Resep 12: ‘Kyk hoe storm hulle’-worsrolletjies

E-pos
Print

500 ml (2 k) koekmeel
2 ml (½ t) sout
250 g Stork Bake, in blokkies gesny
80 ml (¹/³ k) yskoue sodawater
30 ml (2 e) suurlemoensap
750 g lam- of varkworsies
1-2 eiers, geklits
tamatiesous, soet mosterd en blatjang om in te doop

Meng die meel en sout in ’n bak. Voeg die STORK BAKE by en vryf dit met jou vingerpunte in tot die mengsel soos broodkrummels lyk. Voeg die sodawater en sap by en meng tot ’n stywe deeg. Vorm in ’n bal, draai in kleefplastiek toe en plaas vir 1 uur in die yskas.

Verhit intussen die oond tot 200 °C en smeer ’n bakplaat.

Rol die deeg op ’n meel-bestrooide oppervlak uit tot ’n reghoek van 3 mm dik. Druk die wors uit hul omhulsels en vorm die vleis tot ’n lang wors. Plaas die vleiswors op een kant van die deeg en vou dit toe. Verf eers die rand van die deeg met ’n bietjie geklitste eier om dit te ver-seël en verf dan die res van die rol daarmee.

Sny die rol in lengtes van 4 cm, pak dit op ’n bakplaat en bak 20 minute tot goudbruin en gaar.

Sit saam met die doopsouse voor.

Lewer 50 worsrolle.

WAAR en WANNEER kan ek die Stork-resepte kry?
Een keer per maand word ‘n dubbelblad resep-artikel in Huisgenoot en YOU gepubliseer. Hierdie resepte kan uitgeknip en in jou Stork Joernaal geplak word. Sowat twee weke later sal dieselfde resepte ook op www.huisgenoot.com beskikbaar wees (gaan na KOS en dan Stork).
Die resepte word gepubliseer van Februarie 2010 tot Janaurie 2011.

HOE gemaak as ek van die resepte misgeloop het?
Gaan na www.huisgenoot.com en klik op KOS en dan Stork-resepte – jy kan die resepte daar kry. Die resepte word gepubliseer van Februarie 2010 tot Janaurie 2011.
Jy kan ook ‘n vorige uitgawe van HUISGENOOT bestel (teen gewone prys) by Huisgenoot Intekenare by telNA. 0860 103 687

WAAROM pas die internet-resepte nie in die ruimte daarvoor gelaat in my Stork-joernaal nie?
Jou Stork-joernaal is ontwerp met die resepte, soos gepubliseer in Huisgenoot, ingedagte. Ongelukkig kan ons net die kopie op die webblad verskaf. Af jy wil hê dit moet lyk soos in die Joernaal moet jy seker maak dat jy nie jou uitgawe van Huisgenoot misloop nie! Jy kan ook ‘n vorige uitgawe van HUISGENOOT bestel (teen gewone prys) by Huisgenoot Intekenare by tel. 0860 103 687

HOE gemaak as ek nog 'n joernaal wil kry
Nie jou kopie van die joernaal gekry nie? SMS die woord JOERNAAL en jou naam en adres na 39354. Elke SMS kos R15 en sluit die joernaal en posgeld in.

 



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (7)


  1. lynette
    2011/02/21 10:22:22
    halow da ek is op soek na n lekker dougnut resep ek kry nerens een nie kan julle my asb help? lynette
  2. lena
    2011/02/19 09:57:26
    ek geniet die resepte op die blad so kan nooit wag vir die volgende een nie
  3. Ansie
    2010/07/20 09:16:49
    Hi Ons het Junie maand resep 15 en 18 gemis en ek kry dit nie op die internet nie kan iemand dalk verduidelik hoe ek dit kan bekom of die datum van die huisgenoot waar dit in was
  4. Jeanette Pickford
    2010/06/21 09:52:49
    Het nou net op hierdie bladsy afgekom. dit kklink baie interessant.
    Ek wil graag n marinade resep he waarby peanut butter kom is daar so iets?
    Leker dag
  5. Gerda
    2010/05/12 12:51:06 nm
    Hi, ek is oral opsoek na n Grenadella yskastert resep en kan nerens een vind nie. kan julle dalk help? Gerda
  6. Tessa
    2010/04/30 06:46:00
    dit lyk heerlik vir so voor die TV
  7. Adri
    2010/04/22 08:18:09
    hi,
    het enige iemand idees wat my dogtertjie 6 en seun 11 vir entrepeneursdae by die skool kan maak? Kosgewys of stokperdjies? Ek's al moeg gedink.
    Adri