Resep 1: ‘Proe nes Ouma s’n’-karringmelkbeskuit

E-pos
Print

1 kg bruismeel
10 ml (2 t) sout
500 g Stork Bake
375 ml (1½ k) suiker
500 ml (2 k) karringmelk
2 ekstragroot eiers

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer twee groot broodpanne.

Sif die meel en sout saam in ’n groot bak. Voeg die STORK BAKE by en vryf dit met jou vingerpunte in tot dit soos broodkrummels lyk. Roer die suiker in. Klits die karringmelk en eiers saam en voeg dit by die meelmengsel. Roer tot gemeng en verdeel dit tussen die twee panne.

Bak 50-60 minute tot gaar (’n toetspen moet skoon uit die middel van elke brood kom). Verlaag die temperatuur tot 60 °C.

Keer die brode uit en laat effens afkoel. Sny dit in vingers en pak op bakplate. Plaas die beskuit in die oond vir 4-6 uur tot heeltemal uitgedroog. Laat afkoel en bêre in lugdigte houers.

Lewer 70.

Stork -wenk: Is jou karringmelk op? Meng 250 ml (1 k) volroommelk met 30 ml (2 e) witasyn. Roer of klits en laat staan 5 minute voor gebruik. Of gebruik helfte melk en helfte natuur-like jogurt.

WAAR en WANNEER kan ek die Stork-resepte kry?
Een keer per maand word ‘n dubbelblad resep-artikel in Huisgenoot en YOU gepubliseer. Hierdie resepte kan uitgeknip en in jou Stork Joernaal geplak word. Sowat twee weke later sal dieselfde resepte ook op www.huisgenoot.com beskikbaar wees (gaan na KOS en dan Stork).
Die resepte word gepubliseer van Februarie 2010 tot Janaurie 2011.

HOE gemaak as ek van die resepte misgeloop het?
Gaan na www.huisgenoot.com en klik op KOS en dan Stork-resepte – jy kan die resepte daar kry. Die resepte word gepubliseer van Februarie 2010 tot Janaurie 2011.
Jy kan ook ‘n vorige uitgawe van HUISGENOOT bestel (teen gewone prys) by Huisgenoot Intekenare by telNA. 0860 103 687

WAAROM pas die internet-resepte nie in die ruimte daarvoor gelaat in my Stork-joernaal nie?
Jou Stork-joernaal is ontwerp met die resepte, soos gepubliseer in Huisgenoot, ingedagte. Ongelukkig kan ons net die kopie op die webblad verskaf. Af jy wil hê dit moet lyk soos in die Joernaal moet jy seker maak dat jy nie jou uitgawe van Huisgenoot misloop nie! Jy kan ook ‘n vorige uitgawe van HUISGENOOT bestel (teen gewone prys) by Huisgenoot Intekenare by tel. 0860 103 687

HOE gemaak as ek nog 'n joernaal wil kry
Nie jou kopie van die joernaal gekry nie? SMS die woord JOERNAAL en jou naam en adres na 39354. Elke SMS kos R15 en sluit die joernaal en posgeld in.

 



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (9)


  1. Susan Meireing
    2011/04/18 03:16:28 nm
    Baie dankie vir die resepte wat jul vir ons beskikbaar gestel het en dat ons dit self kon versamel het.
    Ek gaan beslis die resep probeer en dit lyk of mens die resep lekker kan vermeerdder of halfveer.
    Groete
  2. Jo-Ann Veldman
    2011/03/29 09:16:51
    dankie vir die resep ek het 'n blikkie kondensmelk bygegooi. In broodpanne gebak en moet sê myne kom nie so mooi wit uit nie maar het 'n gouerige kleur maar proe heerlik. Die kinders het al 4 skywe net so warm opge-eet. Lekker soet deeg. Is regtig lekker.
  3. lynette viljoen
    2011/03/21 02:54:32 nm
    mensies ek is opsoek na 'n anysbeskuit resep wat met suurdeer aangemaak word. groot asseblief
  4. Hilda De Bruyn
    2010/08/24 10:41:52
    Die maklikste beskuit wat ek nog ooit gebak het en so lekker,
    My man geniet dit in sy werks blik vir al as hulle so ver moet werk in
    die nag.
  5. Alet van den Berg
    2010/08/18 08:01:41 nm
    Dis lekkerder as lekker en beter as alle vorige karringmelk beskuit resepte, het ook in oond panne gebak en in vingers gesny en is absoluut heerlik
  6. Jacqui
    2010/07/16 12:59:33 nm
    Lekker bak
  7. Christa
    2010/07/03 11:02:50
    Seker die lekkerste beskuit wat ek in 'n lang tyd gebak het! Gemaak met semelbruismeel en pekanneute bygevoeg. HEERLIK!!
  8. Monika
    2010/06/27 04:48:17 nm
    Het myne in plat beskuitplate gebak. Van die lekkerste beskuit wat ek nog ooit gebak het. Bak dit nou gereeld.
  9. sarie visser
    2010/06/18 07:42:45
    ek het die beskuit gebak,ek hou van die idee dat dit in broodpanne gebak word.dit was baie lekker