Resep 20: Geurige ‘Elke dag moet Kersfees wees’-lamsboud

E-pos
Print

Genoeg vir 8-10 mense.

2 kg lamsboud
15 ml (1 e) komynsaad
15 ml (1 e) koljandersade
15 ml (1 e) fyngedrukte gedroogde brandrissie
15 ml (1 e) gemmer
15 ml (1 e) vars gemaalde swartpeper
15 ml (1 e) seesout
30 ml (2 e) bruinsuiker
30 g gekapte vars pietersielie
150 g STORK SPREAD, saggemaak
125 ml (½ k) vleisaftreksel

Voorverhit die oond tot 200 °C.

Druk die vleis droog en plaas dit op ’n skoon oppervlak.

Maak insnydings met ’n skerppuntmessie oral in die vleis.

Verhit ’n groot swaarboompan en braai die speserye in die droë pan tot geurig.

Verwyder van die hitte en voeg die sout, suiker en pietersielie by.

Klits die STORK SPREAD tot lig en voeg by die speserymengsel.

Klits goed.

Smeer die speserybotter oraloor die vleis en vryf dit goed in.

Plaas die lamsboud in ’n groot baksakkie en voeg die aftreksel by.

Plaas in ’n oondpan en bak sowat 1-1½ uur tot sag en sappig.

Laat rus 10 minute in die sakkie.

Giet die pansouse af in ’n  klein kastrolletjie en kook tot ’n geurige sous.

Sit voor saam met die vleis.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (6)


  1. cora jansen
    2011/01/28 08:31:30
    baaaaaie lekker
  2. Johan
    2011/01/20 03:50:28 nm
    Lekker resep!
  3. kotie du Toit
    2011/01/02 07:21:39 nm
    Lyk lekker

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou.