Top Image

Skouspel Vrouedag by Sun City

E-pos
Print

Maak ’n merkie in jou dagboek. Op 8 en 15 Oktober 2011 om 09:00 is dit weer tyd vir die Skouspel-vrouedag –
aangebied deur Virseker, Suid-Afrika se eerste en enigste korttermyn versekeringsproduk wat eksklusief op die Afrikaanse gemeenskap gerig is. 

Die bekroonde sangeres Nianell praat met die redakteur van Huisgenoot-Tempo, Wicus Pretorius, oor die publikasie van haar eerste boek, Om Te Weet Wie Ek Is.

Dié boek neem die leser saam op haar lewensreis van ’n skaam, teruggetrokke skooldogter tot wie sy vandag is en wat sy langs die pad oor haarself en die lewe geleer het. 

Jak de Priester verskaf die vermaak van die dag met optredes van sy nuwe album, Roer Jou Voete, en Nianell sal ook ’n paar van haar gewilde liedjies sing. 

Huisgenoot gebruik die geleentheid om die nuutste Huisgenoot-Mooi bekend te stel en Revlon, wat mini-mooimaaksessies sal aanbied op die dag, sal ook elke vrou met ’n bederfpakkie huis toe stuur. Ligte happies sal bedien word. 

Dis voorwaar ’n geleentheid wat jy nie kan misloop nie. 

Kaartjies kos R200 en is beskikbaar by Computicket in jou naaste Shoprite en Checkers. 

 



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (3)


  1. Lilian
    2011/10/17 07:52:20
    dit was 'n WONDERLIKE oggend !!!! het die boek en die cd gekoop, het pragtige foto's saam met Nianell en Jak -so 'n voorreg om 'n paar woorde met hul te wissel..ASB cater vir gluten allergie in
    die toekoms!! ek vra mooi....was baie honger na die tyd....
  2. ronel steyn
    2011/10/03 09:17:26
    dis my en my moeder se 1ste skouspel vrouedag wat ons faan bywoon en dis gaan spesiaal wees vir haar dis my verjaarsdag geskenk van my aan haar sy verjaar die 5de oktober en ek dink dis 'n goeie geskenk wat sy nooit sal vergeet nie
  3. Ronine Koegelenberg
    2011/09/28 11:39:33 nm
    Ek het so gehoop vir n Skouspel vrouedag in die Kaap ook... Ek was vir meer as 9 maande oorsee en wou so graag my ma bederf met n lekker vrouedag sessie. Sun City is net te ver en my ma nie een vir vlieg nie.....

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou.