Resep 19: ‘Net reg vir ’n middaghappie’-mini-salamipizzas

E-pos
Print

PIZZABASIS
500 ml (2 k) koekmeel
15 ml (1 e) bakpoeier
knippie sout
125 g STORK BAKE, in blokkies gesny
1 eier
160 ml (2⁄3 k) melk
’n skeut suurlemoensap of asyn

BOLAAG
500 ml (2 k) goeie tamatiesous
12-15 skywe salami
500 ml (2 k) gerasperde mozzarellakaas
30 ml (2 e) vars origanum,
gekap

Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n bakplaat.

PIZZABASIS
Sif die meel, bakpoeier en sout twee keer saam.

Vryf die STORK BAKE met jou vingerpunte by die droë bestanddele in tot die mengsel soos broodkrummels lyk.

Klits die eier, melk en suurlemoensap of asyn saam en voeg dit bietjie vir bietjie by die droë bestanddele deur dit met ’n spatel of tafelmes in te sny.

Plaas die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak, druk dit liggies saam en druk effens plat. Rol dit 1 cm dik uit en druk sirkels uit.

BOLAAG
Smeer elke sirkel met tamatiesous en pak ’n skyf salami, kaas en origanum bo-op.

Bak 10-15 minute tot die basis gaar en die kaas gesmelt is.

Laat effens afkoel en sit voor.

Dit kan ook koud in die kosblik gaan.

Maak 12-15 skywe.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (1)


  1. Marie Maritz
    2011/06/09 11:37:23
    Dit is heerlik,, ook met ander variasies van tuna en mayonaise - bullybief, uie, tamatie en sampioene alles gebraai. Yumyumyum!

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou.