Resep 11: “Die komplimente rol in”-spinasierollade

E-pos
Print

ROLLADE
100 g Stork Bake
125 ml (½ k) koekmeel
500 ml (2 k) warm melk
250 ml (1 k) gerasperde
cheddarkaas
sout en vars gemaalde swartpeper
4 ekstra groot eiers, geskei
300 g spinasie, gewas, gestoom en fyn gekap

VULSEL
125 ml (½ k) songedroogde
tamatie- of basiliepesto
375 ml (1½ k) gekrummelde
ricottakaas
60 ml (¼ k) gekapte vars
pietersielie of basilie

Voorverhit die oond tot 160 °C.
Spuit ’n pan van 35 x 25 cm met kleefwerende kossproei. Voer die pan met bakpapier uit en spuit weer.

ROLLADE
Maak ’n witsous met die STORK BAKE, koekmeel en warm melk. Haal van die plaat af. Voeg die kaas by en roer tot gesmelt. Geur met sout en peper. Voeg die eiergele en spinasie by en meng. Klits die eierwitte tot stywe punte vorm en vou versigtig by die spinasiemengsel in. Giet in die pan en maak bo-op gelyk.

Bak 25-30 minute tot goudbruin en gepof. Keer uit op ’n klam teedoek, rol versigtig op met die hulp van die teedoek en laat afkoel.

VULSEL

Meng die pesto, ri-cotta en kruie. Rol die rollade oop wanneer dit effens afgekoel het en smeer die vulsel oor.
Rol weer op, sny in skywe en sit voor met slaai.

Genoeg vir 8.

WAAR en WANNEER kan ek die Stork-resepte kry?
Een keer per maand word ‘n dubbelblad resep-artikel in Huisgenoot en YOU gepubliseer. Hierdie resepte kan uitgeknip en in jou Stork Joernaal geplak word. Sowat twee weke later sal dieselfde resepte ook op www.huisgenoot.com beskikbaar wees (gaan na KOS en dan Stork).
Die resepte word gepubliseer van Februarie 2010 tot Janaurie 2011.

HOE gemaak as ek van die resepte misgeloop het?
Gaan na www.huisgenoot.com en klik op KOS en dan Stork-resepte – jy kan die resepte daar kry. Die resepte word gepubliseer van Februarie 2010 tot Janaurie 2011.
Jy kan ook ‘n vorige uitgawe van HUISGENOOT bestel (teen gewone prys) by Huisgenoot Intekenare by telNA. 0860 103 687

WAAROM pas die internet-resepte nie in die ruimte daarvoor gelaat in my Stork-joernaal nie?
Jou Stork-joernaal is ontwerp met die resepte, soos gepubliseer in Huisgenoot, ingedagte. Ongelukkig kan ons net die kopie op die webblad verskaf. Af jy wil hê dit moet lyk soos in die Joernaal moet jy seker maak dat jy nie jou uitgawe van Huisgenoot misloop nie! Jy kan ook ‘n vorige uitgawe van HUISGENOOT bestel (teen gewone prys) by Huisgenoot Intekenare by tel. 0860 103 687

HOE gemaak as ek nog 'n joernaal wil kry
Nie jou kopie van die joernaal gekry nie? SMS die woord JOERNAAL en jou naam en adres na 39354. Elke SMS kos R15 en sluit die joernaal en posgeld in.

 



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (2)


  1. Anel Berning
    2011/07/24 07:22:51 nm
    Vir my Ma
  2. Henrietta
    2010/08/20 12:07:28 nm
    Ek dink die datum moet die 13 of 27 April 2010 wees