DEEG
625 ml (2½ k) koekmeel
5 ml (1 t) sout
250 g Stork Bake, in blokkies gesny
250 ml (1 k) suurroom
Meng die meel en sout in ’n bak. Voeg die Stork Bake by en vryf dit met jou vingerpunte by die meelmengsel in tot dit soos broodkrummels lyk. Sny die suurroom hierby in tot dit ’n deeg vorm. Vorm die deeg in ’n bal, draai toe in kleefplastiek en plaas vir 30 minute in die yskas.
VULSEL
15 ml (1 e) olyfolie
½ ui, gerasper
250 g sampioene, fyn gesny
sout en gemaalde swartpeper
45 ml (3 e) vars tiemieblare
200 g varkworsies
200 g beesmaalvleis
125 g spek, fyn gekap
Verhit die olie en braai die ui tot sag. Voeg die sampioene by en braai tot gaar en tot al die vloeistof verdamp het. Geur met sout, peper en tiemie. Verkoel. Druk die worsvleis uit die omhulsel en meng met die maalvleis en spek. Knie liggies tot goed gemeng.
Rol die deeg 3 mm dik uit op ’n meelbestrooide oppervlak. Druk agt hartjies uit met ’n koekiedrukker. Skep ’n teelepel van die sampioenmengsel in die middel van die helf-te van die harte. Knyp 30 ml (2 e) van die vleismengsel af en druk dit in ’n hartjievorm.
Plaas dit in die middel van elke sampioenhartjie. Bedek met die res van die deeghartjies en druk die rande vas om dit te verseël. Plaas op ’n gesmeerde bakplaat en verkoel minstens 20 minute. Verhit intussen die oond tot 200 °C en bak 20 minute. Verlaag die temperatuur tot 160 °C en bak nog 15 minute of tot gaar. Sit voor met mosterd.
Lewer 8-10 pasteitjies.
WAAR en WANNEER kan ek die Stork-resepte kry?
Een keer per maand word ‘n dubbelblad resep-artikel in Huisgenoot en YOU gepubliseer. Hierdie resepte kan uitgeknip en in jou Stork Joernaal geplak word. Sowat twee weke later sal dieselfde resepte ook op www.huisgenoot.com beskikbaar wees (gaan na KOS en dan Stork).
Die resepte word gepubliseer van Februarie 2010 tot Janaurie 2011.
HOE gemaak as ek van die resepte misgeloop het?
Gaan na www.huisgenoot.com en klik op KOS en dan Stork-resepte – jy kan die resepte daar kry. Die resepte word gepubliseer van Februarie 2010 tot Janaurie 2011.
Jy kan ook ‘n vorige uitgawe van HUISGENOOT bestel (teen gewone prys) by Huisgenoot Intekenare by telNA. 0860 103 687
WAAROM pas die internet-resepte nie in die ruimte daarvoor gelaat in my Stork-joernaal nie?
Jou Stork-joernaal is ontwerp met die resepte, soos gepubliseer in Huisgenoot, ingedagte. Ongelukkig kan ons net die kopie op die webblad verskaf. Af jy wil hê dit moet lyk soos in die Joernaal moet jy seker maak dat jy nie jou uitgawe van Huisgenoot misloop nie! Jy kan ook ‘n vorige uitgawe van HUISGENOOT bestel (teen gewone prys) by Huisgenoot Intekenare by tel. 0860 103 687
HOE gemaak as ek nog 'n joernaal wil kry
Nie jou kopie van die joernaal gekry nie? SMS die woord JOERNAAL en jou naam en adres na 39354. Elke SMS kos R15 en sluit die joernaal en posgeld in.