Skouspel: ’n Glansgeleentheid soos min

E-pos
Print

 

 

Vanjaar is Skouspel meer spoggerig as ooit. Nie net is die heel beste Afrikaanse sangers daar nie, maar daar is is ook ’n rits top Suid-Afrikaanse modeontwerpers wat hul nuutste ontwerpe sal ten toon stel.

Skouspel-naweke het al die elemente van die volmaakte wegkomkans: ’n opwindende plek vol avontuur, onvergeetlike musiek en vermaak om die hele gesin besig te hou. Vanjaar kan jy uitsien na selfs meer, met die Shoprite Checkers Championship-boereworskompetisie, Clover-kompetisies en pryse en ’n bykomende vertoning deur die Campbells. Hier is net ’n paar van die hoogtepunte waarna jy kan uitsien. 

Huisgenoot-Tempo en die Skouspel-programtydskrif

Elke kunstenaar wat by Huisgenoot-Skouspel optree, word spesiaal uitgesoek. As aandenking van vanjaar se Skouspel gee ons ’n Skouspel-programtydskrif uit wat saam met Huisgenoot-Tempo by Skouspel te koop sal wees. Hierin is splinternuwe foto’s van elke kunstenaar en ons gee jou ook ’n kykie in die binnewerke van hierdie unieke produksie. Die program is ’n pragbêrestuk wat op duursame glanspapier gedruk word en sal saam met Huisgenoot-Tempo teen R50 verkoop word. 

Skouspel-Vrouedag

Vanjaar se Skouspel-Vrouedag, aangebied deur Virseker, het lekker baie bederf. Die sanger Nianell praat met die Huisgenoot-Tempo-redakteur, Wicus Pretorius, oor haar nuwe boek, Om Te Weet Wie Ek Is, en sy en Jak de Priester sing van hul gewildste liedjies. Revlon is ook die oggend daar om vir vroue ’n mini-mooimaaksessie te gee. Elke vrou gaan huis toe met ’n bederfpakkie en die nuutste Huisgenoot-Mooi.

Die oggend begin om 09:00 en sluit ligte happies, tee en koffie in – die volmaakte manier om jou Saterdagoggend deur te bring terwyl die res van die gesin die vermaak by Valley of the Waves geniet. Kaartjies is beskikbaar by Computicket teen R200 elk en Nianell se boek sal teen ’n spesiale prys verkoop word. 

Beachy-aanbod vir dagbesoekers

Kom kyk hoe kroon Shoprite Checkers die Championship-boereworskoning van 2011 by die Valley of Waves op Saterdag 8 Oktober. Of kom deel in die vermaak wat Clover verskaf op Saterdag 15 Oktober deur gebruik te maak van ons spesiale Beachy-aanbod vir dagbesoekers aan Skouspel.

Die kaartjie gee jou toegang tot die Valley of the Waves, al die aktiwiteite en kompetisies en jy kry ’n gratis hamburger of hoenderburger, skyfies en koeldrank. Wees op die uitkyk vir Huisgenoot se lesersentrum by die Monkey Spring Plaza waar jy CD’s, tydskrifte en unieke lesersaanbiedinge kry.

Die pret begin om 09:00 en die hekke sluit weer om 18:00.

Jy kan vir enige van die dae tydens die Skouspel-naweke dagbesoekerkaartjies koop: 8 of 9 Oktober en 15 of 16 Oktober.  Kaartijes kos R160 elk en is beskikbaar by Computicket onder “Skouspel Beachy-aanbod”.  Kaartjies moet vooraf by Computicket afgehaal word om gebruik te maak van die aanbod. 

Van Skouspel na Aardklop

Ons weet dis net die beste kunstenaars wat by Skouspel optree en dat hulle nie graag hul aanhangers wil teleurstel nie, daarom maak ons seker dat hulle ook by Aardklop is vir die enigste Huisgenoot-konsert by Aardklop vanjaar – Treffer na Treffer. Ons laat vlieg die kunstenaars spesiaal na Potchefstroom vir hierdie vertoning. As jy dus vanjaar by Aardklop is, is dit die een kaartjie wat jy moet kry.

Die vertoning vind op Donderdag 6 Oktober by die Clover-musiekarena plaas. Dit begin om 18:00, hou aan tot laat en kaartjies is beskikbaar by Computicket teen R125 vir bespreekte plekke en R95 vir onbespreekte sitplekke.  

Borge

Skouspel word weer ondersteun deur ’n getroue span borge. Checkers, Clover, Sun City, kykNET en Computicket kry egter vanjaar ’n nuwe maat in die span: Virseker. Hulle borg ook Skouspel-vrouedag, SkouspelPlus 2012, die Huisgenoot-Tempotoekennings en Huisgenoot-Tempo-liedjieskryfkompetisie.

 

Tien dubbelkaartjies vir ons Skouspel-vertoning op Saterdag, 15 Oktober om 13:00 is op die spel. SMS die woord SKOUSPEL gevolg deur jou naam en van na 34922 nie later nie as 5 Oktober 17:00. Elke SMS kos R1,50. Wenners is verantwoordelik vir hul eie vervoer. Die borg sal die wenners kontak.

 

 

 



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (45)


  1. martie
    2011/10/17 09:21:11
    die loopplank in die middel was die grootste sukses. hou asseblief die loopplank vir al die volgende skouspelle.
  2. Lilian
    2011/10/17 07:46:49
    elke jaar by Skouspel, 2011 groot teleurstelling!!!deurmekaar op die verhoog, vat weg die dansers!
    so bly toe ek Anna Davel sien-maar sy het nie alleen gesing nie!!!hoekom moes almal saam sing??deurmekaar spul. Janine fantastiese rooi rok, wil nog terugsit en luister na haar klavierspel toe
    is sy ook af. waar was al die balrokke? ASB laat ons sangers alleen sing met pragtige balrokke en pakke - ons haal duisende rande uit om Skouspel toe te kom-verheug oor Coenie- lief vir jou Manie,sal maar na jou cd moet luister. Skouspel gaan terug na jul wenresep asb, of verloor jul aanhangers...Amanda, Rina,Jannie,Steve,Juanita,Laurika,Arina kom Skouspel toe seblief!!!en verleen weer glans en orde en die WOW faktor !!!!
  3. Adel
    2011/10/17 07:20:37
    16 Oktober - PUIK, PUIK, PUIK. Altyd lekker om die nuwe gesigte te sien - die beste skouspel nog!!!!!
  4. Louise du P
    2011/10/13 03:36:14 nm
    Na jare se wag het ek en my man op 8 Oktober die 14:00 skouspel gesien..... Wat n teleurstelling klank probleme om nie eens te praat van arme Snotkop wat soos 'n verstrooide skool seun af stap omdat hulle nie sy backtrack gespeel kry nie.... Ons het WOW verwag en wat kry ons 'n warm superbowl, klank wat nie werk nie en ongelukkigheid op sangers se gesigte SWAK HUISGENOOT. Mens betaal 'n arm en 'n been vir die kaartjies en sien uit daarna en dan is dit wat mens kry... Ons is baie trots op ons afrikaanse sangers, maar as dit is hoe julle hulle blootstel aan ander kulture kry ek skaam...
  5. Nadine van Heerden
    2011/10/12 10:38:54 nm
    Ek het gedink my "Skouspel" kaartjies is verlore. Het vandag dit gaan optel nadat dit van poskantoor na poskantoor gestuur was. Baie dankie Annelene Oberholzer vir jou opvolg op my 1 ste epos. Baie dankie vir die kaartjies.
    Nou moet die uurglas net uitloop dit amper tyd! Kan nie meer wag nie.
  6. Cathy
    2011/10/12 06:31:23 nm
    Ek is so trots op my taal, my land en my God! Dankie skouspel dat ek dit kon beleef het! Uitmuntend, fantasties, wel gedaan!!!
  7. Charlene
    2011/10/11 02:21:27 nm
    Stunning Stunning Stunning!!!!!!!!!!!! My gunstelling in 3 jaar!!!!!
  8. Rian
    2011/10/11 11:04:55
    Aan almal wat sooo bitter graag wil gaan - KOOP 'n kaartjie en gaan, moenie wag om dit dalk te wen nie! Dis baie maklik op Computicket... ek gaan hierdie naweek en sien vreeslik uit daarna!
  9. Gert
    2011/10/10 01:46:00 nm
    Na jare se wag het ek op 9 Oktober skouspel gesien..... Wat n teleurstelling was hierdie jaar se skouspel nie.... NIKS wat ek verwag het nie. Juanita, Bok, Laurika, Rina en baie ander groot name was glad nie daar nie. Die volksliedjies wat hul altyd aan die einde sing het ook nie gebeur nie.... Kan nie glo dat hierdie jaar my so teleurgestel het nie. Huisgenoot, bring terug daai "oemf" wat julle gehad het....
