Elke maand tot Desember gee Stork R2 500 weg!
SKRYF SÓ IN
Koop ’n Stork BAKE-blok (500 g), SMS die woorde STORK BAK2, gevolg deur die laaste vyf syfers van die Stork BAKE op die blok wat jy gekoop het, jou naam en adres na 34922. Die kompetisie sluit op 26 Augustus om 17:00.
Elke SMS kos R1,50. Jy kan soveel keer inskryf as wat jy wil, maar moet elke keer nog ’n Stork BAKE-produk koop sodat jy die strepieskode kan gebruik. (Bêre die strepieskode.) Maak seker jy lees die kompetisiereëls onder aan dié blad.
Moenie moed verloor as jy nie vandeesmaand wen nie – nog R2 500 kan volgende maand gewen word!
Skakel die Stork Unliver-hulplyn by 0860-331-1441 vir meer inligting (plaaslike oproeptariewe geld).
BOTTERKOEKIES
Lewer 96
10 ml (2 t) bakpoeier
4 x 250 ml (4 k) koekmeel
knippie sout
300 ml (1¼ k) suiker
250 g STORK BAKE
2 eiers
Geglasuurde kersies, gekap
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Smeer ’n paar bakplate.
Sif die droë bestanddele saam.
Voeg die suiker by en meng goed.
Vryf die STORK BAKE by die mengsel in.
Klop die eiers en voeg dit by die mengsel.
Meng tot ’n stywe deeg vorm, maar moet dit nie te veel hanteer nie.
Rol die deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak en druk vormpies uit.
Versier met kersies.
Plaas op ’n bakplaat en bak 12-15 minute tot gaar.
Laat effens afkoel op die bakplaat en laat dan heeltemal afkoel op ’n draadrakkie.
Bêre in ’n lugdigte houer.
KOMPETISIEREËLS Dié maand se kompetisie sluit op 26 Augustus om 17:00. Personeel en hul gesinne van Media24, die borg of hul reklamemaatskappy mag nie inskryf nie. Deelnemers moet die geregistreerde eienaar van die selfoon wees van waar inskrywings gestuur word, of die eienaar se toestemming hê om dit te gebruik. Gratis SMS’e geld nie. Daar sal van die wenner verwag word om die verpakking met die strepieskode wat gebruik is om in te skryf, te toon. Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal gevoer word nie. Media24, Megaprom en Unilever S.A. (Edms.) Bpk. is nie aanspreeklik vir skade wat uit deelname aan die kompetisie spruit nie. Unilever S.A. (Edms.) Bpk. behou die reg voor om bene van die kompetisie te kanselleer. Deur in te skryf stem jy in om afgeneem te word vir publikasie in die tydskrif. Foto’s wat van die wenner geneem word, kan deur die tydskrif en/of borg gebruik word vir enige vorm van publisiteit wat hulle geskik ag sonder om die wenner verder te betaal. Die borg is verantwoordelik vir die prysgeld.