Lewer sowat 15 skywe.
180 ml (¾ k) gepreserveerde gemmer in stroop, gekap
60 ml (¼ k) rooi glanskersies, gekap
125 ml (½ k) droëvrugtekoek-mengsel
80 ml (1⁄3 k) versuikerde sitrusskil, gekap
80 ml (1⁄3 k) brandewyn
125 g STORK BAKE
125 ml (½ k) strooisuiker
2 eiers
310 ml (1¼ k) koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
45 ml (3 e) ekstra brandewyn
Voorverhit die oond tot 150 °C.
Voer ’n gesmeerde broodpannetjie van 8 x 26 cm uit met bakpapier.
Meng die gemmer met sy stroop, die kersies, vrugte en sitrusskil met die brandewyn en laat staan 15 minute.
Verroom intussen die STORK BAKE en strooisuiker en voeg die eiers een vir een by.
Voeg die meel, bakpoeier en vrugtemengsel by.
Meng goed en giet in die voorbereide pan.
Bak sowat 1½-2 uur tot ’n toetspen skoon uit die brood kom.
Verf die korsie van die brood met nog brandewyn en laat 15 minute in die pan afkoel.
Sny in skywe en sit voor saam met koffie of tee of andersins ’n brandewynsous en roomys vir poeding.