aanspreeklik wees vir enige vertragings met die uitbetaling van die prys nie.
13. Die promotor het die reg om die kompetisie onmiddellik en sonder kennisgewing te beëindig. In die geval van sodanige beëindiging stem alle deelnemers in om afstand te doen van enige regte wat hulle ingevolge die kompetisie kan hê en erken hulle dat hulle niks van die promotor, sy agente en promotors sal kan verhaal nie.
14. Deelname aan die promosie beteken aanvaarding van die reëls van die promosie en deelnemers stem in om by die reëls te hou.
15. Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
WAAR en WANNEER kan ek die Stork-resepte kry?
Een keer per maand word ‘n dubbelblad resep-artikel in Huisgenoot en YOU gepubliseer. Hierdie resepte kan uitgeknip en in jou Stork Joernaal geplak word. Sowat twee weke later sal dieselfde resepte ook op www.huisgenoot.com beskikbaar wees (gaan na KOS en dan Stork).
Die resepte word gepubliseer van Februarie 2010 tot Janaurie 2011.
HOE gemaak as ek van die resepte misgeloop het?
Gaan na www.huisgenoot.com en klik op KOS en dan Stork-resepte – jy kan die resepte daar kry. Die resepte word gepubliseer van Februarie 2010 tot Janaurie 2011.
Jy kan ook ‘n vorige uitgawe van HUISGENOOT bestel (teen gewone prys) by Huisgenoot Intekenare by telNA. 0860 103 687
WAAROM pas die internet-resepte nie in die ruimte daarvoor gelaat in my Stork-joernaal nie?
Jou Stork-joernaal is ontwerp met die resepte, soos gepubliseer in Huisgenoot, ingedagte. Ongelukkig kan ons net die kopie op die webblad verskaf. Af jy wil hê dit moet lyk soos in die Joernaal moet jy seker maak dat jy nie jou uitgawe van Huisgenoot misloop nie! Jy kan ook ‘n vorige uitgawe van HUISGENOOT bestel (teen gewone prys) by Huisgenoot Intekenare by tel. 0860 103 687
HOE gemaak as ek nog 'n joernaal wil kry
Nie jou kopie van die joernaal gekry nie? SMS die woord JOERNAAL en jou naam en adres na 39354. Elke SMS kos R15 en sluit die joernaal en posgeld in.