  10. christa
    2011/10/10 01:36:50 nm
    Ons was Saterdag by die Skouspel. Baie teleurgesteld omdat Juanita nie daar was nie, te min van die ou sangers, te veel nuwe sangers. Ek kan nie glo julle laat Coenie de Villers, uitgevat jy kan hom deur 'n ring trek, saam met die ou van Heuwels Fantasties, sing nie, verslons en verwaarloos en kyk sy hare. Maar julle het steeds baie moeite gedoen met die skouspel self. Dankie
  11. Tanja
    2011/10/10 08:26:54
    Hi. Was by Sondag se vertoning. Kurt kan nou maar gaan. Corlia is besig om die nuwe Skouspel Diva te word - fantasties! En amazing om Anna Davel daar te sien!
  12. Wanda Muller
    2011/10/09 07:55:25 nm
    Ek wil so lankal al Skouspel bywoon, en uiteindelik sal ek die geleentheid kry op 16 Oktober! Ek en manlief hou sommer 'n wegbreek-naweek daarmee saam.... Kan nie meer wag nie!
  13. Nicolene van der Vyver
    2011/10/06 08:18:22
    Ek wil bitter graag skouspel gaan kyk, was nog nooit daar nie en droom elke jaar om te gaan. Ek koop maar die DVD elke jaar as troos en verbeel my ek sit daar. EK het wel ingeskryf vir die SMS kompetisie en ek hou styf duim vas dat ek gelukkig sal wees om ook vir eens in my lewe iets te wen.
  14. Marius Wessels
    2011/10/05 10:42:24 nm
    Wil BAIE GRAAG Skouspel gaan kyk, ek en my vroulief, mag ons die geleentheid gegun word. Was nog nooit daar gewees nie!
  15. Nadine van Heerden
    2011/10/05 01:41:16 nm
    En daar kry ek 'n verrassing vandag kan dit nog steeds nie glo nie!!!!!!! Het kaartjies gewen om "Skouspel" te gaan kyk. Baie dankie.
  16. Wilma
    2011/10/05 01:34:05 nm
    Sal graag Skouspel wil bywoon.
  17. Jeannette
    2011/10/05 01:24:58 nm
    Ek was al by 3 skouspel vertonings... Sal wat wou gee om weer te gaan. Nou hou ek maar net duim vas dat ek kaartjies kan kry
  18. Christine Bezuidenhout
    2011/10/05 12:50:52 nm
    Duisende dankies vir my kaartjies!!!!! Yippeee ek sien julle in SunCity
  19. Leoni
    2011/10/05 01:01:29
    Kom al die pad van Australie af om skouspel te sien ....... Kan nie wag nie!!!
  20. Riaan Potgieter
    2011/10/04 10:07:55 nm
    Wens ek wen n kaartjie en kan gaan, was nog nooit by skouspel nie maar sal bittergraag wil gaan.
  21. Nicolene
    2011/10/04 05:29:55 nm
    Hoop ek wen! Is my 12 jaar huweliks herdenking die 16de okt! Was nog nooit by skouspel nie!!!
  22. pieter
    2011/10/04 03:16:01 nm
    kom nou man laat ek ook eenkeer iets wen
  23. Fanus Buckle
    2011/10/04 03:13:29 nm
    Dit sal 'n fees wees om vir die eerste keer in my lewe te kan gaan.
  24. Renei deyzel
    2011/10/04 03:07:20 nm
    Wat 'n voorreg sal dit nie wees as ons Walvis Baaiers ook kan deel neem aan die skouspel kompetisie.
  25. Adel
    2011/10/04 02:59:39 nm
    Hoop ek wen die kaartjies. Dit sal 'n wonderlike ervaring wees. Was nog nooit op Skouspel nie en wil dit bitter graag bywoon. Dit sal die wonderlikste geskenk wees.
  26. Marié
    2011/10/04 02:53:57 nm
    Ek so darem WAT wou gee om te kan gaan!!!!Ekt ook deelgeneem.
  27. Ilze Jankowitz
    2011/10/04 02:50:20 nm
    Mal oor Skouspel, kan nie wag nie!
  28. annelize
    2011/10/04 02:46:15 nm
    wat 'n wonderlike voorreg om te kan gaan. hierdie is ons eerste jaar, die hele familie gaan. baie opgewonde.
  29. hettie vorster
    2011/10/04 02:37:57 nm
    Het nou net ingeskryf. My dogter is een van die Jakaranda koor kinders wat ook daar gaan optree. Sou dit graag wou live sien, so ek hou styf duim vas!
  30. Karin
    2011/10/04 02:35:48 nm
    Ek het so pas ingeskryf, en hou nou duimvas:)
  31. Tania Schmidt
    2011/10/04 02:34:09 nm
    Dreig al 8 jaar om te gaan! ....dalk word my droom waar!
  32. Willie Burger
    2011/10/04 11:47:22
    Wat n wonderlike voorreg sal dit nie wees om van die land se beste kunstenaar te sien optree nie en dalk nog een of twee te kan ontmoet nie.Dit Sal n ervaring van n leeftyd wees en ek gaan hard glo dat ek een van die wenners gaan wees.Dankie huisgenoot vir alles wat julle vir ons kunstenaars doen en vir die wondelike tydskrif wat julle elke week uitbring.
  33. Christelle
    2011/10/04 11:45:08
    Ek hoop ek wen kaartjies, sal so awesome wees. sterkte aan almal wat inskryf. Hoekom gaan Juanita nie daar wees nie Madelein?
  34. Elna van Rooyen
    2011/10/04 11:39:26
    Ek sal so bly wees om skouspel kaartjies te wen. Ek is Afrikaans koop net Afrikaanse dvd's en hou van al ons Afrikaanse sangers. Ek het nog nooit na skouspel gaan kyk nie ek koop die dvd of kyk op tv as dit gewys word. Ek vra my verloofde so baie ek wil dit graag gaan kyk ma hy val nie vir my skimp nie. Groete aan julle
  35. Carla Sauer
    2011/10/04 11:35:58
    Skouspel rock!! Hou duim vas dat ek kaartjies wen ek wil baie graag gaan maar nie geldjies nie. Sterkte al die kunstenaars hou afrikaans hoog!!
  36. Bernie Geldenhuys
    2011/10/04 11:15:34
    Sjoe, dit sal absoluut wonderlik wees om Skouspelkaartjies te wen .... ek wou nog altyd gaan maar kon dit nog nooit regtig bekostig het. Al wat nou oorbly is om my duime styf vastehou.
  37. Amanda
    2011/10/04 10:52:04
    Ek hoop ek wen die kaartjies, was nog nooit by skouspel gewees nie...
  38. Mari Venter
    2011/10/04 10:48:34
    Het nog nooit die voorreg gehad om te gaan nie, ek sal my voortande gee! Ek het ingeskryf vir die kompetisie, so is nou dit bid, duime en tone vashou! Sal my grootste verjaarsdaggeskenk ooit wees!
  39. Jacques Douglas
    2011/10/04 10:11:21
    Ek het nou ingeskryf, dit sal wonderlik wees om te gaan, wou dit nog altyd doen. Ek is 'n groot liefhebber van Afrikaanse Musiek, en 'n groot ondersteuner van afrikaanse kunstenaars.
  40. Francis Herselman
    2011/10/04 06:32:07
    hi,skouspel altyd great,kan jul nog beter,kan nie wag om te sien,my grootste wens is om dit eendag te beleef,julle rock.
    Dankie SKOUSPEL
  41. Lynette
    2011/10/03 04:04:30 nm
    Dis wonderlik dat skouspel so goed doen ... en dis wonderlik wat Huisgenoot vir ons Afrikaanse sangers doen ... net jammer ons word afgeskeep hier in KZN ... hier is ook baie Afrikaners en mense wat julle sal ondersteun. Julle is al totr in die Namib maar arme KZN kry niks ...
  42. Venetia Engelbrecht
    2011/10/03 03:57:16 nm
    Ek was nog nooit by 'n Skouspel nie maar sien so daar na uit om hierdie jaar se Skouspel by te woon as dit in God se wil is. Ek geniet graag ons Suid Afrikaanse musiek en ook die kunstenaars wat so mooi kan sing. Ek wil ook vir Huisgenoot se span ook se hou aan met die puik tydskrif en Dankie, ek geniet dit so baie om dit te lees. Groete Venetia
  43. Madelein Pretorius
    2011/10/03 03:54:10 nm
    Net soooo jammer dat onse Juanita nie daar sal wees hierdie jaar nie.
  44. Rene' van Blerk
    2011/10/03 03:45:12 nm
    Skouspel is wonderlik.
  45. Nicolene
    2011/10/03 03:29:32 nm
    Goed, ek het myself so pas ingeskryf vir die kaartjies. Nou hou ek duim vas!!!

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou.