Resep 23: “Sag soos my hart”-sjokoladepoedings

E-pos
Print
Stork
Stork


150 g donkersjokolade, grof
gekap
150 g Stork Bake
3 eiers
3 eiergele
80 ml (¹⁄₃ k) strooisuiker
80 ml (¹⁄₃ k) koekmeel
30-40 ml (6-8 t) geklopte room

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer 6-8 klein oond-vaste koppies. Smelt die sjokolade en Stork Bake oor lae hitte of in die mikrogolfoond teen 50%-krag. Laat effens afkoel.

Klits die eiers, eiergele en suiker sowat 10 minute saam tot dik en liggeel. Klits die sjokolademengsel hierby in. Sif die meel oor en vou dit versigtig in. Vul elke koppie driekwart met die mengsel en bak 10-15 minute of tot die poedings net ferm is. Versier elk met 5 ml (1 t) geklopte room en sit dadelik voor.

Lewer 6-8 poedings.

WAAR en WANNEER kan ek die Stork-resepte kry?
Een keer per maand word ‘n dubbelblad resep-artikel in Huisgenoot en YOU gepubliseer. Hierdie resepte kan uitgeknip en in jou Stork Joernaal geplak word. Sowat twee weke later sal dieselfde resepte ook op www.huisgenoot.com beskikbaar wees (gaan na KOS en dan Stork).
Die resepte word gepubliseer van Februarie 2010 tot Janaurie 2011.

HOE gemaak as ek van die resepte misgeloop het?
Gaan na www.huisgenoot.com en klik op KOS en dan Stork-resepte – jy kan die resepte daar kry. Die resepte word gepubliseer van Februarie 2010 tot Janaurie 2011.
Jy kan ook ‘n vorige uitgawe van HUISGENOOT bestel (teen gewone prys) by Huisgenoot Intekenare by telNA. 0860 103 687

WAAROM pas die internet-resepte nie in die ruimte daarvoor gelaat in my Stork-joernaal nie?
Jou Stork-joernaal is ontwerp met die resepte, soos gepubliseer in Huisgenoot, ingedagte. Ongelukkig kan ons net die kopie op die webblad verskaf. Af jy wil hê dit moet lyk soos in die Joernaal moet jy seker maak dat jy nie jou uitgawe van Huisgenoot misloop nie! Jy kan ook ‘n vorige uitgawe van HUISGENOOT bestel (teen gewone prys) by Huisgenoot Intekenare by tel. 0860 103 687

HOE gemaak as ek nog 'n joernaal wil kry
Nie jou kopie van die joernaal gekry nie? SMS die woord JOERNAAL en jou naam en adres na 39354. Elke SMS kos R15 en sluit die joernaal en posgeld in.

 



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (14)


  1. Rochelle Camm
    2011/06/20 03:29:59 nm
    dit lyk maklik en baie BAIE leker kan nie wag om dit te maak nie!!!!!!





  2. anna loggenberg
    2011/06/17 11:01:22 nm
    ek's maar nuut in die kombuis, maar my skoonmense was aangenaam verras toe k dit na ete vir hulle voorsit. Duime en tone op!!!
  3. chorne
    2010/08/02 05:07:08 nm
    love dit!!! julle moet dit probeer!
  4. Aspeling
    2010/07/26 04:34:34 nm
    Lyk baie lekker
  5. Nicci
    2010/07/23 11:19:26
    Daar was 'n soortgelyke resep in 'n onlangse weergawe van die Sarie Kos tydskrif. Weet enige iemand hoe die twee vergelyk? Watse een is die lekkerste? =)
  6. corrie viola
    2010/07/02 03:21:45 nm
    dit baie lekker vir n sondag nagereg
  7. Lorraine
    2010/05/21 08:09:45 nm
    Lyk Heerlik
  8. Louise Zwarts
    2010/05/17 04:13:26 nm
    Dit lyk so lekker en maklik om te maak. Voorwaar 'n heerlike resep
  9. tessa
    2010/04/30 06:52:16
    Ek gaan dit vir die werksmense voorsit na aandete !!
  10. martie
    2010/04/28 09:39:28 nm
    maklik om te maak en heerlik
  11. rose
    2010/04/15 12:53:52 nm
    kyk hoe lekker
  12. martie
    2010/03/01 07:20:28 nm
    Dit is lekker en baie maklik om te maak
  13. Ostelle
    2010/03/01 02:00:15 nm
    Dis nou vir jou 'n lekker sondag resep!!
  14. ansie blom
    2010/02/28 02:16:55 nm
    dis bledy lekker