Resep 29: ‘Jy weet jy verdien dit’-lemoen-pondkoek

E-pos
Print

250 g Stork Bake
500 ml (2 k) suiker
sap en fyn gerasperde skil
van 1 groot lemoen
6 eiers, geskei
750 ml (3 k) meel
5 ml (1 t) bakpoeier
2 ml (½ t) sout
250 ml (1 k) natuurlike jogurt
versiersuiker
ekstra lemoensap en -skil
(opsioneel)

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ‘n groot tuitpan en besprinkel met meel.

Verroom die STORK BAKE en suiker tot lig en romerig. Klits die lemoensap en -skil by.

Voeg die eiergele by en klits goed. Voeg die meel, bakpoeier en sout om die beurt met die jogurt by. Meng goed.
Klop die eierwitte tot stywe punte vorm en vou by die deeg in. Giet dit in die voorbereide pan, maak bo-op gelyk en bak 55 minute tot gaar (’n toetspen moet skoon uit die middel kom).

Laat 10 minute in die pan afkoel en keer uit op ’n draadrak om heeltemal af te koel.

Bestuif met versiersuiker of bedruip met glaseersel gemaak van versiersuiker en lemoensap. Rond af met lemoenskil.

Genoeg vir 14-16.

WAAR en WANNEER kan ek die Stork-resepte kry?
Een keer per maand word ‘n dubbelblad resep-artikel in Huisgenoot en YOU gepubliseer. Hierdie resepte kan uitgeknip en in jou Stork Joernaal geplak word. Sowat twee weke later sal dieselfde resepte ook op www.huisgenoot.com beskikbaar wees (gaan na KOS en dan Stork).
Die resepte word gepubliseer van Februarie 2010 tot Janaurie 2011.

HOE gemaak as ek van die resepte misgeloop het?
Gaan na www.huisgenoot.com en klik op KOS en dan Stork-resepte – jy kan die resepte daar kry. Die resepte word gepubliseer van Februarie 2010 tot Janaurie 2011.
Jy kan ook ‘n vorige uitgawe van HUISGENOOT bestel (teen gewone prys) by Huisgenoot Intekenare by telNA. 0860 103 687

WAAROM pas die internet-resepte nie in die ruimte daarvoor gelaat in my Stork-joernaal nie?
Jou Stork-joernaal is ontwerp met die resepte, soos gepubliseer in Huisgenoot, ingedagte. Ongelukkig kan ons net die kopie op die webblad verskaf. Af jy wil hê dit moet lyk soos in die Joernaal moet jy seker maak dat jy nie jou uitgawe van Huisgenoot misloop nie! Jy kan ook ‘n vorige uitgawe van HUISGENOOT bestel (teen gewone prys) by Huisgenoot Intekenare by tel. 0860 103 687

HOE gemaak as ek nog 'n joernaal wil kry
Nie jou kopie van die joernaal gekry nie? SMS die woord JOERNAAL en jou naam en adres na 39354. Elke SMS kos R15 en sluit die joernaal en posgeld in.

 



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (5)


  1. zandra dercksen
    2010/08/03 02:19:32 nm
    Ek soek graag die 2 resepte vir Julie, om een of ander rede het ek dit gemis!!! Help aub
  2. Karin
    2010/07/30 02:54:25 nm
    Hierdie koek is regtig n WENNER, probeer dit gerus
  3. Jacqui
    2010/07/16 12:58:09 nm
    lekker bak
  4. Sharon Strydom
    2010/05/28 09:28:41
    Ek wil graag vir julle sê, ek dink die resep is n wenner, almal geniet die Pond koek vreeslik baie. Ek wil ook graag julle bedank vir die wonderlike "MY STORK JOERNAAL" ek kan nooit wag vir die volgende resep nie, Elke week wanneer ek die Huisgenoot koop word daar eers na die resepte toe geblaai, net om te kan sien wat gaan ons nou bak en kook.