Resep 30: ‘1,2,3 en dis klaar’-goggakoek

E-pos
Print

KOEK
375 ml (1½ k) strooisuiker
375 g Stork Bake
7 eiers
750 ml (3 k) bruismeel, gesif
15 ml (1 e) bakpoeier
2 ml (½ t) sout
60 ml (¼ k) melk
10 ml (2 t) vanieljegeursel

VERSIERSEL
125 g Stork Spread, sag-
gemaak
750 ml (3 k) versiersuiker, gesif
15-30 ml (1-2 e) water, melk of suurlemoensap
koskleursel van jou keuse
helderkleurige lekkers en pyp-skoonmakers

KOEK
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer twee ronde koekpanne met ’n 22 cm-deursnee. Voer dit met bak-papier uit en smeer weer.

Plaas al die bestanddele in die volgorde waarin hulle gelys is, in ’n groot mengbak en klop sowat 3 minute tot ’n gladde deeg. Gooi in die bereide panne. Bak 30-40 minute tot gaar. (’n Toetspen moet skoon uit die middel van die koek kom.) Laat 10 minute in die panne afkoel en keer dan op draadrakke uit om heeltemal af te koel.

VERSIERING
Klop die STORK SPREAD tot donsig en voeg die versiersuiker by. Klits tot goed gemeng en voeg ’n biet-jie vloeistof by tot die versiersuiker smeerbaar is. Plaas een koek op ’n bord. Kleur van die versiersuiker ’n helder kleur en bedek die koek daarmee. Sny die ander koek in die helfte en smeer met ’n ander kleur versiersuiker. Rangskik die twee helftes op die eerste koek sodat dit soos goggavlerke lyk. Versier die vlerke met lekkers. Gebruik helderkleurige lekkers vir die oë en mond en pyp-skoonmakers vir die voelers.
Lewer 1 groot koek.

WAAR en WANNEER kan ek die Stork-resepte kry?
Een keer per maand word ‘n dubbelblad resep-artikel in Huisgenoot en YOU gepubliseer. Hierdie resepte kan uitgeknip en in jou Stork Joernaal geplak word. Sowat twee weke later sal dieselfde resepte ook op www.huisgenoot.com beskikbaar wees (gaan na KOS en dan Stork).
Die resepte word gepubliseer van Februarie 2010 tot Janaurie 2011.

HOE gemaak as ek van die resepte misgeloop het?
Gaan na www.huisgenoot.com en klik op KOS en dan Stork-resepte – jy kan die resepte daar kry. Die resepte word gepubliseer van Februarie 2010 tot Janaurie 2011.
Jy kan ook ‘n vorige uitgawe van HUISGENOOT bestel (teen gewone prys) by Huisgenoot Intekenare by telNA. 0860 103 687

WAAROM pas die internet-resepte nie in die ruimte daarvoor gelaat in my Stork-joernaal nie?
Jou Stork-joernaal is ontwerp met die resepte, soos gepubliseer in Huisgenoot, ingedagte. Ongelukkig kan ons net die kopie op die webblad verskaf. Af jy wil hê dit moet lyk soos in die Joernaal moet jy seker maak dat jy nie jou uitgawe van Huisgenoot misloop nie! Jy kan ook ‘n vorige uitgawe van HUISGENOOT bestel (teen gewone prys) by Huisgenoot Intekenare by tel. 0860 103 687

HOE gemaak as ek nog 'n joernaal wil kry
Nie jou kopie van die joernaal gekry nie? SMS die woord JOERNAAL en jou naam en adres na 39354. Elke SMS kos R15 en sluit die joernaal en posgeld in.

 



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (4)


  1. Tammy van Zyl
    2011/05/18 06:44:21 nm
    Ek het laasjaar hierdie gogga-koek vir my dogtertjie se eerste verjaarsdag gebak. Wat 'n reuse sukses! Al wat oor gebly het was een van die oë (dit was plastiek) en die twee voelers. Bak dit! Dis regtig die moeite werd!
  2. Madelein
    2010/07/03 02:20:34 nm
    Ek wil net weet of al die resepte wat ek misgeloop het in die stork joernaal een of ander tyd gaan verskyn. Ek het die wat nou hier is geprint maar almal is nie hier nie. Is daar iewers anders waar ek hulle kan kry.
  3. melandi
    2010/04/25 06:01:33 nm
    My vraag is die selfde as Luzanne sin waar kan ek die resep kry wat in die spasie van die boek pas?
  4. Luzanne
    2010/04/14 01:07:39 nm
    Ek het die dag se tydskrif gemis en nou wil ek die resep afdruk en in my stork boek plak maar dit lyk glad nie dieselfde nie en dit gaan ook nie in die gegewe spasie in die boek pas nie. Waar kan ek die tydskrif nou in die hande kry, en watter dag was dit in die huisgenoot?