Skouspel ‘n fees van kleur en klank

E-pos
Print

 

 

Elke jaar gaan Skouspel van krag tot krag, en 2011 was geen uitsondering nie. 

Altesaam 33 000 toeskouers, 46 kunstenaars, die grootste videoskerms in Suid-Afrika vir lewensgroot videoprojeksies op die agtergrond – en vir die eerste keer ook ’n internasionale ster: Toe Patrizio Buanne, die sexy Italiaanse minnesanger, eers in Afrikaans wegtrek en Melanie sing saam met Jay, was die skare op hul voete. 

Die laaste vertonings vind hierdie naweek by Sun City plaas. As jy nie so gelukkig was om dié ongelooflike geleentheid by te woon nie kan jy die pragtige foto’s in die nuutste uitgawe van Huisgenoot geniet. 

Ons vertel ook van al die verrassings en ander hoogtepunte wat die vertoning onvergeetlik gemaak het. 

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot. 

Volg Huisgenoot op Twitter. 

 



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (13)


  1. A3
    2011/10/31 01:10:55 nm
    Wanneer kry Karlien Husselman 'n beurt op skouspel. Sy het 'n fantastiese stem en persoonlikheid. Sy sal regtig 'n aanwins wees vir die skouspel span
  2. Andre
    2011/10/22 03:23:57 nm
    Puik produksie, maar waar was Lianie May. Sy en Jay sou so mooi 'n duet kon sing...
  3. Rone
    2011/10/19 02:31:03 nm
    Dit was my en my dogter se eerste keer maar tog ook nie die laaste nie - dit was amazing - was net teleurgesteld dat Juanita en Steve nie daar was nie - bring hule ASB volgende jaar terug.
  4. Maritza Wilcocks
    2011/10/18 09:50:48 nm
    Aan die Hoofredakteur van Huisgenoot : Izelle Venter. Baie dankie vir jou eerlike antwoord op wanneer Steve weer by Skouspel sal optree! (Gevra by Sun City Hotel Skouspel 2011) Ons hoop van harte dat hy weer 'n uitnodiging sal kry en dit sal aanvaar, want hy bly een van ons land se top kunstenaars! Sal ook vir Jay & Lianie se duete saam wil sien by 'n skouspel en dan is dit 'n moet dat Juanita du Plessis by Skouspel moet optree! Sy is immers nie verniet ons land se gewildste vroulike kunstenaar nie, of hoe?
  5. Maritza Wilcocks
    2011/10/18 09:42:55 nm
    Skouspel 2011 : Wat 'n absolute belewenis! Van die kunstenaars tot by die decor die orkes en almal betrokke by Huisgenoot : dankie vir nog 'n fantastiese skouspel! Ons was 8 vrouens wat skouspel bygewoon het en wil net graag vir die volgende kunstenaars 'n groot dankie sê dat hulle so vriendelik was om saam met ons te staan vir foto's : Theuns, Dozi, Ray, Elvis, Heinz, Jay, Bobby & Brandon. En dan die verrassings element : die "Italian Stallion" Patrizio Buanne! Ons het behoorlik ons stemme weggeskree toe hy gesing het en ook saam met ons gestaan het vir foto's! Voorwaar een van ons hoogtepunte wat ons met almal kan deel!
  6. louis scheepers, nelspruit
    2011/10/17 06:49:05 nm
    ek dink beslis nianell is die nuwe juanita! nianell kan darem sing! juanita klink net nie so goed soos nianell nie! waar was lianie may?
  7. Carlien
    2011/10/17 01:35:14 nm
    Dis was heerlik, veral Patrizio. Maar ons Afrikaner Mans hoef nie terug te staan vir hom nie, veral Theuns! Bietjie min van Nicolis gehoor en dan MIS ek beslis vir Steve en Juanita!!!!!!!
  8. Anette
    2011/10/17 11:20:41
    Wat 'n belewenis, die kunstenaars , die dekor die mense die atmosfeer. 'n Belewenis soos min. Jay, Heinz Winckler, Bobby van Jaarsveld, Theuns Jordaan en daardie oulike Italiaaner, sjoe dit was amazing. Charlize Berg was stunning. Maar asb bring vir Juantia du Plessis terug, mens sit heeltyd en wag dat sy op die verhoog stap.Sy is immers die top vrouekunstenaar in ons land. Well done Huisgenoot. My kaartjie vir volgende jaar sal geboek word 'VIRSEKER"
  9. Gezina Uys
    2011/10/17 11:05:27
    Ons is getroue Skouspel gangers en ons het Skouspel 2011 weereens baie geniet ! Elke jaar is iets nuuts en pragtig, vir die meeste in ons geselskap was vanjaar beslis nog beter as laasjaar. Die nuwelinge vanjaar was almal puik, veral Die Heuwels Fantasties, Elvis Blue, James Bhemgee, Manie Jackson, Retief Burger en Jakkie Louw. Wat 'n heerlike verrassing om ook die Italiaanse sensasie, Patrizio Buanne, op die Skouspel verhoog te kon beleef !
    Maar die grootste lekkerte bly maar die ou staatmakers wat as die room van ons musiekbedryf beskou word, manne soos Theuns, Bobby, Coenie, Dozi, Jay, Kurt, Nicholis, Snotkop en Jak. Daar is nog meer wat hopelik weer genooi sal word.
    Die hele Skouspel was 'n belewenis, maar die mooiste van alles was, toe Theuns Jordaan sy nuwe lied, "Voor Die Storm Kom" gesing het - dit was hoendervel mooi, die woorde is so pragtig/hartseer en Theuns se stem - fantasties!
    Baie dankie, Huisgenoot en al die borge, dat jul so 'n skouspel vir ons saamstel ! Ons sal DV volgende jaar weer daar wees.
  10. Adel
    2011/10/17 07:16:37
    Vir my - die beste Skouspel nog!!! Die musiek, dansers, orkes, kunstenaars, beligting ens was puik. Die rokke was sag en vroulik. Ekt met elke liedjie saam gesing en het vir 4 ure lank hoendervleis gehad. Patrizio was so groot en aantreklike verrassing!!! Alles was net perfek - baie dankie!!!

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou.