Resep 5: ‘Die ryklub kom drink tee’-konfytmuffins

E-pos
Print

MUFFINS
500 ml (2 k) koekmeel
60 ml (¼ k) strooisuiker
20 ml (4 t) bakpoeier
5 ml (1 t) sout
160 ml (2⁄3 k) ingedampte of karringmelk
80 ml (1⁄3 k) water
60 ml (¼ k) STORK BAKE, gesmelt
1 eier
60 ml (¼ k) konfyt van jou keuse

BOLAAG
60 ml (¼ k) suiker
5 ml (1 t) fyn kaneel
125 ml (½ k) pekanneute, fyn gekap
60 ml (¼ k) STORK BAKE, gesmelt

MUFFINS

Voorverhit die oond tot 180 °C en voer 12 muffinholtes met kolwyntjiepapier uit.

Meng die meel, strooi­suiker, bakpoeier en sout in ’n groot bak en maak ’n holte in die middel.

Klits in ’n aparte bak die ingedampte of karringmelk, water, STORK BAKE en eier saam.

Voeg die melkmengsel by die meelmengsel en roer tot net gemeng (moenie te veel meng nie).

Skep ’n opgehoopte eetlepel beslag in elke papierbakkie.

Skep 1 teelepel konfyt in die middel van elk.

Skep die res van die beslag oor die konfyt sodat die konfyt heeltemal bedek is.

BOLAAG
Meng die bestanddele en sprinkel oor die deeg.

Bak 20-25 minute tot gerys en goudbruin.

Haal uit die muffinpan en laat op ’n draadrak afkoel.

Bêre in ’n lugdigte houer.

Maak 12 muffins.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (9)


  1. RITA BOTHMA
    2011/10/01 11:46:20
    KAN NET LEKKER WEES, GAAN DIT SOMMER NOU BAK. HEERLIK VIR HIERDIE SATERDAG MIDDAG!
  2. Miggie
    2011/06/24 01:49:53
    Dankie aan Huisgenoot vir hierdie heerlike reseppie !! my vriendinne dink dit is "vinger licking good" X :-)
  3. MARYNA LANDMAN
    2011/06/09 04:51:16 nm
    Dit is fantasties, het aan my mede kolegas voor gesit, en hulle dink ook sOos ek FANTASTIES!!!

  4. 2011/05/14 02:36:58 nm
    Cecile Kotze14/05/11.Dis vingerlek lekker verby.Probeer dit gerus
  5. Anna-Mari Meiring
    2011/05/02 10:21:24 nm
    Dit klink heerlik en ek gaan defnitief dit probeer, sal dan laat weet wat die resultate was,maar glo dit gaan ook nie die lugdigte houer haal soos Dorothy gesê het.
  6. Dorothy J van Rensburg
    2011/02/27 07:45:31 nm
    Sal nie 'n lugdigte houer haal nie!!!!!!!!
  7. dorette van Rooyen
    2011/02/23 08:42:12
    Tik jou kommentaar hier in...
  8. ELIZE
    2011/02/17 08:24:07 nm
    My vriendin is mal oor muffins.
  9. madelein
    2011/02/07 11:27:56
    is heerlik verby die familie is mal hier oor!!!

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou.