Resep 24: Neuterige ‘kap dit uit op die dansbaan’-bruintjies

E-pos
Print

250 g STORK BAKE
300 g (3 plakke) donkersjokolade, gekap
6 eiers, by kamertemperatuur
500 ml (2 k) bruinsuiker
125 ml (½ k) strooisuiker
10 ml (2 t) vanieljegeursel
500 ml (2 k ) koekmeel
250 ml (1 k) pekan- of makadamianeute, gekap
250 ml (1 k) sjokoladesplinters

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondbak.

Voer met bakpapier uit en smeer.

Smelt die STORK BAKE en sjokolade oor lae hitte terwyl jy dit voortdurend roer tot glad.

Verwyder van die hitte.

Klits die eiers, suikers en geursel minstens 10 minute saam tot dik en lig.

Voeg die gesmelte sjokolade in ’n dun stroompie by terwyl dit aanhoudend geklits word.

Sif die meel oor en vou in saam met die neute en sjokoladesplinters.

Giet in die bak en bak sowat 30 minute of tot dit bo gaar is, maar steeds effens klam in die middel.

Laat in die bak afkoel en sny in blokke.

Lewer sowat 50 bruintjies.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (1)


  1. Anrie
    2011/01/14 09:45:59
    Is daar enige iets better as sjokolade?? Nee ek dink nie so nie

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou.